The Dome bied alternatief vir skoolverlaters

Die lang verwagte matrikulasie van twee klasgroepe volg ná die oorgang na die nuwe leerplan en sal glo ’n bottelnek by tersiêre instansies veroorsaak.

17 November 2020 | Local News

Lourens van Wyk; Sielkundige; “Dit (’n Oorbruggingsjaarprogram) gaan gepaard met ’n verminderde uitvalsyfer.”

Swakopmund • [email protected]











The Dome het onlangs planne rakende ’n oorbruggingsjaarprogram aan veterane in onderwys in die Erongostreek voorgelê.

“Ons wil graag van die mense hoor wat ons skoolverlatende kinders die beste ken en weet wat hulle nodig het, waar ons kan verbeter,” het mnr. Fanus Engelbrecht, die uitvoerende hoof van The Dome, aan die groep van ses opvoeders gesê.

Volgens mnr. Lourens van Wyk, die direkteur van die program en The Dome se sportsielkundige, is die gemiddelde Namibiese matrikulant nie gereed vir die wêreld buite die klaskamer nie.

“Meeste skoolverlaters is eenvoudig net nie toegerus om die lewe van ’n volwassene te kan hanteer nie en dit kom teen ’n emosionele en finansiële prys vir ouers,” voer Van Wyk aan.

Hy is van mening tersiêre opvoedingsinrigtings moet voorkeur gee aan aansoekers wat ’n oorbruggingsjaarprogram gedoen het.

“Dit gaan gepaard met ’n verlaagde uitvalsyfer,” sê hy.

Deelnemers aan The Dome se program sal vir die eerste drie maande ’n basiese induksieproses ondergaan waarna hulle moet kies tussen ’n sport-, entrepreneurs- of algemene fokus.

Die volledige program is egter daarop gemik om sport, avontuur, beroepsvoorligting, entrepreneursopvoeding, beroepsopleiding en lewensafrigting aan te bied.

Mnr. André Ross, die eienaar van Ripples Adventures, sal ook die deelnemers bystaan terwyl hulle - as deel van hul induksie - vier dae lank in die woestyn moet oorleef.

“Hier gaan ons die kinders beter leer ken. Ons gaan hulle van alles behalwe die nodigste stroop, want dit is juis wanneer hul ware kleure wys. Ons gaan kyk hoe hulle op stres reageer en hul karakter ontleed sodat ons die beste spanne bymekaar kan sit,” sê hy.

Engelbrecht het ook ’n ander avontuur in gedagte; die “bou ’n besigheid”-uitdaging vorm ook deel van die program.

“Ons gaan vir elkeen N$1 gee en hulle uitdaag om ’n besigheid te begin. Dit is nogal verbasend wat daaruit kom.”

Van Wyk voeg by individuele sielkundige aandag word ook aan deelnemers gegee.

“Ons almal word gebore en moet dan vir onsself uitvind hoe die wêreld werk en ons doen dit deur ondervinding. Ongelukkig het almal nie dieselfde ondervinding nie en baie van die deelnemers aan hierdie program kan dalk probleme ondervind as gevolg van kindertrauma. Ons wil dit aanspreek om hulle die beste weergawe van hulself te maak,” sê hy.

Me. Ronel Louw, ’n onderwyser, praat met lof van die program.

“Ek dink hulle het ’n wenkonsep hier beet.”

Mnr. Xvarius Smit van The Dolphin Schools op Walvisbaai glo The Dome moet woeker en hul idee so gou as moontlik aan skoolverlaters voorlê.

“Hierdie is beslis die beste opsie op die beste tyd,” sê hy.

Similar News

 

IPC fills top Walvis municipal seats

9 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

‘Vir haar wil ek ’n standbeeld bou’

1 day - 30 November 2020 | Local News

Swakopmund – [email protected] “Ek wil vir haar ’n standbeeld bou. Hierdie dapper, onselfsugtige mamma wat haar baba so oneindig liefhet dat sy alles op...

Seidler shares his expertise

6 days ago - 25 November 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 week ago - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

Hospital being expanded

1 week ago - 23 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner “This facility will make a huge difference in the Erongo region, especially in terms of new born survival. This is...

Ballot papers for Karibib constituency to be reprinted

1 week ago - 22 November 2020 | Local News

Karibib The chief electoral and referenda officer of the Electoral Commission of Namibia (ECN), Theo Mujoro, has told political parties and candidates contesting the...

Swakop calls for increased ErongoRED shareholding

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner The municipality of Swakopmund is demanding more shareholding in the regional electricity supplier ErongoRED.In light of this, town council instructed...

Swakopmund sets up a tourist protection unit

1 week ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than five years after the closure of the tourist police office in Swakopmund, town council has decided on a...

Latest News

CAN says thank you

3 hours ago | Society

The Cancer Association of Namibia (CAN) officially wraps up its annual schedule this week.“Many important annual events and programmes could not take place this year...

Kersfees kom vroeg met laer...

3 hours ago | Energy

Goeie nuus vir motoriste is dat die pryse van petrol en diesel volgende week daal.Volgens die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, mnr....

IPC fills top Walvis municipal...

9 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) took charge of what is regarded as the key positions in the Walvis...

Residents demand land and housing...

10 hours ago | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] members of the Swakopmund Housing for All group handed over a petition at the Swakopmund municipality after a peaceful march from the...

Food Fest kom weer ...

22 hours ago | Events

Swakopmund • [email protected] Verlede jaar se Nedbank Food Fest het feesgangers op ’n geurige reis oor die hele wêreld geneem. Fest-organiseerder, Dalene...

Kom maak Geraas Oppie Koppie...

22 hours ago | Events

Spitzkoppe • [email protected] Na vanjaar se Spitzkoppe Rockfees weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is, is daar ’n nuwe geleentheid vir musiekliefhebbers op die...

Clinic in the centre of...

22 hours ago | Health

Advertorial Swakopmunder Baby and Wellness Clinic opened its doors on 1 June 2019. The clinic is located in Sam Nujoma Avenue, a block away from...

TIDES

22 hours ago | Fishing

Tuesday, 1 December High 03:53 Low 09:34 High 15:54 Low 21:55 Wednesday, 2 December ...

Grumpy’s fishing report

22 hours ago | Fishing

The full moon always brings some good luck for anglers as it results in the high tide being super high and the opposite happens for...

Load More