Sportsentrum word blink gepoets

'n Sportsentrum by die kus is fluks besig om sporttoerismeplanne aan die gang te kry ten spyte daarvan dat die toerismebedryf sukkel weens die Covid-19 pandemie.

28 July 2020 | Sports

Fanus Engelbrect; The Dome uitvoerende hoof; “ Jy kan nie die behoeftes van 'n atleet toeris en 'n gewone toeris met mekaar vergelyk nie.”

Swakopmund • [email protected]

The Dome op Swakopmund is amptelik in August 2018 geopen met die oog op die bevordering van plaaslike sport.

Die uitvoerende hoof, Fanus Engelbrecht, meen die tyd is nou reg om ook sporttoerisme by die wye verskeidenheid te voeg wat reeds by die fasiliteit beskikbaar is. “Dit is 'n seldsame mark en nie almal kan hiervoor voorsiening tref nie. Jy kan byvoorbeeld nie die behoeftes van 'n atleet-toeris en 'n gewone toeris met mekaar vergelyk nie,” sê hy.

Volgens hom verskil alles – van die kos tot meubels.

“Sporttoerisme verg alles van 'n verskillende dieet tot langer beddens. Atlete se ekskursies en vervoer heen en weer tussen lughawens veroorsaak ook vir toer­organiseerders hoofbrekens. Ons wil 'n een-stop fasiliteit daarstel wat sorg vir die nodige etes, oefenfasiliteite en verblyf­geriewe spesifiek vir sportmense,” sê Engelbrecht.

Hoewel hy opgewonde oor internasionale topatlete is, ver­seker Engelbrecht dat The Dome se hart steeds by die gemeenskap van Swakopmund bly klop.

“Vir elke atleet wat kom, is daar 'n ondersteuningsgroep wat dan opbrengste vir konvensionele toerisme verseker; dus kan almal daarby baat.”



Internasionale kennis

Hy voeg by dat tjokkers ook blootgestel sal word aan die “spesiale” wêreld van sport.

“Daar sal 'n sport-gesentreerde dagsorgsentrum wees wat 100 tot 200 kinders kan inneem,” sê Engelbrecht.

Sportklubs is vir Engel­brecht van kardinale belang.

“Klubs is die ruggraat van sport. Hulle is 'n ontwikkelingsmiddel vir elke sport en hul ontwikkeling kweek natuurlik topatlete.”

Engelbrecht voeg by dat toekomstige Namibiese topatlete egter nie net by klubs gekweek word nie.

“Sodra ons fasiliteite kan bied vir groot nasionale en internasionale kompetisies, afrigting- en oefenkampe, kan ons begin om federasies te betrek.

“Met betrekking tot federasies raak die kennis en kundigheid van internasionaal bekende afrigters en atlete betrokke. Hier­mee skep ons 'n platform vir ons Namibiese atlete om hierdie kennis op te doen.”

Met die strewe om sportklubs by die sentrum gemaklik te laat voel, is 'n klubhuis en kantoorspasie ingerig.

“Talle sportklubs word uit iemand se motorhuis bestuur. Maar hier is 'n gedeelde kantoorarea met fasiliteite, internettoegang en alles wat klub-administrasie benodig.

“Daar is ook 'n klubhuis waar afrigters en atlete kan kuier en spanbou, of net kan ontmoet as 'n afrigter 'n informele praatjie met sy atlete wil hou.”

Vir meer formele praatjies en voorleggings aan borge of met potensiale besoekers, kan The Dome se konferensiesentrum gebruik word.

Similar News

 

Jong karateka vereer

2 days ago - 18 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Elf jong karateka het elkeen ’n swartbeld ontvang tydens ’n sermonie van die Shotokan Karate Akademie Internasionaal (SKAI). Volgens sensei...

Kruger wins go-karting club championship

5 days ago - 15 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] SFC Swakop Karters held their Club Championship at the Swakop Go-karters track on Saturday, attracting drivers from various age groups and classes...

Desert Dash on a roll

1 week ago - 12 October 2020 | Sports

The 2020 edition of the Nedbank Desert Dash was officially launched this afternoon in Windhoek.Known as the longest single-stage mountain bike race in the world,...

Swarts humbled by AGC promotion

2 weeks ago - 01 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Marco Swarts was recently appointed as the vice president of the African Golf Confederation (AGC) Southern chapter.According to Swarts who is...

Hotto switch to Pirates

3 weeks ago - 27 September 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Girls cricket action at the coast

3 weeks ago - 25 September 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] practicing contact sports has been allowed after the end of the State of Emergency, more sporting events are expected to start at...

Golf with a heart

3 weeks ago - 25 September 2020 | Sports

The Nedbank for Autism Golf Series will commence this weekend, aiming to raise funds and awareness for the Autism Association of Namibia. The event which...

Former Warriors pay tribute to Seth Boois

4 weeks ago - 22 September 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Former Namibian national goalkeeper Danzyl Bruwer paid tribute to the former Brave Warriors coach and NFA technical director Seth Boois (60),...

Search on for rugby fan panel members

1 month - 04 September 2020 | Sports

World Rugby (www.World.Rugby) has launched its search for a new global rugby fan panel to be part of the future shaping of the governing body’s...

SFC kweek jong sokkertalent

1 month - 31 August 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Sport hou talle kinders uit kattekwaad. Maar, in ons land waar sport gewoonlik nie in staatskole aangebied word nie, moet kinders...

Latest News

Election candidates registration concludes

20th of October 21:10 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole...

26 minutes ago | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

No new Covid cases in...

33 minutes ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 41 new Covid-19 cases, 102 recoveries and one Covid-19 death recorded in Windhoek. ...

Gesloer pootjie dalk belegging

21 hours ago | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

21 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

'n Aand van glans

21 hours ago | Events

Die 33 graad 12-leerders van die Hoërskool Duneside op Walvisbaai het Vrydag tydens 'n ­spesiale seremonie die uitnodigings na hul matriekafskeid ontvang. Die matriekafskeid word...

Vragmotor gaan lewens verander

21 hours ago | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

Transforming the transport industry ...

21 hours ago | Infrastructure

The transport industry is traditionally perceived to be male-dominated, with only a few female professionals present mostly in lower decision-making and administration positions. To have...

Grumpy’s fishing report

21 hours ago | Fishing

Indications are that there was a kob festival at St Nowhere. Reports received bear testimony that the kob were on the bite in this area...

Load More