Toerisme bedryf se kommer aangespreek

’n Aanlynpetisie pleit vir die opheffing van Covid-19-inperkings ten goede van die toerisme bedryf.

04 August 2020 | Tourism

Romeo Muyunda; Ministerie van die omgewing; “…die virus is ’n werklikheid, maar die sektor se kommer is geldig.”

Swakopmund • [email protected]





Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste weens Covid-19.

’n Inwoner van Swakopmund, Christina Synott, het egter besluit genoeg is genoeg. Sy het ’n aanlynpetisie begin wat daarop aandring dat Covid-19-inperkings opgehef word en dat Swakopmund vir toerisme moet heropen om dit van ’n “’n gewisse ondergang” te red.

Teen verlede week was daar reeds 270 mense wat die elektroniese petisie geteken het.

“Ons waardeer julle sorge vir ons gesondheid en dat julle ons teen Covid-19 wil beskerm, maar die industrie versmoor en ons kan nie langer oorleef sonder ’n inkomste nie,” voer Synott aan in ’n brief wat aan Erongo se goewerneur, Neville Andre, gerig is.

Sy het bygevoeg dat talle besighede reeds gedwing is om af te skaal of besig is om ten gronde te gaan weens Covid-19-inperkings. “Laat ons ten minste toe om plaaslike toeriste in te kry as ons nie internasionale besoekers kan ontvang nie,” skryf Synott.

Andre het op Synott se skrewe gereageer en haar na die ministerie van die omgewing verwys.

Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het egter gesê hy dra nie kennis van enige petisie nie. “Ek is nie seker of ons die petisie amptelik ontvang het nie. Indien ons dit ontvang, sal ons daarna kyk en die voorwaardes opweeg.”

Muyunda het ook gesê hy simpatiseer met die bedryf en die situasie waarin dit tans is.

Aanbevelings

Hy het egter beklemtoon dat die ministerie nie hande gevou sit terwyl Jan Alleman swaarkry nie.

“Daar is reeds maatreels getref vir die sektor en die ministerie het met belanghebbendes bespreek oor hoe die plaaslike toerisme bedryf op ’n veilige manier oopgestel kan word,” sê hy.

Hy vra egter dat die bedryf vasbyt. “Ek sou die sektor aanraai om net nog ’n bietjie geduld te hê.”

Muyunda verduidelik dat planne reeds opgestel is.

“Natuurlik wil ons graag toerisme oop sien. Ons het aanbevelings aan die regering gemaak. Dit is nou uit ons hande, maar ons hoop dat ons ’n balans kan vind. Die virus is ’n werklikheid, maar die sektor se kommer is ook geldig.”

Die ministerie het tot op hede geen tydsberaming vir die implimentering van hul voorstelle gegee nie, het Muyunda bygevoeg.

Plan vir toerisme

’n Plan om ’n doelgerigte herlewingsinisiatief vir internasionale toerisme in samewerking met lede van die bedryf te voer, is op koers.

Die regering was aanvanklik van plan om die inisiatief op 15 Julie 2020 te loods. President Geingob het verlede week gesê die inisiatief is na ’n lang konsultasieproses goedgekeur en teen gister (3 Augustus) sou afskop.

Besonderhede rakende die voorwaardes van die plan moes nog afgehandel word deur ’n nasionale taakspan wat saamgestel sal word deur die verantwoordelike minister en verteenwoordigers van die sektor en sleutelinstellings.

“Die modaliteite is noukeurig onderhandel en daar is ooreengekom om die toerisme sektor te stimuleer en openbare gesondheid te beskerm. Deurlopende beoordelings sal gedoen word wat die voorbereidings vir die heropening van toegangspunte in fase 5 sal inlig en versterk,” het die president gesê.

Aanduidings is dat toeriste nie aan ’n verpligte kwarantyn onderworpe sal wees nie. Daar sal egter van hulle verwag word om vir ’n tydperk van 7 dae by hul eerste bestemming in die land te bly.

“’n Toets sal in hierdie tydperk afgelê word en toeriste sal toegelaat word om op die sewende dag met hul vakansie voort te gaan, mits die toetsuitslag negatief is,” het die president gesê.

Similar News

 

Accommodation restrictions scrapped for tourists

2 weeks ago - 09 September 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Namibia has relaxed the strict requirements for travelling to the country, scrapping a previously introduced seven-day residence requirement as a...

NWR looks to the future

2 weeks ago - 08 September 2020 | Tourism

The Namibian tourism industry is currently experiencing one of its biggest challenges in recorded history and memory. As with all companies in Namibia and the...

Tourism needs clarity; record low in bed nights

1 month - 23 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] is considered to be the beginning of Namibia’s high tourism season. While there was an average bed occupancy of almost 60% in...

Doing it the 'Segway'

2 months ago - 28 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] business idea for Eco-Gliding Tours originated from her prior travel experiences, explains owner Kula Muatunga (24). “I have travelled quite a bit...

Could you be Namibia’s Tourist of the Year?

2 months ago - 25 July 2020 | Tourism

If you love creating videos and sharing them on social media platforms, you stand the chance of not only winning a great prize, you can...

Prepare, wait and see

2 months ago - 25 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] “Prepare and wait.”This is the conclusion of a five-page letter that the Tour and Safari Association of Namibia (TASA) sent to...

Tourism sector seeks clarity

2 months ago - 22 July 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] “The delay in setting a date for reopening the country’s borders to tourism, as well as clarity surrounding government promises of...

Vrot diens saboteer toerisme

3 months ago - 23 June 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Die gehalte van kliëntediens is ’n groot probleem wat juis nou aangespreek moet word, sê Paul Ndjambula, mede-eienaar van Swakop...

Toerismebedryf teiken Namibiërs

3 months ago - 09 June 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Die toerisme- en gasvryheidsbedryf sit sedert die toepassing van inperkings in Maart vanjaar met hul hande in hul hare. Heiko...

Long weekends and discounts promote ‘wanderlust’

4 months ago - 28 May 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Latest News

Walvis Bay represented at Miss...

27th of September 11:04 | Events

Walvis Bay •[email protected] Former Miss Walvis Bay Monique Smith is a semi-finalist in the prestigious Miss Supranational Namibia beauty pageant slated to take place on...

Laptop thieves on the prowl

27th of September 11:00 | Crime

Swakopmund • [email protected] Police in the Erongo region have called on the public, especially shop owners, to be on their guard against a new...

Hotto switch to Pirates

27th of September 10:56 | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Celebrating black women

27th of September 10:50 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Eighty three Covid positive cases...

13 hours ago | Infrastructure

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that a total number of 1 075 results were received from the laboratories. Shangula said...

Ninety-five new Covid cases, 87...

1 day - 25 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 95 new Covid-19 cases and 87 recoveries on Friday afternoon. Shangula said that no...

Girls cricket action at the...

1 day - 25 September 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] practicing contact sports has been allowed after the end of the State of Emergency, more sporting events are expected to start at...

Golf with a heart

1 day - 25 September 2020 | Sports

The Nedbank for Autism Golf Series will commence this weekend, aiming to raise funds and awareness for the Autism Association of Namibia. The event which...

Covid screening and isolation facility...

1 day - 25 September 2020 | Health

Walvis Bay Sanlam handed over an 8-bed Covid-9 screening and isolation facility to the ministry of health and social services in Walvis...

Load More