Stappe teen fopnuus-verspreider

Skinderbek se tong gaan geknoop word

03 June 2020 | Business

Stephan Terblanche; FP du Toit-groep uitvoerende hoof “…ons vertrou dat reg en geregtigheid sal seëvier…”

Walvisbaai • [email protected].com.na


Ná die bevestiging dat ’n trokdrywer positief vir Covid-19 getoets het, het gerugte oor die gesondheidstatus van alle drywers wat by dieselfde maatskappy werk, soos ’n veldbrand op sosialemedia versprei.

Die valse gerugte – dat alle drywers positief getoets het vir Covid-19 – het miljoene Namibiese dollar se skade vir die FP du Toit-groep berokken, sê die uitvoerende hoof Stephan Terblanche.

“Ons vind nou dat groot maatskappye en lojale klante twyfel of hulle weens dié gerugte ons dienste kan vertrou en kan gebruik,” voer hy aan.

Terblanche het bygevoeg dat die gerug ook sy werknemers negatief affekteer.

“Ons drywers word vermy. Hulle word uit en uit soos melaatses behandel deur mense waarmee hulle in kontak kom by grensposte en besighede waar hulle moet aflewer.”

Talle werknemers by die onderneming het glo ook versoek om met verlof te gaan tot die bohaai bedaar.

“Toe ons vir hulle sê ons kan ongelukkig nie nou vir almal verlof goedkeur nie, het ’n paar gesê hulle eerder sal bedank as om hierdie behandeling te moet verduur.”

Selfs gesigmaskers met die FP du Toit-handelsmerk op word as substandaard beskou.

“Ons het vir al ons drywers herbruikbare SABS-goedgekeurde maskers voorsien met ons embleem daarop. ’n Paar drywers vertel dat hulle gevra word om die maskers af te haal en eerder van ander maskers moet gebruik maak. Mense insinueer dat ons maskers minder effektief is teen die verspreiding van die virus.”

Terblanche het beklemtoon dat net een persoon in sy personeelkorps van ongeveer 1000 mense positief getoets het vir Koronavirus. Hy het na hierdie geval verwys as een van sy “stout kinders” wat uit FP du Toit se diens ontslaan is omdat hy kwarantynregulasies verbreek het.

Los tonge

FP du Toit se bestuur is vasberade om te verseker dat die los tonge hulle onware woorde gaan sluk. “Ons is besig om regstappe te neem en gaan aandring op arrestasies en ’n openbare verskoning. Hierdie persoon verstaan nie dat hy nie net vir ons skade aandoen nie, maar ook vir die bedryf en die land as geheel,” het Terblanche gesê.

Voorts sê hy dat hy graag met die panieksaaier sou wou gesels.

“Ek sal graag met hierdie individu wou praat om te prober verstaan hoekom hulle dit gedoen het. Ek glo dit is baie onverantwoordelik om sulke goed kwyt te raak.”

Hy en sy bestuurspan bly egter steeds opgewonde oor die groep se toekoms.

“Ons weet en vertrou dat reg en geregtigheid sal seëvier. Ons hou by alle maatreëls om te verseker dat ons mense veilig en gesond is en werk hand aan hand met die gesondheidsdepartment.”

Speursersant Rafael Litota is aan die hoof van die ondersoek ná die FP du Toit-groep ’n saak (nommer 34/05/2020) aanhangig gemaak het teen die persoon wat verantwoordelik is vir die verspreiding van valse inligting aangaande die maatskappy.

Similar News

 

Nissan Walvisbaai en Swakopmund smelt saam

6 days ago - 31 July 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Pupkewitz Nissan op Walvisbaai is die jongste slagoffer van massa-afdankings en die sluiting van besighede in die tyd van Covid-19.’n Werknemer...

‘Most important uranium discovery since Husab’

1 week ago - 27 July 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] “In our view, this is possibly the most important uranium discovery in Namibia since [the company] Extract Resources discovered the occurrence...

Wieland chosen as Dunes Mall’s first influencer

2 weeks ago - 23 July 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] Namibian beauty queen, luminary and entrepreneur, Andeline Wieland (25), secured an agreement to be Dunes Mall’s first influencer.The Swakopmund-raised Wieland...

First Covid-19 case registered at local mine

2 weeks ago - 21 July 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Swakop Uranium recorded its first positive Covid-19 case, chief operations officer (COO) of the mine Angula Kalili confirmed.According to Kalili,...

Beach Hotel employees fed up

2 weeks ago - 19 July 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Dissatisfied employees complaining of harsh labour treatment from their employers at Beach Hotel Swakopmund, held a demonstration at the premises on...

Innovative businesswomen awarded

3 weeks ago - 13 July 2020 | Business

Walvis Bay •[email protected] Local entrepreneur and food safety consultant Ruth Martinez-Lago was one of 54 ladies from across Africa who emerged as a...

Phosphate mining remains a thorn in the flesh

4 weeks ago - 09 July 2020 | Business

Windhoek • [email protected] After environment minister Pohamba Shifeta withdrew a clearance certificate for planned phosphate extraction due to pressure by conservationists, the future of...

New beginnings for Langer Heinrich

4 weeks ago - 08 July 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] “Paladin’s focus is to restart operations at Langer Heinrich uranium mine,” said managing director Ian Purdy. “Our existing infrastructure and ten...

Pick n Pay clears the air

1 month - 02 July 2020 | Business

Walvis Bay Pick n Pay responded to what it terms misleading reports that appeared about the closure of its store in Walvis Bay yesterday.According...

Pick n Pay trims workforce

1 month - 18 June 2020 | Business

Pick n Pay announced today that it will be restructuring its operations in an effort to set the business on a path to sustainability.The 100%...

Latest News

Three more Covid-19 deaths

48 minutes ago | Health

Three more Covid-19 related deaths were announced by the minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula today. Two of the deceased are...

Dubz thrilled about SYMLAFA nod

4 hours ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Well-known radio presenter Wilzahn Gelderbloem (26) also known as “Dubz”, was nominated for the 2020 Simply You Magazine Lifestyle and...

Celebrating 250 years of Beethoven...

4 hours ago | Art and Entertainment

The German Embassy in Windhoek will present a classical concert by Namibian musicians Galilei Njembo (tenor/baritone), Trudy Gertze (soprano) and Ruzanna Mnatsakanyan (piano)...

Coastal residents demand an end...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] Coastal residents once again took their plight to the streets.Residents from Walvis Bay staged a protest against the ongoing lockdown and...

NAMAs go online

1 day - 05 August 2020 | Art and Entertainment

The 10th Namibian Annual Music Awards will kick off soon, but this time live and online!Up for grabs is a total of N$1.2 million that...

Applications now open for grade...

1 day - 05 August 2020 | Education

Walvis Bay The regional directorate of education announced that application forms for pre-primary, grade 1 and grade 8 learners for 2021 will become available...

Police bust cannabis cultivators

1 day - 05 August 2020 | Crime

Walvis Bay Three young men were arrested in Walvis Bay during two separate drug busts for cultivating, harvesting and being in possession of cannabis.A...

Couple nabbed for fraud, money...

1 day - 04 August 2020 | Crime

Walvis Bay •[email protected] A couple from Walvis Bay who allegedly defrauded a Swiss man of more than N$1.1 million made their first...

Mother sacrifices her life in...

1 day - 04 August 2020 | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Load More