Toekenningsproses van huise bevraagteken

Inwoners van Omaruru vra dat daar ondersoek ingestel word na die toekenningsproses van huise wat onlangs onder die vaandel van ’n behuisingskema opgerig is.

22 September 2020 | Infrastructure

Daniel Njenda; Inwoner; “...van die begunstigdes op die oorspronklike lys, nog op ’n antwoord van die munisipaliteit...”

Omaruru







Lede van ’n groep inwoners van die enkelkwartiere op Omaruru, het die kantoor van die goewerneur genader om verskeie klagte onder sy aandag te bring.

Hulle het reeds op 3 September ’n lys bekommernisse aan sy kantoor oorhandig.

Volgens een van die groeplede, mnr. Daniel Njenda, is 25 mense wat in die enkelkwartiere woon, goedgekeur as begunstigdes van 25 nuwe huise wat onder die massabehuisigingsprojek gebou is.

“Hulle name is op ’n lys wat in 2013 deur die munisipaliteit van Omaruru opgestel is en deur die destydse uitvoerende hoof van die dorp, mnr. Edward Ganaseb, onderteken is. Ons glo dat hierdie oorspronklike lys aan die ministerie [van stedelike en landelike ontwikkeling] deurgegee is.”

Die groep het gesê hulle het met kommer kennis geneem dat die kantoor van die burgemeester en die komitee verantwoordelik vir die toekenning van die huise, na bewering met die oorspronklike lys wil peuter.

Twee lyste

Volgens die groep is ’n nuwe lys saamgestel en hulle beweer dat huise toegeken is aan persone wat familielede en vriende van politieke beamptes van die dorp insluit.

Sommige “onwettige” begunstigdes het blykbaar reeds kontrakte geteken met ander wat reeds die huise bewoon, ondanks die afwesigheid van water- en elektrisiteitsverbindings.

“Die konstruksieproses van ’n aantal betrokke huise is voltooi, terwyl ander nog in wording is. Agtien mense (sommige waarvan die name nie op die oorspronklike lys verskyn nie) het reeds kontrakte en sleutels ontvang terwyl van die begunstigdes op die oorspronklike lys, nog op ’n antwoord van die munisipaliteit wag,” het Njenda gesê.

“Al wat ons vra, is dat die regte prosedures gevolg word en dat huise aan die regmatige eienaars toegeken word volgens die oorspronklike lys. Daar kan nie twee lyste wees nie. Ons kan nie toelaat dat nog ’n Katrina Hanse-Himarwa voorval hier op Omarur herhaal word nie,” het hy gepleit.

Pogings om die burgermeester van die dorp, mev Gebhard Tuli, vir kommentaar te kontak, was onsuksesvol.

Intussen het Erongo goewerneur mnr. Neville Andre gesê hy het nog nie die geleentheid gehad om die bewerings deur die ontevrede inwoners in die enkelkwartiere te ondersoek nie.

“Ek het nog nie die brief ontvang of gesien nie.”

Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Derek Klazen, het by navraag gesê dat hy nie bewus is van die aantuigings wat teenoor lede van die die kantoor van die burgemeester in Omaruru gemaak word nie. Mnr Klazen het egter onderneem om die kwessie te ondersoek.

Dokumentasie

Beskikbare dokumentasie dui aan dat die oudministerie van streeks- en plaaslike regering, behuising en landelike ontwikkeling, in 2010 N$967 000 beskikbaar gestel het vir die bou van huise onder die Saambouprojek.

Destyds het die ministerie die raad aangeraai om die goedgekeurde aansoekers te betrek om vas te stel of hulle wil hê dat die streeksraad / plaaslike owerhede ’n kontrakteur moet kies of hulle dit self wil doen.

Die ministerie het toe ook voorgestel dat die streeksraad / plaaslike owerhede ’n veel goedkoper opsie sou hê om die materiaal aan te koop en dan die arbeid te bekom op grond van mededingende versoeke vir kwotasies.

“Die beoogde begunstigdes moet betrokke wees by die keuse [van kontrakteur] en instem tot die huisontwerp sowel as die onderhandelingsproses,’ het die permanente sekretaris van MURD, mnr. Daniel Nghidinua, toe geskryf.

Die voltooide huise is daarna in 2013 gesloop omdat dit van lae gehalte was en as onbewoonbaar verklaar is voordat die nuwe huise toe gebou is.

Similar News

 

Transforming the transport industry

2 days ago - 20 October 2020 | Infrastructure

The transport industry is traditionally perceived to be male-dominated, with only a few female professionals present mostly in lower decision-making and administration positions. To have...

Small vessel sinks at the waterfront

4 days ago - 18 October 2020 | Infrastructure

A small wooden vessel named Lilly sunk in the shallow waters at the recreational anchorage area close to the Walvis Bay waterfront this morning at...

Construction for houses at Otweya starts

1 week ago - 15 October 2020 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] Construction of 35 houses has commenced for the Otweya fire victims in Walvis Bay. The minister of labour Utoni...

RoRo’s on a roll

1 week ago - 13 October 2020 | Infrastructure

The Namibian Ports Authority (Namport) continues to be the choice of call for Roll on Roll off (RoRo) vessels. Its strategic location gives Namibia an...

Kanime to steer Namport ship

1 week ago - 13 October 2020 | Infrastructure

The Namibian Ports Authority (Namport) will welcome new chief executive officer (CEO) Andrew Kanime on 1 November 2020 for the next five years. Kanime holds...

Operations on a roll at new container terminal

2 weeks ago - 06 October 2020 | Infrastructure

The new Namport offshore container terminal in Walvis Bay has recorded throughput of 115 146 twenty-foot equivalent units (TEUs) in just eight months since becoming...

Eighty three Covid positive cases reported

3 weeks ago - 26 September 2020 | Infrastructure

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that a total number of 1 075 results were received from the laboratories. Shangula said...

Louw ­re-elected as CLOF chairman

1 month - 22 September 2020 | Infrastructure

Martin Louw (Macs) was re-elected as the chairperson of the Container Liners Operators Forum (CLOF). Armando Legner (CMA-CGM) was elected as vice-chairperson and Waldi...

Namport updates Covid-19 procedures

1 month - 22 September 2020 | Infrastructure

Walvis Bay port captain Lukas Kufuna announced some changes to the Covid-19 induced rules pertaining to foreign seamen on Friday. Kufuna said since the State...

Sustained price increases for homes in Erongo

1 month - 12 September 2020 | Infrastructure

The FNB House Price Index posted a contraction of 2.7% y/y at the end of June 2020, compared to contractions of 5.6% and 3.7% y/y...

Latest News

Sakkie Tsam in the spotlight...

22nd of October 21:23 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund born and bred musician Sakkie Tsam officially kick-started his solo music career with the release of his single Nâma...

BC Stone management responds to...

2 hours ago | Labour

Walvis Bay • [email protected] Employees of BC Stone Products Namibia handed over a petition to their management, highlighting grievances pertaining to the company’s...

Land for SDFN

2 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Five new Covid cases in...

2 hours ago | Health

Health minister Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid-19 cases and 22 recoveries. He said that 1 061 results were received from the laboratories and...

AgriPitch deadline dead ahead

3 hours ago | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

Covid-19 regulations relaxed

8 hours ago | Health

A number of new regulations have been put in place to further curb the spread of Covid-19 in Namibia. The minister of health and social...

Protect your identity at all...

9 hours ago | Crime

Although governments worldwide continue to invest in security measures to fight identity theft by implementing strict regulations, this development does not mean that consumers are...

Intruder rapes woman in her...

9 hours ago | Crime

The Erongo regional police are investigating a case of housebreaking and a second case of rape in Walvis Bay. Deputy commissioner Erastus Ikuyu said...

Erongo registers five new Covid...

12 hours ago | Health

The minister of health Kalumbi Shangula announced 39 new Covid cases, 59 recoveries and another Covid-19 death reported in Walvis Bay. Shangula said that...

Load More