Vangs van 'n leeftyd

Smaaklike dis

07 January 2020 | Fishing

Langstrand

Min het Rudie Swartz geweet wat hy en ‘n vriend uit die water sou haal toe hulle Vrydag by Langstrand vir haaie gaan hengel het.

In plaas daarvan om sy vangs met lyn, hoek en aas uit te trek, het Rudie en Werner van Riet wat vermoedelik ‘n kortbek-speervis of witmarlyn is met hul kaal hande uit die water gehaal.

“Ek het aanvanklik gedink dit is 'n haai en toe ‘n groot stuk aas na dit gegooi,” vertel Rudie.

“Die vis het in sirkels in vlak water geswem en toe ek sien dat dit die aas ignoreer, het ek besluit om ondersoek in te stel.”

Tot sy verbasing ontdek Rudie toe dit is nie 'n haai nie.

“Dit was 'n baie vreemde vis met 'n spiesagtige uitsteeksel aan die voorkant van sy kop. Ons het in die water gespring, die vis met ons kaal hande gevang en na die wal getrek. Ek het al 'n paar lekker groot visse gevang, maar niks van die aard en nog nooit op so ‘n manier nie.”

Die hele episode met die spartelende vis is verfilm en het op sosiale media beland.

Volgens Rudie, wat al vir langer as 35 jaar 'n ywerige hengelaar is, was die vis erg beseer en het verskeie vishoeke in sy maag gehad.

“Ek dink iets soortgelyks het met die tuna gebeur wat hengelaars in Sandvishawe opgemerk het. Die het 'n dag daarna dood uitgespoel.”

Die Namibiese Dolfynprojek het Rudie gevra om 'n stuk van sy vangs se rugvin en 'n stuk vleis van die vis aan hulle te voorsien sodat toetse die spesie kan bepaal.

Rudie het sy skaars vangs gevries voordat hy dit gaan opgesny en braai.

“Ek weet hoe die vis smaak, want ek het dit voorheen in Richardsbaai, Suid-Afrika geproe. Dit bied 'n uitsonderlike en smaaklike eetervaring en jy kry dit selde op die rakke in ons winkels,” sê hy.

Leon Krause, eienaar van ‘n hengelwinkel op Hentiesbaai, sê hengelaars sal alles gee vir 'n vangs soos die.

“Dit is selde dat so ‘n vis in ons waters gevind word en die vangs is beslis ‘n droom vir elke hengelaar. Die manier waarop hy dit gedoen het, is ook uitsonderlik.”

Similar News

 

Grumpy’s fishing report

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

TIDES

1 week ago - 14 January 2020 | Fishing

Tuesday, 14 January High 05:59 Low 12:00 High 18:17 Low 00:12 Wednesday, 15 January High 06:46 Low...

Grumpy’s fishing report

1 week ago - 14 January 2020 | Fishing

Another excellent week of fishing for anglers along our coastline it was indeed. Vierkantklip really surprised everybody with some incredible catches? Monster fish...

TIDES

2 weeks ago - 07 January 2020 | Fishing

Tuesday, 7 January Low 06:48 High 13:13 Low 19:25 High 01:53 Wednesday, 8 January Low 07:35...

Grumpy’s fishing report

2 weeks ago - 07 January 2020 | Fishing

The year is not so new anymore. However, I want to start by wishing all fellow anglers tight lines and good catches for this year....

Kabeljou kraai koning op Henties

3 weeks ago - 31 December 2019 | Fishing

Hentiesbaai • [email protected] Familiegeleenthede was aan die orde van die dag en oudergewoondte het die Windhoek Draught Hengelbonanza weer op 26 Desember...

TIDES

3 weeks ago - 31 December 2019 | Fishing

Tuesday, 31 December High 06:38 Low 12:33 High 18:46 Low 00:37 Wednesday, 1 January High 07:22 Low...

’n Halwe kabeljou aan die hoek

1 month - 24 December 2019 | Fishing

Swakopmund • [email protected] In baie gevalle is ’n halwe glo beter as niks, maar nie vir Chrisjan Potgieter nie. Dié hengelaar het ’n...

Grumpy’s fishing report

1 month - 24 December 2019 | Fishing

The coastal towns are full of friendly anglers that arrived from all corners of the country. However, fishing was a bit tricky, especially at Paaltjies....

Latest News

Kudus aiming for 7s glory

1 day - 22 January 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] A group of 14 First National Bank (FNB) Kudu Rugby Club players and two officials departed for the Swartland...

Langasems maak reg vir aksie

1 day - 22 January 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Bay Road Runners wil die jaar op ’n vinnige pas afskop met die klub se eie en eerste byeenkoms vir hardlopers langs...

Onderwys is die ruggraat van...

2 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Geestesiektes: Breek die stigmas af...

2 days ago - 21 January 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Mense moet opgevoed word oor die verskeie mites rondom geestesiekes. Só sê me. Ilanza Klein (29), ’n aktivis wat haarself vir die...

These are Swakop’s top healthy...

2 days ago - 21 January 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Hero Multisave Supermarket emerged as the top butchery, Mobi Soft Serve as the top mobile kiosk and Museums Café as the...

Pushing beyond existing boundaries

2 days ago - 21 January 2020 | Business

According to Maersk, drilling operations planned for its Angola-Namibia campaign will be done at a world record water depth. Maersk said that the well in...

Grumpy’s fishing report

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

Housing market remains under pressure

3 days ago - 20 January 2020 | Infrastructure

According to Ruusa Nandago, FNB Group Economist and author of the FNB Residential property report released on 16 January 2020, the index reached a historic...

Load More