Vir die mense, deur die mense

Karibib maak vooruitgang met die voorsiening van grond, dienste en goedkoper behuising.

03 November 2020 | Local News

Met die nasionale opdrag aan plaaslike ower­hede om stra­tegieë vir die verligting van oorbevolkte informele gebiede in te stel, was Karibib se dorpsraad reeds met só 'n proses besig.

“Ons is nou al byna 'n jaar besig met die verligting van oorbevolking in informele gebiede. Daar is drie informele areas, naamlik Usab en Harmebe fase 1 en 2 op Karibib. Ons het die proses in Usab reeds suksesvol afgehandel,” het mnr. Leslie Goreseb, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, verduidelik.

Luidens Goreseb het die munisipaliteit 'n strategie in werking gestel wat die samestelling van 'n komitee – bestaande uit persone wat in die gebied woon – behels.

“Die komitee is versoek om met gemeenskapslede te kommunikeer en hulle te motiveer om 'n plan vir die dorpsuitleg op te stel. Ons het inwoners gevra hoe hulle wil hê die dorp moet lyk. Hulle moes ook besluit waar die strate en erwe moet wees. Verskeie vergaderings is gehou en inwoners moes hul eie plan opstel waarna hulle die voltooide tekeninge aan die raad gegee het.”

Vanweë die feit dat daar oorspronklik geen paaie was nie, moes van die informele strukture verskuif word.

Ná onderhandelinge is ooreengekom dat persone wie se huise geleë is waar die paaie aangelê moet word, hul strukture na ander erwe moet verskuif.

“Die munisipale raad was nie betrokke by hierdie besluitnemings­proses nie, maar het die gemeenskaps­lede toegelaat om self te besluit. Die raad het die komitee genooi om 'n voorlegging te doen oor die aantal huise wat moes verskuif, asook die ligging van strate en erwe, sowel as van besighede en kerke,” het Goreseb gesê.

In samewerking met studente van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) wat die stadsbeplanning gedoen het en die Namibian Housing Action Group (NHAG) is die voorgestelde uitlegplan geformaliseer.



Honderde huishoudings

“Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling is genader en ingelig oor die proses wat gevolg is om die bepaalde informele gebied te formaliseer. 'n Versoek vir befondsing vir die nodige infrastruktuur is gerig en die ministerie het N$5 miljoen vir die voorsiening van water bewillig,” het Goreseb gesê.

Die konstruksieproses het begin met die uitgrawings om die nodig pypleidings te lê, wat deur die inwoners self gedoen is.

“Dit is aangenaam om te sien dat almal betrokke is. Ons gebruik net swaar masjinerie in uiters rotsagtige gebiede. 'n Voorman is ook op die perseel wat lede van die gemeenskap oplei hoe om pype te lê, te herstel en dan die uitgrawings behoorlik te bedek.”

Altesame 700 huishoudings baat by dié projek en die volgende stap behels die lewering van sanitêre dienste.

Die munisipale raad het saam met Development Workshop Namibia (DWN), 'n Namibies geregistreerde nieregeringsorganisasie, 'n ooreenkoms aangegaan om te verseker niemand in Karibib se informele gebiede hoef in die openbaar te ontlas nie.

Alle huishoudings word voorlopig met droë toilette toegerus wat tans gebou word.

“Die installering van dié stelsel word deur vrywillige studente gemonitor wat die inwoners wys hoe die proses werk. Dit is nie 'n duur proses nie.

“Die raad het 'n rotsbreker beskikbaar gestel en dit word gebruik om te help waar nodig. Sodra die vryevloei-sanitasiestelsel gebou is, kan huise eenvoudig aan die stelsel gekoppel word,” het Goreseb gesê.

Similar News

 

IPC fills top Walvis municipal seats

1 day - 01 December 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

‘Vir haar wil ek ’n standbeeld bou’

2 days ago - 30 November 2020 | Local News

Swakopmund – [email protected] “Ek wil vir haar ’n standbeeld bou. Hierdie dapper, onselfsugtige mamma wat haar baba so oneindig liefhet dat sy alles op...

Seidler shares his expertise

1 week ago - 25 November 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

Hospital being expanded

1 week ago - 23 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner “This facility will make a huge difference in the Erongo region, especially in terms of new born survival. This is...

Ballot papers for Karibib constituency to be reprinted

1 week ago - 22 November 2020 | Local News

Karibib The chief electoral and referenda officer of the Electoral Commission of Namibia (ECN), Theo Mujoro, has told political parties and candidates contesting the...

Swakop calls for increased ErongoRED shareholding

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner The municipality of Swakopmund is demanding more shareholding in the regional electricity supplier ErongoRED.In light of this, town council instructed...

Swakopmund sets up a tourist protection unit

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than five years after the closure of the tourist police office in Swakopmund, town council has decided on a...

Latest News

‘Enjoy this festive season responsibly’...

10 hours ago | Government

President Hage Geingob has called on Namibians to remember that Covid-19 remains a threat in light of the approaching festive season and given various family...

Are we failing our children?

10 hours ago | Education

Bernadette HessOver the years we have experienced many highs and lows in our teaching profession. “When our learners excel academically or in extra-curricular activities we...

Upgrading the Kranzberg railway

10 hours ago | Infrastructure

Arandis • [email protected] The minister of works and transport John Mutorwa officiated the start of the upgrade of the Walvis Bay to Kranzberg railway...

Health minister outlines Covid-19 response...

1 day - 01 December 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula, highlighted various measures put in place at the 20th Covid-19 briefing. Shangula said that Covid-19...

CAN says thank you

1 day - 01 December 2020 | Society

The Cancer Association of Namibia (CAN) officially wraps up its annual schedule this week.“Many important annual events and programmes could not take place this year...

Kersfees kom vroeg met laer...

1 day - 01 December 2020 | Energy

Goeie nuus vir motoriste is dat die pryse van petrol en diesel volgende week daal.Volgens die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, mnr....

IPC fills top Walvis municipal...

1 day - 01 December 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

Residents demand land and housing...

1 day - 01 December 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] members of the Swakopmund Housing for All group handed over a petition at the Swakopmund municipality after a peaceful march from the...

Food Fest kom weer ...

1 day - 01 December 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Verlede jaar se Nedbank Food Fest het feesgangers op ’n geurige reis oor die hele wêreld geneem. Fest-organiseerder, Dalene...

Load More