Stepping Stones sit bouplanne op ys

Geld wat gebruik sou word vir Stepping Stones se nuwe gebou, moes noodgedwonge gebruik word om leerlinge wie se ouerhuise finansieel deur die pandemie geraak is, by te staan.

22 September 2020 | Local News

Almarie Mostert; Stepping Stones skoolhoof; “Ons wil nie die kinders wegwys weens finansiële redes nie.”

Swakopmund • [email protected]





Voor die Covid-19-pandemie die Namibiese ekonomie verpletter het, was me. Almarie Mostert en haar span by Stepping Stones hard aan die werk om ’n nuwe skool te bou.

Mostert is die hoof van dié skool op Swakopmund vir kinders met leer- en gedragsprobleme, hoofsaaklik outisme.

“Die bouplanne vir die skool was pas goedgekeur, toe tree die inperkingsmaatreëls in werking,” het Mostert gesê.

Die planne wat deur ’n Britse argitek ontwerp is met spesiale aanpassings aan die argitektuur, maak die skoolgebou meer verbruikersvriendelik vir kinders met outisme en ander leerprobleme.

Mostert het gesê hulle skoolgemeenskap is steeds opgewonde om hul skool te bou en het toestemming by die munisipaliteit ontvang om bouwerk eers in ’n latere stadium te begin.

“Die reël is eintlik dat jy binne drie jaar ná jy die perseel gekoop het, moet begin bou. Die munisipaliteit was ons egter genadig en ons uitstel gegee. Ons planne is reeds goedgekeur, so ons kon aan hulle bewys dat ons wel die grond sal benut.”

Die bouplanne word eenvoudig van 2020 na 2021 verskuif, het Mostert gesê.

Sente omdraai

Geld vir die bouwerk is deur die Madswimmers ingesamel, maar die noodlot het ander planne gehad, het Mostert gesê.

“Ons het ’n geval waar al twee ouers van ’n kind hul werk verloor het en ons moes help om die kind in die skool te hou. In ’n ander geval is ’n enkelma se salaris met 75% verminder en weer moes ons help. Ons wil nie die kinders wegwys weens finansiële redes nie,” het Mostert gesê.

Twee van drie Stepping Stones-leerlinge wat borge uit Duitsland gehad het, is dié ook kwyt.

Volgens Mostert is die aanpassing by die skoolroetine vir sekere leerlinge makliker as ander.

“Ek moet sê, ek dink kinders wat langer by ons was voor die inperkings, vind dit makliker om weer in die ou skoolroetine in te val.”

Sy sê voorts maande se inperkings het van haar leerlinge letterlik teen die mure uitgedryf.

“Ek het ’n ouer wie se seun aanhoudend op meubels rond gespring en gordyne uitgeklim het - dinge wat die wêreld as “stout” beskou. Maar ons weet mos nou sy outisme veroorsaak dit. Ek het toe fisiek sy huis besoek en foto’s geneem om vir hom ’n sosiale storie te skryf oor huisreëls en dit wat toegelaat word en dit wat nie toelaatbaar is nie.”

Sosiale stories, sê Mostert, is stories wat hoofsaaklik uit prentjies bestaan wat help om kinders met outisme en leerprobleme te leer wat sosiaal aanvaarbaar is al dan nie.

Virus bewus

Mostert meen die einste leermiddel is die belangrikste bestanddeel wat gebruik word om kinders te leer oor Covid-19 en die gepaardgaande maatreëls.

“Van die kinders sukkel om die maskers aan te hou en baie ouers kla hulle kan nie die kinders oorreed om die maskers te dra nie. So, ons het nou vir hulle prentjies van maskers gegee wat hulle dan in die oggend op ’n foto van hulself plak sodra hulle inkom en dit help hulle om te verstaan hulle moet by die skool hul maskers dra.”

Sy vertel ook dat poppe, teddiebere en ander speelgoed by die skool ook maskers moet dra om die konsep van ’n masker vir die jonger kinders te normaliseer.

Dit word gedoen om maatjies (selfs speelgoedmaatjies) aan te moedig om maskers te dra.

Similar News

 

Kayaking guide takes own life

1 day - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole toilets

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

Gesloer pootjie dalk belegging

2 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

2 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Vragmotor gaan lewens verander

2 days ago - 20 October 2020 | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

New junior council for Walvis Bay

2 days ago - 19 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Kristine Shetunyenga from the International School of Walvis Bay was elected as the new junior town council mayor for Walvis Bay...

Sewer blockages caused by debris dumped in drains

5 days ago - 17 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] After complaints surfaced that the sewage has been overflowing and blocked for quite some time in Maraboe Street, Kuisebmond,...

Food insecurity on the increase

6 days ago - 15 October 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than 400 000 Namibians are in need food aid.This figure was announced by George Fedha, Namibia’s World Food Program...

Wasserfall family seeks answers

6 days ago - 15 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Labour minister Utoni Nujoma along with his deputy Hafeni Ndemula, the deputy minister of urban and rural development Derek Klazen, Erongo...

Latest News

Pro-Ed sports teams making waves...

12 hours ago | Sports

Walvis Bay • [email protected] Pro-Ed Academy’s cricket and archery team is on a winning streak, with both scooping gold and being declared tournament...

Tips to get your mortgage...

12 hours ago | Banking

Attempting to purchase a house without a plan in place can be a challenging situation. “First-time homebuyers should prepare in advance,” says Bank Windhoek's Market...

Cross-border travel restrictions eased

12 hours ago | Government

President Hage Geingob announced that Cabinet met this week to determine appropriate measures to be put in place, which will inform the next decisions in...

Sinimbo to visit Erongo region

12 hours ago | Ministries

The deputy minister of Industrialisation and Trade, Verna Sinimbo, is scheduled to visit the Erongo region from 22 to 28 October. Amongst others, she is...

Kayaking guide takes own life

1 day - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

1 day - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole...

1 day - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

No new Covid cases in...

1 day - 20 October 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 41 new Covid-19 cases, 102 recoveries and one Covid-19 death recorded in Windhoek. ...

Gesloer pootjie dalk belegging

2 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Load More