Stryd teen Corona ver van verby

Verdere maatreëls kan keer dat ’n volgende golf van infeksies volg.

08 September 2020 | Local News

Neville Andre - Streekgoewerneur - “Ons moet ’n tweede golf van infeksies verwag en ons daarop voorberei.”

Swakopmund • [email protected]







Die stryd teen die coronavirus is nog ver van verby, waarsku die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre.

“Hoewel maatreëls om die verspreiding van die virus te beperk, verslap is in ons streek wat eens as die episentrum in die land beskou is, duur die stryd voort,” het Andre gesê.

Hy het inwoners gemaan om waaksaam te bly.

“Hierdie virus is slinks en soos regoor die wêreld gesien kan word, moet ons ’n tweede golf van infeksies verwag en daarop voorberei. Ons het nou die kans om ons reaksiestelsels te hersien en te verskerp, sou dit nodig wees.”

Andre het bygevoeg dat harde en waardevolle lesse geleer is wat nou tot voordeel van die streek sal wees met betrekking tot gereedheid.

“Net so word ons nou gekonfronteer met die werklikhede rakende ons ekonomie. Ons moet nou daarop fokus om dit te stimuleer en te herbou.”

Voorkoming beter as genesing

Die direkteur van gesondheid in die streek, me. Anna Jonas, het beaam dat ’n tweede golf van infeksies voorkombaar is en het mense aangemoedig om saam te werk om dit te bewerkstellig.

“Die toekoms van die virus in die streek en watter rigting dit gaan inslaan, hang heeltemal van die publiek af. Ons kan nie ontspan nie. Nou is die tyd om verspreiding te keer.”

Jonas het ’n week gelede gesê gesondheidswerkers word teen ’n onrusbarende tempo met die virus geïnfekteer. Sy het daarop gewys dat 53 gesondheidswerkers die virus onder lede het en dat die ministerie van gesondheid die rede daarvoor probeer vasstel.

“Ons doen ’n beroep op gesondheidsorgwerkers om nie by hul werkplek saam te drom nie en fasiliteite gereeld te ontsmet totdat ons agter die kap van die byl kom.”

Publiek té ontspanne

Dr. Marita Mouton, ’n senior mediese beampte vir die ministerie van gesondheid, sê daar is ’n skerp toename in alkoholverwante beserings wat die gesondheidstelsel belemmer.

Volgens adjunkkommissaris Tobie Gerber van die Namibiese polisie is daar ook ’n merkbare toename in die aantal padgebruikers.

Hy het dit toegeskryf aan die nuutgevonde vryheid van verslapte inperkingsmaatreëls wat beweging tussen dorpe in die streek en ander dele van die land weer moontlik maak.

Gerber het ’n beroep op die publiek gedoen om net te reis as dit noodsaaklik is. Hy het bygevoeg dat 22 boetes sover uitgereik is aan padgebruikers wat die aandklokreël verontagsaam het.

Kapt. Shuumbwa, die logistieke en bedryfshoof van die Namibiese vloot, het uitgewys dat die gebruik van gesigmaskers aansienlik afgeneem het.

“Ek wil so ver gaan om te sê dat die dra van gesigmaskers van 100% tot 20% gedaal het.”

Similar News

 

Toll-free emergency number to improve service delivery

6 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Swapo nomination, verification processes under fire

22 hours ago | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

'n Tweede kans vir Swakop se haweloses

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Sjefs deel hul kennis

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Strand Hotel se kombuis is hierdie naweek vir die eerste keer vir amateursjefs en tuiskokke geopen, sodat professionele sjefs...

Swakop SPCA asks for more money

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] “The Society for the Protection of Animals (SPCA) is doing an immense amount of work and the workload has increased significantly since...

Bernard Esau Street should go

2 days ago - 28 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Affirmative Repositioning (AR) group that recently registered as a political party, is calling for the renaming of Bernard Esau Street in...

Kambueshe not in the running

3 days ago - 27 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The chairman of the Erongo regional council and the regional council member of the Swakopmund constituency, Juuso Kambueshe (SWAPO), will not...

New lift for at Antonius Residence

5 days ago - 24 September 2020 | Local News

Finally, after five decades, the lift at the Antonius-Residenz old age home in Swakopmund has been replaced by a modern elevator. The new elevator officially...

Rough seas flood Tiger Reef again

6 days ago - 24 September 2020 | Local News

A high swell hit large parts of the Namibian coast at the weekend. In Swakopmund on Saturday, Tiger Reef Beach Bar’s parking lot was...

Tempers flare at Windpomp 14

6 days ago - 23 September 2020 | Local News

Mile 14 • [email protected] The Windpomp 14 campsite outside Swakopmund was the focus of a heated debate on social media over the weekend....

Latest News

Police warn of car scammers

6 hours ago | Crime

NamPol has again warned members of the public about a syndicated seen on social media advertising second-hand vehicles for between N$15 000 and N$20 000...

Converting a garage into a...

6 hours ago | Life Style

As an unfortunate by-product of the lockdown, many households have been forced to combine owing to a loss of income.To cut costs, the easiest solution...

Toll-free emergency number to improve...

6 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund municipality announced the introduction of a new toll-free number – 064 0800 410 410 – for fire and...

Jazama nominated for coveted Sotigui

22 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Not only has actress and producer Girley Jazama raked in success with Baxu and the Giants (which she co-produced), it became...

Swapo nomination, verification processes under...

22 hours ago | Local News

Walvis Bay Sources allege that the nomination and election processes of Swapo candidates in the Erongo region for the upcoming elections are flawed.According to...

No new Covid cases...

22 hours ago | Health

There are no patients from the Erongo region amongst the 19 new Covid positive cases reported by the minister of health and social services Kalumbi...

Three new Covid cases reported...

1 day - 29 September 2020 | Health

The minister of health and social services Dr. Kalumbi Shangula, announced that 88 of 147 Covid-19 test results received from the laboratories tested positive. Of...

Goudmyn is goud werd ...

1 day - 29 September 2020 | Business

Karibib Die QKR Navachab-goudmyn werk aan strategiese projekte wat die uitbreiding van sy verwerkingsaanleg teen N$400 miljoen en die moontlike ontwikkeling van ’n ondergrondse...

'n Tweede kans vir Swakop...

1 day - 29 September 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Covid-19-pandemie was vir meeste mense 'n ongelooflike terugslag, maar vir Swakopmund se haweloses is daar uiteindelik 'n langtermynoplossing. Die Jeugkoshuis...

Load More