‘Vermiste’ trio ken hul storie

Mediastories oordrewe

07 January 2020 | Local News

Martin du Plessis; Vermiste; “Ja, ons het vasgesit en dit is nie juis plesierig nie, maar dit was ook nie die einde van die wêreld nie.”

Swakopmund • [email protected]

Martin du Plessis het op 30 Desember saam met sy meisie, Yolanda Engelbrecht, en ’n vriend, Rikus Botha, koers na die Brandbergarea gekies waar hulle beplan het om in die omgewing van die Wes-myn te gaan kamp.

Ná hulle voertuig in die Ugabrivier vasgesit het, is hulle aan die genade van moedernatuur oorgelaat. Du Plessis het egter gesê dit was glad nie so ’n ongenadige ondervinding soos mediaberigte dit sou laat blyk nie.

“Ons moes 3 Januarie in die beskawing terug gewees het,” sê Du Plessis. “Een van my meisie se vriendinne het egter geskrik toe ons nie opdaag nie en haar reaksie het die voorval toe erger laat lyk as wat dit werklik was.”

Hy sê sy naasbestaandes het geweet dat hulle eers teen 6 Januarie bekommerd sou moes begin raak. “Dit is nie ongewoon vir my om vir ’n week te verdwyn nie en hulle weet dit,” sê Du Plessis.

“Ja, ons het vasgesit en dit is nie juis plesierig nie, maar dit was ook nie die einde van die wêreld nie,” het hy bygevoeg.

Du Plessis, wat ’n vlieënier van beroep is, sê hy ken die area goed en het geweet hulle was ongeveer 20km van die Save the Rhino Trust-hek.

“Dit is op die Twyfelfontein-pad, so daar gaan elke dag vier of vyf karre verby. Ons het kamp opgeslaan vir die aand en die volgende dag water gepak en begin stap.”

Hy sê die Land Rover Defender, wat in die modder vasgesit het, is toegerus met ’n 50-liter watertenk en ’n 180 liter dieseltenk.

“My kar is goed gekit!”

In reaksie op mediagerugte dat hulle effe té na aan die genade van moedernatuur, die leeus en gevare wat sy bring, gelaat is, sê hy: “Daar was drie leeuwyfies. Hulle is mos maar nuuskierig, maar sodra jy vuurmaak maak hulle spore.”

Die vuur is ook gebruik om potjiekos vir aandete vir hulleself en hul twee honde, Susan en Cocoa, te maak. “Ons sou ook nie regtig honger gely het nie. Ons het nog van die potjiekos oorgehad,” vertel hy.

Du Plessis sê dat hulle ongeveer 06:30 vanaf hul kampplek vertrek het en dat hulle teen 12:00 reeds toeriste teegekom het wat hulle gehelp het.

“Almal het tekere gegaan dat ons deur ’n helikopter gevind is, maar dit is ’n wolhaar storie. Daar was nooit ’n helikopter in sig nie.”

Hy sê die media se gegons het eintlik eers begin toe hulle reeds veilig by die huis was.

Met hulle tuiskoms is daar gestort en daarna is die dag luilekker voor die kassie deurgebring.

Similar News

 

Travel ban irks

4 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Despite the strict travel ban, health minister Dr Kalumbi Shangula said more than a week ago that police are concerned that...

Stadion se hekke bly toe

1 day - 14 July 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die koms van fase 3-inperkings sou beteken dat atlete weer hul sport kon beoefen, maar atlete word egter steeds...

Namibiese kospotte aan die prut

3 days ago - 12 July 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Alhoewel die Nedbank Kosfees nie in Maart kos- en kookliefhebbers kon onthaal by die vieringe van die fees se eerste verjaarsdag...

Swakop to become a ‘smart city’

5 days ago - 10 July 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] “To realize government’s vision, visionary urban planning is required, which is supported by the development of infrastructure,” according to a draft...

Inmates facing precarious situation

1 week ago - 07 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] An inmate incarcerated at the Walvis Bay prison has told his sister that he is deeply concerned...

Okombahe, Spitzkoppe residents receive assistance

1 week ago - 05 July 2020 | Local News

Spitzkoppe/Okombahe • [email protected] Residents of settlements who are reliant on tourism are struggling to survive since the arrival of Covid-19. In light of this,...

Unified strategy needed to contain pandemic

1 week ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund The governor of the Erongo region Neville Andre says the best way to get the upper hand against Covid-19, is a comprehensive...

Toddler drowns

1 week ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund • iré[email protected] A 4-year old girl lost her life to the sea in Swakopmund on Saturday at 16:00.Erongo region crime investigation coordinator,...

Winter warmth

2 weeks ago - 01 July 2020 | Local News

Orano Mining Namibia donated blankets to families affected by the recent shack fires that destroyed 24 homes in Mondesa, Swakopmund, on 19 June. The families...

Helping hand extended to albinos

2 weeks ago - 01 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] junior regional councillor for the Walvis Bay urban constituency Anna Uupindi recently introduced the 'Albino Corner'. The launch of the initiative,...

Latest News

Still more Covid cases

2 hours ago | Health

The minister of health and social services, Dr Kalumbi Shangula, announced 96 new Covid-19 cases today, the majority of which (91) are from Walvis Bay,...

Poachers in the park

3 hours ago | Crime

Swakopmund • [email protected] in the Erongo region are looking for several poachers who are said to have killed seven Oryx in the Namib-Naukluft National Park...

Travel ban irks

4 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Despite the strict travel ban, health minister Dr Kalumbi Shangula said more than a week ago that police are concerned that...

Grumpy’s fishing report

4 hours ago | Fishing

It was not a bad week for fishing.Hennie Cloete junior and his dad went fishing for galjoen at Canopy. A beast of a fish hit...

’n Simbool van omgee

21 hours ago | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaaiers bevind hulself te midde van die Covid-19-storm, met meer as 800 positiewe gevalle van die virus wat reeds landwyd...

Poor hygiene at isolation facility...

21 hours ago | Health

Henties Bay • [email protected] disgruntled Walvis Bay resident who recently tested positive for Covid-19, expressed his dissatisfaction at conditions at the isolation facility in Henties...

First Covid-19 deceased laid to...

21 hours ago | Health

Walvis Bay The first person (45) who died of Covid-19 in Namibia was laid to rest in Narraville Walvis Bay today.The governor of...

Saban pen tweede boek

1 day - 14 July 2020 | Art and Entertainment

Walvisbaai • [email protected] Skrywer en digter Mogamat Sallie Saban het onlangs sy nuwe boek ‘Sandwich Harbour, our beautiful coastline’ vrygestel. Die boek bestaan uit...

Stadion se hekke bly toe...

1 day - 14 July 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die koms van fase 3-inperkings sou beteken dat atlete weer hul sport kon beoefen, maar atlete word egter steeds...

Load More