Toerismebedryf teiken Namibiërs

Met die totstilstandkoming van die toerisme- en gasvryheidsbedryf, is talle Namibiërs hul werk kwyt.

09 June 2020 | Tourism

Heiko Dörgeloh; Voorsitter Destination Swakopmund; “Byna almal moes salarisse aanpas of tot 50% van hul werknemers afdank.”

Swakopmund • [email protected]





Die toerisme- en gasvryheidsbedryf sit sedert die toepassing van inperkings in Maart vanjaar met hul hande in hul hare.

Heiko Dörgeloh, ’n direkteur verbonde aan About Africa asook die voorsitter van Destination Swakopmund, sê daar lê nog donker dae vir die bedryf voor.

“Die oomblik toe ons grense vir besokers gesluit het, het die spreekwoordelike bom vir die gasvryheidsbedryf gebars.”

Dörgeloh skat die bedryf verloor in geheel elke dag ongeveer N$70 miljoen sedert die instelling van inperkings. Hy voeg by dat die daaglikse finansiële impak van fase 3 inperkings nie so skadelik is nie.

Dörgeloh meen voorts plaaslike toerisme moet as reddingsboei ingespan word. Dus het hy en twee kollegas die “Local Tourism is Lekker”-veldtog van stapel gestuur.

Dié veldtog het dit ten doel om wenke te deel sodat besighede aan die gang kan bly te midde die huidige uitdagings wat die Koronavirus meegebring het.

Volgens die toerismekenner moet Namibiërs nou intree om hul landsgenote in die bedryf by te staan.

“Elke Namibiër wat nou toerisme ondersteun moet weet dat hy direk brood op ’n ander se tafel sit. Dieselfde geld vir amper elke bedryf. Landsgenote wat nou die bedryf bo hou, gaan ons kostes dek en almal sal dankbaar wees. Ongelukkig is dit ’n feit dat ons nog steeds baie afhanklik is van internasionale toerisme,” sê hy.

Talle besighede in die bedryf moes in die afgelope paar maande salarisse verklein of personeel afdank om die pot aan die kook te hou. Die Hansa Hotel op Swakopmund is byvoorbeeld genoodsaak om 30 van hul 48 personeellede te laat gaan, terwyl die BON groep hul deure in Namibië gesluit het en Safari Lodges 177 werknemers die deur moes wys.

Dörgeloh wys egter daarop dat hierdie besighede geen uitsondering is nie. “Byna almal moes salarisse aanpas of tot 50% van hul werknemers afdank,” sê hy.

Gondwana Collection Namibia het die onmoontlike verrig en tot dusvêr nog geen massa-afdankings aangekondig nie.

Uitvoerende hoof Gys Joubert, sê goeie voorsorgmaatreels het die voortbestaan van sy span van ongeveer 1 000 mense gered.

“Die Gondwana Collection is bevoorreg om tans in ’n stabiele finansiële posisie te wees te danke aan ’n sterk besigheidsmodel, konserwatiewe finansiële bestuur en ’n gesonde balaansstaat.”

Joubert glo Gondwana se werknemers kan tot die einde van die jaar onderhou word. Sou die toerismebedryf egter nie gou hervat nie, sal aanpassings gemaak moet word.

Ten spyte van die huidige stand van sake, glo Dörgeloh daar is lig aan die einde van die tonnel.

“Die feit dat ons Covid-19 syfers nie vreeslik hoog is nie, is iets wat ons kan help om die paniek onder ons toeriste te stil. Ons het ook spasie en ons bevolking is nie dig nie, so dit help ons baie.”

Volgens Dörgeloh sal die toerisme- en gasvryheidsbedryf ten minste tot die einde van die jaar nog onder die impak van die Koronavirus gebukkend gaan.

Similar News

 

Accommodation restrictions scrapped for tourists

1 week ago - 09 September 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Namibia has relaxed the strict requirements for travelling to the country, scrapping a previously introduced seven-day residence requirement as a...

NWR looks to the future

1 week ago - 08 September 2020 | Tourism

The Namibian tourism industry is currently experiencing one of its biggest challenges in recorded history and memory. As with all companies in Namibia and the...

Tourism needs clarity; record low in bed nights

4 weeks ago - 23 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] is considered to be the beginning of Namibia’s high tourism season. While there was an average bed occupancy of almost 60% in...

Toerisme bedryf se kommer aangespreek

1 month - 04 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

Doing it the 'Segway'

1 month - 28 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] business idea for Eco-Gliding Tours originated from her prior travel experiences, explains owner Kula Muatunga (24). “I have travelled quite a bit...

Could you be Namibia’s Tourist of the Year?

1 month - 25 July 2020 | Tourism

If you love creating videos and sharing them on social media platforms, you stand the chance of not only winning a great prize, you can...

Prepare, wait and see

1 month - 25 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] “Prepare and wait.”This is the conclusion of a five-page letter that the Tour and Safari Association of Namibia (TASA) sent to...

Tourism sector seeks clarity

1 month - 22 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] “The delay in setting a date for reopening the country’s borders to tourism, as well as clarity surrounding government promises of...

Vrot diens saboteer toerisme

2 months ago - 23 June 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Die gehalte van kliëntediens is ’n groot probleem wat juis nou aangespreek moet word, sê Paul Ndjambula, mede-eienaar van Swakop...

Long weekends and discounts promote ‘wanderlust’

3 months ago - 28 May 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Latest News

Kauhaie wins the crown

20th of September 17:36 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Kauhaie was crowned Miss Teen Swakopmund 2020 during the final hosted at The Loft on Saturday evening.She said that she was overjoyed...

Weekend marred by rape and...

20th of September 17:27 | Crime

Walvis Bay • [email protected] It was a bloody weekend for the Erongo region, with an alleged gang rape and a murder reported in the first...

Mine employee collapses, dies

20th of September 17:19 | Local News

An employee of the CGN Swakop Uranium mine passed away after he collapsed while working at the mine on Saturday, chief executive Cai Yusheng confirmed....

Lower grades back to school...

23 hours ago | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade four, five and six learners were welcomed back at school on Monday. Government schools have opted to divide...

Learn to mask it!

1 day - 19 September 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Swakopmund Scientific Society (SSS) announced that it will host a mask-making workshop.According to the SSS’s public relations officer (PRO) Irina Ivanova, both...

More recoveries, three Covid-19 deaths

1 day - 19 September 2020 | Health

The deputy minister of health and social services Dr Eshter Muinjangue announced 85 new Covid-19 cases, 109 recoveries and three deaths. Muinjangue said that 1...

More Covid-19 recoveries recorded

2 days ago - 18 September 2020 | Health

The deputy minister of health and social services Dr Esther Muinjangue announced 114 new Covid-19 cases as well as 183 recoveries on Thursday. Muinjangue said...

Some restrictions to remain in...

2 days ago - 18 September 2020 | Health

Walvis Bay •[email protected] With the State of Emergency regulations coming to an end, a number of regulations will either remain in force or be discontinued....

State of emergency ends

2 days ago - 17 September 2020 | Government

President Hage Geingob announced that the State of Emergency will not be extended upon expiration at midnight on Thursday. The State of Emergency was declared...

Load More