Varkie kuier by die see

Vreemde besoeker

15 February 2021 | Local News

Loritzma van Zyl; ‘Mens ma’; “Hy het die strand vreeslik geniet.”


Hentiesbaai • [email protected]



Hentiesbaai het al vakansiegangers uit alle oorde verwelkom, maar onlangs het ’n buitengewone besoeker ’n draai kom maak toe Otti die vark hier vakansie gehou het.

Otti woon saam met sy ‘mens ma’ Loritzma van Zyl en haar man asook drie hondebroers op ’n plaas in die Buitepos area.

“Ek het lank vir Otti gewag,” sê Van Zyl. “Ek wou nog altyd ’n vark as ’n troeteldier gehad het. ’n Paar dae na my verjaarsdag, het ’n vriendin in die Suide my gebel en gesê ek moet by haar kom kuier en ’n bakkie saambring. Ek het gedink sy wou vir my ’n meubelstuk gee, maar toe was dit Otti. Dit was die beste geskenk ooit!”

Weens die huidige aandklokreël, was dit moeilik om 670km met Otti te reis. “Gewoonlik verkies ons om met Otti te ry wanneer dit donker is want dan wil varke slaap. Omdat ons eers vyfuur die oggend kon vertrek, was dit ’n bietjie moeiliker,” sê Van Zyl.

Gelukkig is Otti hondmak.“Hy bly in die huis soos ’n hond. Wanneer ons op die plaas rondry neem ons hom saam, so hy is ry redelik gewoond.”
Van Zyl sê Otti het op Hentiesbaai sy vriendelike, gemaklike geaardheid uitgeleef.

“Ons was een keer besig om die kar te pak en het nie besef hy het weg geloop nie. Teen die tyd wat ons besef hy is weg, was hy reeds ses of sewe huise van ons in die straat af.

“Hy het regtig ’n wil van sy eie, maar toe my man hom roep, het hy teruggekom,” sê sy.

Ewe lief wat Otti vir die bure was tydens sy vakansie, so lief was hy vir die strand ook. “Hy het nog nooit ’n harnas gehad nie, so ons sukkel om hom van die bakkie af te kry omdat varke nie daarvan hou van opgetel te word nie. My man het voorgestel dat ons die bakkieklap oop los en dat hy dan agteruitry tot die klap teen die duin is sodat Otti self kan op- of afklim. Die klap het skaars aan die duin geraak of Otti het afgeklim en het onmiddellik strand toe gehardloop. Hy het die strand vreeslik geniet,” sê Van Zyl.

Similar News

 

Planning Walvis Bay’s future

6 hours ago | Local News

Walvis Bay The Department of Community and Economic Development recently launched the commencement of the Local Economic Development for Walvis Bay. The bid...

Council wants to be planning authority

6 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Walvis Bay municipal management committee approved an application to be submitted to the Minister of Urban and Rural Development...

House issue tackled in Walvis Bay

7 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Walvis Bay municipal council is devising strategies to tackle the housing crisis in Walvis Bay. Mayor Trevino Forbes...

African Vocals entoesiasties oor liefdadigheid

7 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die a capella-groep, African Vocals, het onlangs ’n liefdadigheidsprojek in Swakopmund se DRC- informele nedersetting van stapel gestuur met die doel...

Vroulike taxibestuurder maak wesenlike verskil

8 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die plaaslike entrepreneur Lavinia Ngodji (27) verbreek stereotipes deurdat sy, as ’n vroulike taxibestuurder, ’n veiliger opsie vir ander vroue en kinders...

Covid-19 measures slightly adjusted

6 days ago - 24 February 2021 | Local News

Walvis Bay Namibian president Dr Hage Geingob announced minimal changes to the current Covid-19 measures on Wednesday morning. He adjusted the curfew...

Fairy circles: The puzzle solved?

6 days ago - 24 February 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] In Angola, Namibia and South Africa there are large tracts that resemble a landscape full of freckles or craters. The cause of...

Swakopmund kry borsmelkbank

1 week ago - 23 February 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Volgens statistieke van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) borsvoed minder as 20% van nuwe ma’s, vertel die Swakopmundse pediater, dr. Sebastian Gericke....

Balls to help extinguish fires

1 week ago - 23 February 2021 | Local News

Walvis Bay •[email protected] Two local entrepreneurs Josef Kahyata and Israel Petrus is on a mission to nip shack fires in the bud with fire...

Hentiesbaai het groot planne

1 week ago - 23 February 2021 | Local News

Hentiesbaai • [email protected] Die nuwe munisipale raad van Hentiesbaai het verlede week ’n openbare vergadering gehou om die planne van ’n taxistaanplek en...

Latest News

Council wants to be planning...

6 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Walvis Bay municipal management committee approved an application to be submitted to the Minister of Urban and Rural Development...

House issue tackled in Walvis...

7 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Walvis Bay municipal council is devising strategies to tackle the housing crisis in Walvis Bay. Mayor Trevino Forbes...

Grumpy’s Fishing Report

7 hours ago | Fishing

February is truly one of the top fishing months along our beautiful coastline. The first interclub competition was also held at the Winston wreck area...

Grumpy’s Fishing Report

7 hours ago | Fishing

February is truly one of the top fishing months along our beautiful coastline. The first interclub competition was also held at the Winston wreck area...

African Vocals entoesiasties oor liefdadigheid

7 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die a capella-groep, African Vocals, het onlangs ’n liefdadigheidsprojek in Swakopmund se DRC- informele nedersetting van stapel gestuur met die doel...

Vroulike taxibestuurder maak wesenlike verskil

8 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Die plaaslike entrepreneur Lavinia Ngodji (27) verbreek stereotipes deurdat sy, as ’n vroulike taxibestuurder, ’n veiliger opsie vir ander vroue en kinders...

Anguish as footballers die in...

1 day - 01 March 2021 | Accidents

Henties Bay/Swakopmund/Windhoek • [email protected] and [email protected] Young soccer players from Henties Bay endured a horrific ordeal on Saturday night when an accident...

Namport and Namfi partner

1 day - 01 March 2021 | Business

Walvis Bay •[email protected] The Namibian Ports Authority (Namport) and the Namibian Maritime Fishing Institute (Namfi) signed a memorandum of understanding (MoU).According to Namfi...

Eerste skatting van Namibië se...

1 day - 01 March 2021 | Environment

Kus Die Namibiese eilande se mariene bewaringsgebied (bekend as NIMPA), wat 25% van die algehele kuslyn van Namibië beslaan, en een van die...

Load More