Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

Gevalle kan tot 6 000 styg

25 July 2020 | Health

Walvisbaai · [email protected]



Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en kontakte te isoleer nie.

Walvisbaai is tans die land se episentrum van die pandemie.

“Nóg kwarantyn, nóg isolasie werk nou,” sê mnr. Anton Pretorius, direkteur van Namdock en lid van Erongo Region Corona Care (ERCC).

Die verslag wat Pretorius onder andere aan die ministerie van gesondheid voorgelê het, voorspel dat die aantal bevestigde gevalle in Walvisbaai teen die einde van vandeesmaand meer as 2 200 sal bereik.

Die beramings is gebaseer op die bevolkingsdigtheid van Kuisebmond met 5 000 inwoners per vierkante kilometer.

Hiermee saam word die omstandighede in die Twaloloka-nedersetting in ag geneem wat volgens die verslag “erger as 'n passassierskip of 'n gebou met verskeie verdiepings” is.

In dié oorbevolkte woonbuurt word toiletgeriewe gedeel, lopende water is nie beskikbaar nie en inwoners maak van kommunale vervoer gebruik.

Volgens Pretorius se “baie konserwatiewe skatting” sal Walvisbaai se gevalle teen einde Augustus die 6 000-kerf verbygesteek het. Hierdie eksponensiële groei in gevalle het sedert 26 Junie weens gemeenskaps¬oordrag begin plaasvind.

Met verwysing na die isolasie van positiewe gevalle sê Pretorius 'n maksimum van 500 beddens is beskikbaar, met van die gevalle wat “in die gemeenskap” is, omdat daar nie vir hulle plek beskikbaar is nie.

Met geen isolasiebeddens wat beskikbaar is nie, gaan positiewe gevalle weer “daagliks” in die gemeenskap opbou.

'n Opsie is om alle kwarantyngevalle te ontslaan en die beddens eerder vir isolasie te gebruik. Beraam teen die beskikbare 500 beddens en huidige gevalle sal teen einde Augustus 4 500 beddens vir isolasie nodig wees.

Pretorius maan die protokol vir twee negatiewe toetse voordat 'n persoon uit kwarantyn kan kom, moet verander word.

Volgens riglyne van die Wêreldge¬sondheidsorganisasie (WHO) wat reeds in Mei verander is, kan 'n persoon uit kwarantyn gaan 10 dae ná die aanvang van simptome, of dan 13 dae in isolasie sonder om weer getoets te word as hy/sy gesond is.

Met verwysing na onkoste betrokke in die isolering van gevalle beraam Pretorius 'n uitgawe van N$30 miljoen vir twee maande vir beddens, matrasse, toilette en storte. Etes teen N$6 000 per persoon vir dieselfde tydperk word op N$133 miljoen beraam en die huur van tente en geriewe N$3 miljoen en meer.

“Waar is die plek hiervoor?” vra Pretorius.

“Om die bogenoemde geriewe teen 'n toenemend stygende pas weens die eksponensiële groei te skep, is nie lewensvatbaar nie. Geriewe verg tyd om te skep en beddens en matrasse moet gesoek en vervaardig word,” het hy gesê.

Hy beklemtoon die geweldige finansiële implikasie wat dit inhou. Hy verwys na oorgangsale wat eerder geskep word waar mense met simptome gehou word om te kyk hoe ernstig siek hulle is.

Die fokus val dan volgens hom eerder op dié wat siek is.

Volgens Pretorius het die WHO riglyne vir selfisolasie en kwarantyn. Inwoners wie se geriewe nie in lyn hiermee geskik is nie, kan volgens hom uit die gemeenskap ontruim word.

“Dit is eintlik eenvoudig – isoleer vir 10, 15 of 20 dae.”

Volgens hom bereik simptome tussen dag 4 en 6 'n hoogtepunt. Met verwysing na pasiënte wat hoëvloei-suurstof (high flow oxygen) nodig het, stel Pretorius voor hulle word eerder gehuisves in isolasiegeriewe wat tans gebruik word deur mense wat nie werklik siek is nie."

Twee weke ná die styging in gevalle begin al hoe meer positiewe gevalle simptome wys en suurstof word volgens hom al hoe meer nodig vir gevalle wat van matig tot ernstig oorgaan.

Volgens Pretorius het die ECC eiendom op Walvisbaai wat met hospitaalbeddens toegerus kan word en wat reeds afsonderlik in afdelings vir mans en vroue omskep is. Afhangend van die uitleg kan dit 275 beddens vir isolasie of 225 beddens vir hospitalisasie huisves.

Die begroting vir die beddens, ablusiegeriewe en afskortings word beraam op N$2 miljoen vir 225 beddens, terwyl die installering van suurstof by elke bed op N$3 miljoen geskat word.

Die geriewe kan volgens hom vir isolasie gebruik word as 'n tydelike reëling afhangend van die styging in ernstige gevalle.

Similar News

 

Sixty-four new cases

19 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Another life lost to Covid

1 day - 03 August 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced another Covid-19 death today, saying that the man (49) was admitted to the Windhoek...

No Covid-19 deaths reported today

2 days ago - 02 August 2020 | Health

A total of 766 Covid-19 test results were received from NIP and Pathcare laboratories over the past 24 hours, the minister of health and social...

Another life lost to Covid-19

3 days ago - 01 August 2020 | Health

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that another live was lost due to Covid-19 today. This brings the number of Covid-19...

New Covid-19 quarantine, isolation regulations

4 days ago - 31 July 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced new regulations pertaining to quarantine and isolation of Covid-19 patients. The minister...

One more death, 60 recoveries

5 days ago - 30 July 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced that Windhoek recorded its first death due to Covid-19. “A 41-year old man presented...

Covid patients to be released quicker

5 days ago - 30 July 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The deputy minister of health and social services Ester Muinjangue said on Wednesday that some patients being quarantined for...

Another Covid death reported in Walvis Bay

6 days ago - 29 July 2020 | Health

The minister of health Dr. Kalumbi Shangula announced that another Covid-19 related death occurred in Walvis Bay. He said that the deceased – a female...

Health minister emphasises self-care

1 week ago - 28 July 2020 | Health

Namibia recorded 74 new Covid-19 cases, with positive cases being registered in almost every region of the country. Three recoveries (Cases 292, 306 and 315)...

No deaths, more recoveries

1 week ago - 27 July 2020 | Health

The minister of health Dr Kalumbi Shangula announced that a record number of 1 295 Covid-19 test results were received over the past 24 hours....

Latest News

Mother sacrifices her life in...

18 hours ago | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Ministry of defence rubbishes bogus...

19 hours ago | Ministries

Audio and video footage that has been circulating on social media claiming that Chinese soldiers have entered into Namibia, are untrue.“There is no iota of...

Sixty-four new cases

19 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Majority of police station attackers...

1 day - 04 August 2020 | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Maskers vir bewaring

1 day - 04 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

Toerisme bedryf se kommer aangespreek...

1 day - 04 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

No electricity tariff increases for...

1 day - 04 August 2020 | Energy

Walvis Bay Erongo RED announced a weighted average tariff adjustment of -1.6% in compliance with approval from the Electricity Control Board (ECB). This is...

Navigational warning issued

1 day - 04 August 2020 | Infrastructure

Port captain Lukas Kaufuna issued a written navigational warning to all vessels tied up in the commercial harbour regarding the seasonal surge currently experienced. Swell...

We are in this together...

1 day - 04 August 2020 | Local News

Walvis Bay “EBH with its large and long-serving local workforce are extremely concerned by the effects and ramifications of this on...

Load More