Wieland sê nee vir boelies

Die skoonheidskoningin sê sy het as jong meisie onder boelies deurgeloop.

05 May 2020 | Others

Andeline Wieland, skoonheidskoningin: “Hoe meer ons . . . mense aanspoor om teen boelies op te staan, hoe groter die kans om dit stop te sit.”

Swakopmund • [email protected]

Andeline Wieland (24), wat aan The Bachelor South Africa seisoen 2 deelneem, sê alle vorme van afknouery moet teengestaan word sodat boelies stopgesit kan word.

Die Swakopmunder, wat ook Miss Continents 2017 en eerste prinses in Mej. Namibië 2016 was, sê baie moet nog gedoen word om fisieke en emosionele afknouery uit die weg te ruim.

“Hoe meer ons weet oor afknouery, empatie aanmoedig en mense aanspoor om teen die aggressor op te staan, hoe beter die kans om dit stop te sit. Ouers het ook ’n verantwoordelikheid en moet hul kinders aanspreeklik hou,” sê Wieland.

Sy is tans besig met ’n bemarkingsgraad aan die Universiteit Stellenbosch.

Dié model, danser en juwelier sê sy moes as tiener verskeie vorms van afknouery verduur.

“Ek het nie juis omgegee wat ander dink nie, maar toe ek hoërskool toe is, het ek baie onseker begin raak.”

Wieland sê seuns het regtig nie van haar gehou nie.

“Ek onthou hoe mense vir my gesê het ek sou soveel mooier wees as my hare donkerder was en my vel effens bruiner. As ’n meisie van groter postuur as dié om my het my selfbeeld ’n knou gekry.”

Weens al die onsekerheid, sê Wieland, het sy haarself begin sny en bulimie in graad 8 en 9 ontwikkel.



Wieland, wat ’n dramagraad met kabaret as hoofvak aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, vertel sy is in haar eerste talentvertoning op hoërskool van die verhoog af gelag.

“Ek was 13 jaar oud en dit het regtig baie moed geverg om weer voor mense te sing. Ek is ook in graad 11 en 12 deur ’n onderwyser geboelie. Sy het ’n persoonlike vendetta teen my gehad en het my verskeie kere laat misluk tot ek uiteindelik ’n 1-simbool op hoër vlak gekry het vir die vak wat sy in my matriekjaar aangebied het,” sê Wieland.

Toe sy in 2012 die Miss Teen Namibia-skoonheidskompetisie wen, het sy verskeie e-posse ontvang van mense wat haar as ’n verleentheid vir die land uitgekryt het omdat sy glo nie ’n slim model was nie.

“Dit is soveel erger wanneer volwassenes jou boelie, omdat jy niks daaraan kan doen nie,” sê sy.

Sy erken boelies het haar negatief beïnvloed - selfs al het sy daarteen probeer baklei.

“Ek het maar eers die seerkry aanvaar om oor al die pyn en angs te kom. Toe ontwikkel ek ’n ‘veg’-mentaliteit waarmee ek almal verkeerd probeer bewys het. Ek het aanhou probeer tot ek daarin geslaag het om te doen wat mense gesê het ek nie sou kon doen nie.”

Vir ’n ruk het dié taktiek gewerk.

“Ek het drie senuweeineenstortings op hoërskool gehad en uiteindelik depressie en angs op universiteit ontwikkel. Dit het gebeur omdat ek nie geweet het hoe om nie soos ’n mislukking te voel nie,” sê sy.

Wieland het die probleem met behulp van haar ouers oorbrug.

“Hulle het altyd geweet wat in my lewe aangaan en my aangemoedig deur te sê harde werk en toewyding sal jou die wedloop uiteindelik laat wen. Ek het ook nou ’n lewensafrigter en sien ’n sielkundige wanneer ek sukkel om die lig te sien.”

Sy gebruik medikasie vir depressie en om ’n hormonale wanbalans te herstel.

“Ek het geleer dis die beste ding om hulp te vra en kwesbaar te wees. Dit is nie verkeerd om anders te wees nie!”

Hoekom dink sy is daar boelies?

“Ek dink hulle tree op uit hul eie onsekerhede en voel bedreig of jaloers. As iemand anders presteer, maak dit jou van jou eie gebreke en tekortkominge bewus,” sê sy.

Wieland raai mense wat tans slagoffers van afknouery is aan om nie te vergeet wat hul ware waarde is nie en om om hulp te vra.

“Jy is pragtig, maar bang. Ek glo niks in die lewe is toevallig nie. Jy het daardie eienskappe omdat jy iets goeds daarvan moet maak! Ek weet hoe eensaam en hulpeloos ’n mens kan voel, maar glo my, daar is ’n lig aan die einde van die tonnel. Daar is ook niks swak daaraan om hulp te vra nie. Dit verg inderdaad geweldige moed om dit te doen!”

Similar News

 

Air Nam plans repatriation flights

1 week ago - 21 May 2020 | Others

Swakopmund • eleuschner.az.com.na Air Namibia wants to fly stranded EU citizens in Namibia home in the coming week and at the same time bring...

Armed forces humiliate, assault civilians

1 month - 27 April 2020 | Others

Windhoek • [email protected] Namibians hailing from the Erongo and Oshana regions have instituted legal action with the help of lawyer Norman Tjombe against the Namibian...

Fireball over Namibia

1 month - 22 April 2020 | Others

On Monday night, many Namibians witnessed a strange phenomenon: A meteor briefly illuminated the heavens at around 21:30 (pictured). Numerous eyewitnesses claim to have observed...

Veilige hawe benodig ondersteuning

1 month - 21 April 2020 | Others

Walvisbaai • [email protected] Die Kids Haven-kinderhuis en plek van veiligheid bestaan die afgelope 11 jaar en sorg nou vir 28 kinders, waarvan...

Enhancing financial illiteracy

1 month - 01 April 2020 | Others

The Making Finance Work for Africa Partnership (MFW4A) has called on the youth to contribute to the fight for financial literacy by writing an essay...

'Ek is steeds ek'

2 months ago - 17 March 2020 | Others

Walvisbaai Toe Mario Thaniseb (32) sy ruggraat op twee plekke breek in ’n motorongeluk op 24 Desember 2011 het sy lewe vir ewig...

TIDES

11 months ago - 27 June 2019 | Others

22 December - ThursdayLow 03:57 High 10:37 Low ...

JICA concludes another successful term

1 year - 01 April 2019 | Others

The Japan International Cooperation Agency (JICA) team recently completed a second term of support for the Logistics Hub Project, providing technical expertise and support to...

Spreading a little bit of love

1 year - 18 February 2019 | Others

Otis Finck - Romantic Ross Botha (22) stole numerous hearts on Valentine’s Day. He produced 1 000 paper roses and distributed these with...

Learner builds quad bike

1 year - 18 February 2019 | Others

Leandrea Louw - A Grade 7 learner at Narraville Primary School in Walvis Bay built a 230 cc quad bike from secondhand and scrap material...

Latest News

Stricter control for truckers

16 hours ago | Health

Swakopmund • [email protected] governor Neville Andre announced strict measures to control the movement of truck drivers, citing the 21st case of Covid-19 in Namibia for...

Namport assists in repatriation of...

17 hours ago | Health

Walvis Bay • [email protected] The American passenger liner Carnival Fascination, docked at berth 1 of the port of Walvis Bay on Friday morning,...

Black Boy surfing the airwaves...

17 hours ago | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Bachmann (24) recently released his latest project, Black Boy, which is available on Donlu Africa, Soundcloud, YouTube, Facebook...

Namibians stranded at sea

1 day - 29 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Carnival Fascination has been travelling up and down the Namibian coast for three days. On board are, among others, seven Namibians and...

CAN calls for better tobacco...

1 day - 29 May 2020 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has called on the ministry of health and government to review the Tobacco Control Act of 2010 in light...

Ten elephants culled

1 day - 29 May 2020 | Environment

Swakopmund • [email protected] elephants that posed a risk to human life and agriculture were culled in various regions of the country last month.According to the...

Educating the youth through television...

2 days ago - 28 May 2020 | Youth

Walvis Bay • [email protected] Long-time best friends and entrepreneurial partners Jörg Walter (20) and Bryan Nakambonde (20) will soon be premiering an educational television...

Brand laat 30 dakloos

2 days ago - 28 May 2020 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Dertig Swakopmunders is haweloos gelaat ná hul plakkershuis in Mondesa afgebrand het.Die vyf gesinne wie se huisie deur vlamme verswelg is,...

African Vocals sing online

2 days ago - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Vocals held an online concert at the Lutheran Church in Swakopmund on Sunday, streaming it live on their Facebook and Instagram pages....

Load More