Kudus haak horings met Grootfontein

Walvisbaai
Rugbykoors loop hoog by die kus met FNB Kudus en FNB Grootfontein wat môre mekaar die stry daanse op Jan Wilken stadium in Walvisbaai.

Grootfontein het verlede jaar met die louere weg gestap en FNB Kudus sal met graagte op die Jan Wilken Stadion die bordjies wil verhang. Kudus se premierliga span is die jaar nog onoorwonne en is tans die voorlopers in die liga. Hulle sal ongetwyfeld daarop wil voortbou en probeer om hul gaping te rek.

Die gesegde is jy peuter nie aan iets wat werk nie. Dat daar dus môre enige veranderings aan die span sal wees is te betwyfel. Kudus 1 sal vir nog n week of wat sonder 3 van sy staatmakers moet klaarkom maar , alhoewel n klipharde stryd verwag word, behoort hulle nog steeds die knoop deur te hak. Percy Nash is egter terug vanaf sy werksverpligtinge en behoort weer sy plek in die eerste span in te neem. Oud of te nie, bly hy die klub se mees bestendigste skrumskakel.

Vir die naasbestes is dit egter n ander storie. Die verdedigende kampioene sukkel nog steeds met kombinasies en alhoewel die voorspelers die mas opkom blyk dit dat dinge agterlangs maar net nie vlot wil verloop nie. Die senterpaar van laasjaar, Bulle en Riwaldo , word sonder twyfel gemis. ‘n Paar drastiese veranderinge sal hier moet plassvind sou hul enigsins nog ‘n kans wil staan om hul titel te verdedig.

Albei spanne weet dat n gewigtige taak egter op hul wag want Grootfontein se twee spanne is baie fisies. Veral voorlangs is hul ‘n swaar maar beweeglike agtal hul grootste wapen.

‘n Volle dag se rugby is vir die dag beplan. Om 14:00 pak die klubs se 2de spanne mekaar voordat die groot kanonne om 15:45 koppe stamp.

‘n Biertent sal van vroeg af oop wees en lekker vermaak deur Blom, Vivian, Heinz en JR om paar te noem sal vir die toeskouers gees skep. Kos stalletjies sal daar genoeg van wees.

Hekgeld is N$ 30.00 per volwassene, N$ 20.00 per motor en N$20.00 vir kinders. Die klub nooi oud en jonk uit om die dag te kom geniet.

Die wat dit nie na die stadion kan maak kan 'n proesel van die aksie en die tellings volg op Erongo se Facebook-bladsy.