Vroeë Kersgeskenk vir senior burgers

Twee haarkappers het inwoners van ’n ouetehuis bederf.

12 November 2019 | Local News

Senior Burger: Kuisebmond Outehuis “Ek voel soos ‘n nuwe mens.”

Walvisbaai · [email protected]

Twee plaaslike haarkappers het laas Woensdag 31 senior burgers van die Kuisebmond-outehuis verras.

Petra Pelma van Petra’s Hair Studio en Bradley Matthys van Kaka’s Barbershop het by die outehuis opgedaag met hul span helpers, Myra Louw, Geraldo Bock en Benjamin Louw, om die inwoners te bederf. Die 14 vroue se hare is gewas en gestileer, en die 17 mans se hare en baarde is gesny en geskeer.

Hulle was verheug oor die gebaar en met tye het die trane vrylik gevloei.

Me. Esme Lenders, een van die inwoners, het die beskoekers namens almal bedank.

“Ons waardeer dit uit die diepte van ons hart. Dit is werklik benoemenswaardig dat ons nie daarvoor moes vra nie en dat julle dit sommer uit jul eie kom doen het vir ons. Mag God julle ryklik seën.”

Een van die mans het gesê: “Ek voel soos ’n nuwe mens. Nou kan ek weer die koel wind deur my ore voel sing en ook op my gesig voel speel. Ek weet nie wanneer laas ek my hare laat skeer het nie omdat ek nie altyd die N$50-fooi daarvoor kan bekostig nie.”

Bradley, wat al meer as 16 jaar hare skeer, het gesê die idee het vir ’n redelike lang tyd by hom gespook.

“Ek het die voorstel met Petra bespreek en ons het die matrone by die outehuis genader vir goedkeuring, wat ons toe ontvang het.”

Hy is van plan om sy dienste elke twee maande gratis aan senior burgers by outehuise te verskaf. Hy het ander haarkappers versoek om ‘n verminderde fooi vir die sny van oumense se hare te vra.

“Ek wil graag terugploeg en dit is my manier van dankie sê aan die gemeenskap vir hul ondersteuning.”

Matrone Amingorina Mupetami het die inisiatief met ope arms verwelkom.



“Die oumense is werklik opgewonde oor die gebaar. Dit is die eerste keer in die geskiedenis sedert die bestaan van die outehuis dat so iets hier gebeur. Dit is ook uitsonderlik vir die senior burgers dat daar tog jongmense is wat omgee en uitreik na hulle. Baie van hulle se kinders besoek hulle glad nie.”

Mupetami het gesê sy hoop die inisiatief word ook na ander outehuise en weeshuise geneem.

“Dit is goed om mense wat by sulke instansies woon, op te beur – veral met Kerfees om die draai. Ek hoop ook van harte dat die munisipaliteit soos die gewoonte maar is weer gaan uitreik na die senior burgers dié feesgety.”

Petra het gesê sy doen waarvan sy hou en dit verskaf haar groot vreugde om ’n verskil te kan maak.

“Dit is lekker om aan iemand, veral ons bejaardes, ’n bietjie blydskap te gee. Ek doen dit met graagte.”

Perta en Bradley daag ander haarkappers uit om die inisiatief landswyd te versprei.

Similar News

 

Search for drowned boy continues

1 day - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

Krygsgevangenes se grafte gaan herstel word

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Namibiese Volksmoordvereniging (Nambian Geniocide Association - NGA) beoog om die grafte van krygsgevangenes wat gesterf het gedurende die Ovaherero- en Nama-volksmoord...

Helpende hand vir senior burgers

1 week ago - 26 November 2019 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Die Erongo Trust vir Bejaardes het verlede week Woensdag N $ 260 304,67 van Belvedere Safari Adventures ontvang. Die Trust is in...

Mondesa set for development

2 weeks ago - 21 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Several developments for Mondesa were discussed during a public meeting called by the Swakopmund municipality at the Meduletu hall recently.According to...

Kamplekke word blink gepoets

2 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Foto’s wat wat glo wys dat kampeergeriewe by Jakkalsputz afgebreek word, het onlangs ‘n bohaai op sosiale media veroorsaak. ...

Openbare toilet vir gemeenskap

2 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Namibiese korrektiewe dienste het onlangs op Omaruru ’n openbare badkamer in die Hakahana-nedersetting amptelik oorhandig. Die oorhandiging het saamgegaan met...

Dorpsraad sê oor Farm 37

3 weeks ago - 12 November 2019 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaaise munisipale raad het verskeie openbare vergaderings gehou met die oog daarop om inwoners in te lig oor die vordering gemaak in...

Veiligheid vir bejaardes

4 weeks ago - 11 November 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Swakopmund Retirement Village het gister vir die eerste keer hul noodplan ingeoefen.Die aftree oord het in Desember 2016 geopen en...

Service delivery boosted

1 month - 08 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Municipality received two Ultimate Dependable (UD) trucks from Auto Sueco Namibia, with a combined value of N$3.1 million on Friday. The...

Latest News

Desert Dash delivers once more...

1 day - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

4 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

4 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

4 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

5 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

5 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

6 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

“Rol met my” – op...

6 days ago - 03 December 2019 | Health

Swakopmund • [email protected]ë is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak...

Load More