Vuur verswelg huis op Swakopmund

Gesin verloor alles

12 January 2020 | Disasters

Magda De Haan; bystaander;

Swakopmund Iréne-Mari van der Walt

’n Huis in Fischreiherstraat op Swakopmund het gister afgebrand.

Mareli Grobler (43) en twee van haar kinders was by die huis toe die brand ontstaan het.

Volgens ’n poliseverslag oor die insident, het Grobler middagete vir die kinders voorberei waarna sy omstreeks 15:00 gaan slaap het. “Haar kinders (4 en 5) het haar wakker gemaak om haar oor die brand in te lig, hoewel dit dit al gewoed het. Sy het die kinders gegryp, uit die huis gehardloop en om hulp geroep. Geen beserings is aangemeld nie,” het die hoof van gemeenskapspolisieering in die Erongostreek, Illeni Shapumba, gesê.

Hy het bygevoeg dat niks uit die huis verwyder kon word nie en teen die tyd wat die brandweer opgedaag het, was die hele huis in vlamme verswelg.

Code Red nooddienste was op die toneel en het vir Grobler en haar kinders na die Swakopmund staathospitaal geneem. Volgens die streeksbestuurder van Emed nooddienste, Paul van Niekerk, het die kinders rook ingeasem, maar is hulle sedertdien uit die hospitaal ontslaan.

Een van die omstanders wat ingespring het om die vlamme te probeer blus, André Viljoen Joubert, het sy voet erg seergemaak toe hy en 'n paar vrywilligers probeer het om die vlamme te blus voor die brandweer op die toneel aangekom het. “Ons het op ’n muur gestaan.

Toe die vlamme en vuur se intensitiet skielik toeneem, moes ek inderhaas van die muur afspring,“ het Joubert gesê, wat as ’n opgeleide brandweerman in Kaapstad gewerk het. ’n Vriendin, Lynn Hutchinson, het hom vanaf die toeneel vir behandeling geneem.

Lede van die publiek op die toneel het hul misnoë oor die stadige reaksie deur die brandweer uitgespreek. "Die brandweer is pateties. Hulle weet nie eens waar die waterpunte is nie. Dit is absoluut swak," het Matt Ladds van Paarl gesê.

"Word hulle ooit opgelei? Hulle vat ’n ewigheid om op te daag. Die huis was al klaar afgebrand toe hulle hier aangesukkel kom. Hulle sal moet beter doen. Wat is die punt van nooddienste as ons nie op hulle kan staatmaak nie?" wou Magda de Haan, 'n inwoner van Windhoek wat op die kusdorp vakansie gehou het, weet.

Die brandweerhoof, Melvin Cloete, is vir kommentaar genader maar het nie op boodskappe wat aan hom gestuur is, gereageer nie.

Lede van die gemeenskap het reeds die volgende oggend ingespring om die brandslagoffers te help.

Die Groblers word tans by ’n gastehuis gehuisves en die gemeenskap is besig met pogings om geld in te samel om hulle te help om die nodige kos en klere te bekom.

Similar News

 

Toerbus brand uit

2 months ago - 09 November 2019 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Vier en dertig toeriste se Namibiese besoek is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus het...

Heavy rains wreak havoc

1 year - 06 April 2018 | Disasters

Swakopmund was on the receiving end of heavy showers on Monday.The unexpected 40 mm of consistent precipitation that lasted for almost two hours, caught many...

Flames destroy wholesaler

1 year - 06 April 2018 | Disasters

A fire decimated Swakopmund's Metro Cash & Carry as well as the Metro Liquor branch early on Monday morning, causing millions of dollars' worth of...

Help for shack fire victims

2 years ago - 05 January 2018 | Disasters

Otis Finck Municipal councillors distributed blankets and goods to victims of a shack fire in Kuisebmond recently. Eben Gawaxab, the founder of...

Support for shack fire victims

2 years ago - 10 November 2017 | Disasters

Otis FinckNampol and Helping Hands, a non-profit organisation, recently brought some relief for 43 families who were victims of shack fires. Various donations were...

Many victims left homeless

2 years ago - 26 May 2017 | Disasters

Adolf Kaure and Leandrea LouwNo injuries or deaths were reported during the shack fire which occurred in Mondesa extension number 8 last week.According to the...

Latest News

Kudus aiming for 7s glory

1 day - 22 January 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] A group of 14 First National Bank (FNB) Kudu Rugby Club players and two officials departed for the Swartland...

Langasems maak reg vir aksie

1 day - 22 January 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Bay Road Runners wil die jaar op ’n vinnige pas afskop met die klub se eie en eerste byeenkoms vir hardlopers langs...

Onderwys is die ruggraat van...

3 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Geestesiektes: Breek die stigmas af...

3 days ago - 21 January 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Mense moet opgevoed word oor die verskeie mites rondom geestesiekes. Só sê me. Ilanza Klein (29), ’n aktivis wat haarself vir die...

These are Swakop’s top healthy...

3 days ago - 21 January 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Hero Multisave Supermarket emerged as the top butchery, Mobi Soft Serve as the top mobile kiosk and Museums Café as the...

Pushing beyond existing boundaries

3 days ago - 21 January 2020 | Business

According to Maersk, drilling operations planned for its Angola-Namibia campaign will be done at a world record water depth. Maersk said that the well in...

Grumpy’s fishing report

3 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

3 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

Housing market remains under pressure

3 days ago - 20 January 2020 | Infrastructure

According to Ruusa Nandago, FNB Group Economist and author of the FNB Residential property report released on 16 January 2020, the index reached a historic...

Load More