Vermiste skipper dapper tot die laaste

Almal is dit eens dat die onbaatsugtige optrede van ‘n vermiste skipper in ‘n tyd van nood van hom ‘n held maak.

25 February 2020 | Accidents

Hy was nie net ’n kaptein vir sy bemanning nie, maar ook ’n gesinsman en vriend vir baie.

Die sagte, maar ferm Carlo Gordon (48) het tot sy einde ’n voorbeeld gestel en sy bemanning gelei.

Saam met die stokvisboot Resplendent is hy waarskynlik na sy watergraf toe dié vaartuig Dinsdag langs die kus van Namibië gesink het.

Nuus oor die tragedie het die vissersgemeenskap van Walvisbaai diep geskok.

“Is die bemanningslede veilig?” was die eerste vraag op almal se lippe.

‘n Bemanning van 26 lede en ‘n visinspekteur wat aan boord van die Resplendent was, is almal gered, maar die kaptein is as vermis aangegee.

Die bemanning is deur die boot Fisher Bank na Walvisbaai geneem en die soektog van 24 uur na die vermiste kaptein is om 15:00 Woensdag afgelas.

Ondanks die hartseer van die verlies, het baie mense steeds hoop gekoester dat Gordon lewend gevind sou word.

“Ek het vir hom ’n reddingsbaadjie gegee. Hy het gaan seker maak al die bemanningslede is van die boot af. Dit is die tipe mens wat hy is. Ek het deur die ingang na die wielhuis in sy oë gekyk. Dit was die laaste keer wat ek hom gesien het,” het ’n bemanningslid met trane in sy oë vertel.

Volgens verskeie ooggetuies het water teen ’n hewige tempo van agter in die Resplendent ingestroom. Dit het daartoe gelei dat die vaartuig skerp na een kant gekantel het.

Dit word vermoed die deur na die wielhuis het op daardie oomblik toegeklap en die kaptein vasgekeer.

Binne minute het die Resplendent gesink.

Die bemanningslede wat gered is, ly nog almal aan skok en moet vrede maak met die werklikheid dat hulle hul kaptein in die tragedie op see verloor het. Wanneer sy naam genoem word, sak ‘n doodse stilte oor die bemanning neer.

“Ons as kapteins weet dat ons verantwoordelik is vir ons vaartuie en almal wat aan boord is,” het ’n skipper gesê wat in die verlede saam met Gordon gewerk het.

“In die geval van nood word daar van ons verwag om óf ons bemanning te red óf in die proses ons lewens vir hulle op te offer. Carlo het geweet sy vaartuig is in die moeilikheid. Tog het hy daarop gefokus om sy bemanningslede te red. Dit het ongelukkig sy lewe geëis. Dit maak van hom ’n held.”

Die sekretaris-general van die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau), Jacob Penda, het ook Vrydag gesê Gordon is ‘n held.

“Dit is baie hartseer dat Gordon sy gesin heel moontlik vir ewig verlaat het. Ons weet nie of hy terug sal kom nie. Ná die boot probleme begin ondervind het, het hy kalm gebly. Hy het met sy manne gekommunikeer en gesorg dat hulle die boot verlaat. Tot op die laaste was hy pligsgetrou. Hy het die veligiheid van al sy bemanningslede verseker en dit maak van hom ‘n held.”

Penda het ‘n beroep op vismaatskappye gedoen om te verseker hul bote is seevaardig. Hy het voorgestel bote moet minstens twee keer per jaar na die droëdokke gaan vir inspeksie en herstelwerk, sou dit nodig wees.

“Die unie is van mening dat almal wat op die see werk ‘n gevaartoelaag moet kry. Die ministerie van werke en vervoer moet ook met streng maatreëls na vore kom en dit toepas wanneer bote geinspekteer word sodat die veiligheid van werkers nie skipbreuk ly nie.”

Die verhaal van nog ’n bemanningslid wat tydens die drama dapperheid vertoon het, het intussen aan die lig gekom.

Volgens bemanninglede is Graham Matthews oorboord geslinger toe een van die reddingsbote losgekom en hom getref het terwyl hy op die dek besig was om ’n ander reddingsboot te ontplooi. Ten spyte van die harde hou kon Matthews toe hy in die water beland daarin slaag om by een van die twee reddingsbote uit te kom wat reeds in die water was.

Hy het daarna na die bemanningslede wat nie reddingsbaadjies aangehad het nie geroei en hulle een vir een opgepik.

Similar News

 

Body of young man wash up on Swakopmund beach...

3 weeks ago - 29 August 2020 | Accidents

SwakopmundThe body of an unidentified black male person aged between 20 - 25 years with earrings on both ears and without clothes was discovered by...

Notorious B2 claims another life

3 weeks ago - 27 August 2020 | Accidents

Walvis Bay • [email protected] The coastal community was left reeling after a well-known businessman lost his life in a motor vehicle accident. Pieter...

Road crashes decline dramatically

4 weeks ago - 21 August 2020 | Accidents

Windhoek • [email protected] Amid the Covid-19 pandemic, Namibia’s road crashes, injuries and deaths have experienced a dramatic decline compared to the same period over...

Fatal collision on B2

1 month - 18 August 2020 | Accidents

The police are investigating a case of culpable homicide, and reckless and negligent driving following a collision that involved the courtesy vehicle of the governor...

Accident claims youngster’s life

3 months ago - 16 June 2020 | Accidents

Swakopmund Laurens Alberts Bester (15) succumbed to injuries he sustained after he was allegedly bumped by a tow-in vehicle in Swakopmund on Sunday. NamPol’s...

Shack fire victims assisted

6 months ago - 09 March 2020 | Accidents

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund Community Engagement Group (S.C.E.G.) recently donated items valued at around N$1 000 to persons affected by shack fires. The...

‘Retrieval impossible’

6 months ago - 04 March 2020 | Accidents

Walvis Bay Hangana Seafood said that based on the opinions of various experts, it had concluded that there is no reasonable prospect of finding...

Gordon family still hoping

6 months ago - 01 March 2020 | Accidents

Walvis Bay • [email protected] The parents and siblings of Carlo Gordon, the missing captain of the Resplendent that sank more than a week...

BREAKING NEWS

7 months ago - 18 February 2020 | Accidents

A fishing vessel belonging to Hangana Seafood sunk in the deep sea, according to reports just received.A source confirmed that the hake trawler Resplendent experienced...

Two drown at municipal sewage works

7 months ago - 06 February 2020 | Accidents

Walvis Bay • [email protected] Two people died in an incident at the Water Section of the Walvis Bay Municipality earlier today. The chief of the...

Latest News

Kauhaie wins the crown

25 minutes ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Kauhaie was crowned Miss Teen Swakopmund 2020 during the final hosted at The Loft on Saturday evening.She said that she was overjoyed...

Weekend marred by rape and...

34 minutes ago | Crime

Walvis Bay • [email protected] It was a bloody weekend for the Erongo region, with an alleged gang rape and a murder reported in the first...

Mine employee collapses, dies

42 minutes ago | Local News

An employee of the CGN Swakop Uranium mine passed away after he collapsed while working at the mine on Saturday, chief executive Cai Yusheng confirmed....

Lower grades back to school...

1 day - 19 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade four, five and six learners were welcomed back at school on Monday. Government schools have opted to divide...

Learn to mask it!

1 day - 19 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Scientific Society (SSS) announced that it will host a mask-making workshop.According to the SSS’s public relations officer (PRO) Irina Ivanova, both...

More recoveries, three Covid-19 deaths

1 day - 19 September 2020 | Health

The deputy minister of health and social services Dr Eshter Muinjangue announced 85 new Covid-19 cases, 109 recoveries and three deaths. Muinjangue said that 1...

More Covid-19 recoveries recorded

2 days ago - 18 September 2020 | Health

The deputy minister of health and social services Dr Esther Muinjangue announced 114 new Covid-19 cases as well as 183 recoveries on Thursday. Muinjangue said...

Some restrictions to remain in...

2 days ago - 18 September 2020 | Health

Walvis Bay •[email protected] With the State of Emergency regulations coming to an end, a number of regulations will either remain in force or be discontinued....

State of emergency ends

3 days ago - 17 September 2020 | Government

President Hage Geingob announced that the State of Emergency will not be extended upon expiration at midnight on Thursday. The State of Emergency was declared...

Load More