Weduwees, Ehika bereik kompromie

’n Groep weduwees kan nou hul eie verteenwoordigers kies wat namens hulle op die raad van ’n vismaatskappy gaan dien.

12 October 2021 | Local News

Rojo van Wyk; Ehika Fishing; “Die weduwees het hul eie komitee sowel as trustees gekies, en twee van hul lede sal op die raad van Ehika Fishing dien.”

Walvisbaai • [email protected]







’n Groep visser-weduwees en Ehika Fishing het hul verskille uitgestryk.

Volgens Rojo van Wyk, ’n stigterslid van die Fishermen Widows Trust (FWT) en ’n lid van Ehika Fishing, sal die weduwees nou meer insae hê oor die trust wat in hul naam gestig is.

“Die weduwees het hul eie komitee en trustees gekies, en twee van hul lede sal op Ehika Fishing se direksie dien. Hulle sal deelneem aan algemene jaarvergaderings sowel as direksievergaderings, en gaan ook namens die trust aktief betrokke wees by die onderneming se besluitnemingsprosesse.”

’n Doring in die vlees vir die weduwees was dat die FWT so saamgestel was dat hulle - as hoofaandeelhouers - geen aanspraak gehad het oor sake rakende die entiteit en kwessies soos maandelikse uitbetalings nie.

Die vorige trusteelede was Rojo van Wyk, sy pa, Eddy van Wyk, en wyle Clive Johannes.

Tagtig weduwees, wat sedert 2021 op papier 40% van die aandeelhouding in die vismaatskappy besit, het aanvanklik ’n maandelikse toelae van N$1 400 ontvang. Hierdie bedrag is in 2016 na N$700 verminder en toe heeltemal gestaak.

Volgens Van Wyk is die geskil deur “emosionele sensasie” aangevuur.

“Dit was dalk die manier waarop inligting oorgedra is. Ons het egter almal na die tafel gekom. Ehika is meer as bereid om die verlede te vergeet en die FWT meer as voorheen te ondersteun. ”

Die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, wat teenwoordig was toe die ooreenkoms tussen die twee betrokke partye bereik is, het gesê daar was in die verlede blykbaar ’n groot mate van wantroue onder die weduwees ten opsige van Ehika Fishing.

“Die weduwees het gevoel dat hulle hul eie stem nodig het, want slegs Ehika Fishing was in beheer van sake. Die vorige trustees het nou bedank en die weduwees het hul eie verteenwoordigers gekies.”

Klazen het die ooreenkoms wat deur die twee partye gesluit is, as ’n persoonlike oorwinning bestempel.

“Dit is ’n voorbeeld van hoe ander visondernemings bymekaar moet kom om hul probleme op te los. Ek as minister is nie hier om probleme onder vismaatskappye op te los nie.”

Die huidige WFT-komiteelede is Paul Fisher (voorsitter), Leoni Warne (ondervoorsitter), Lizette Williams (tesourier) en Vanessa Nash (sekretaris).

Die minister het aanvanklik Fisher aangestel om as bemiddelaar tussen die twee partye te dien.

Ehika Fishing het aangedui dat dit ook ’n belofte sal nakom om finansiële bystand te verleen met die bou van die Narraville-ouetehuis, indien en wanneer grond vir so ’n doel verkry word.

Similar News

 

Mile 4 se karavaanpark gaan kinderharte verbly

23 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die minister van verdediging en veterane sake, Frans Kapofi, het Donderdag ’n nuwe speelpark by die Mile 4-karavaanpark geopen. Die speelpark...

Alternatiewe roete vir lorries oor feestyd

1 week ago - 23 November 2021 | Local News

Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het die gebruik van afleweringsvoertuie en busse met ’n gewig van meer as 5 ton op die...

Grafte in Narraville geskend

1 week ago - 23 November 2021 | Local News

Sewe grafstene by die Narraville-begraafplaas is beskadig en dit blyk om die handewerk van ’n groep kwajongens te wees. Die skade beloop etlike duisende dollar,...

Enkelma’s kry broodnodige ondersteuning

1 week ago - 23 November 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Single Mommies Market is geskep om sukkelende enkelma's toe te laat om goedere oor twee dae te verkoop...

Snow White project

1 week ago - 18 November 2021 | Local News

Swakopmund • Leena Ndakevondjo Beauty queen Andeline Wieland established the Snow White project in September 2012. She runs the project by renting out...

SDFN in Narraville jubel

2 weeks ago - 16 November 2021 | Local News

Walvisbaai Die vreugde vure brand hoog in Narraville waar lede van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) begin het met die...

Droom van ouetehuis word werklikheid

2 weeks ago - 16 November 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Verskeie maatskappy en individue het hul hande diep in hul sakke gesteek en altesaam sowat N$1,7 miljoen vir die bou van 'n...

High-tech traffic monitoring system operational soon

2 weeks ago - 13 November 2021 | Local News

A video clip depicting one of the Arandis Emergency Response and Traffic Management Centre (AERTMC) monitoring stations mounted on a pole next to the B2,...

Amphibian Namibian to take on Robben Island stretch

3 weeks ago - 09 November 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Gideon “The Amphibian Namibian” Nasilowski is ready to tackle a 7.5km swim from Robben Island to Bloubergstrand in South Africa....

Vroue wat ’n verskil maak

3 weeks ago - 09 November 2021 | Local News

Narraville Die Reach Out Ladies is ’n groep senior burgers wat besluit het om na ander bejaardes in Walvisbaai uit te reik...

Latest News

Port users appreciated

12 hours ago | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The Namibian Ports Authority (Namport) hosted its annual port users’ event, which showcases appreciation and gratitude towards each port user...

Covid-19 pandemic reforms education

12 hours ago | Education

Windhoek ∙ Iréne-Mari van der Walt Amidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and...

NFCPT head office officially opened...

12 hours ago | Fishing

Walvis Bay • [email protected] The Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) officially opened its revamped head office in Walvis Bay. This facility (constructed...

Renewable energy transition requires investors

23 hours ago | Economics

Windhoek • Phillepus Uusiku Namibia has the world’s second highest solar irradiation regime, high wind power potential and potential for geothermal and bioenergy developments....

Mile 4 se karavaanpark gaan...

23 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die minister van verdediging en veterane sake, Frans Kapofi, het Donderdag ’n nuwe speelpark by die Mile 4-karavaanpark geopen. Die speelpark...

Nog ’n termyn vir Forbes...

23 hours ago | Government

Trevino Forbes het sy posisie as die burgemeester van Walvisbaai behou met Sara Mutondoka wat as die onderburgemeester verkies is tydens die onlangse verkiesing van...

TIDES

23 hours ago | Fishing

Tuesday, 30 November Low 05:49 High 12:18 Low 18:34 High 00:56 Wednesday, 1 December Low 06:41 High ...

Grumpy’s fishing report

23 hours ago | Fishing

Some decent fish were caught at Paaltjies this past week. Landing the big ones is quite a tough feat and it was the more...

Hepatitis E cases drop significantly

1 day - 29 November 2021 | Health

Windhoek • Ellanie Smit Hepatitis E cases in Namibia have shown a major decline since the outbreak started in 2017, while deaths have...

Load More