Sport vir almal

’n Jong sportman het ’n projek begin om sporttoerusting aan toekomstige sportsterre in minderbevoorregte gemeenskappe beskikbaar te stel.

04 February 2020 | Local News

Delano Müller; Atleet; “...daar is baie kinders wat nie sport kan beoefen nie weens ’n gebrek aan toerusting.”

Swakopmund • [email protected]





Delano Müller (15) weet waar sy passie lê en hy deel dit graag met ander.

“Ek is in ’n bevoorregte posisie om sport te beoefen en om ook die ondersteuning van my ouers te geniet. Ek is egter bewus dat dié voorreg vir baie ander kinders nie beskore is nie. Dus wil ek graag ’n verskil in hulle lewens maak.”

Delano se passie vir fiksheid en sport het hom aangespoor om ’n projek te begin waarmee hy gebruikte sporttoerusting en sportdrag insamel en dit dan aan atlete en klubs skenk in gebiede waar daar ’n behoefte bestaan.

“Ek het onlangs die Noorde van die land besoek en gesien daar is baie kinders wat nie sport kan beoefen nie weens ’n gebrek aan toerusting. Die talent is wel daar,” sê hy.

Die idee het posgevat toe hy verlede jaar van sy persoonlike toerusting aan ’n klub in Swakopmund geskenk het.

“Die kinders se blydskap het my laat besef die toerusting wat ek en ander nie gebruik nie, kan steeds ’n doel dien en baie vir ander beteken.”

Hy wil skole, kerkgroepe en besighede by die projek betrek, wat op 1 Februarie afgeskop het. Die plan is om strategiese punte in verskillende dorpe te identifiseer waar mense ou sporttoerusting en sportdrag kan aflewer.

“Ek het reeds ’n paar sokkerstewels, medaljes en ’n trofee as skenkings ontvang. Ek sal graag ook ’n toernooi of twee wil reël om kinders te motiveer.”



As sportman het Delano verskeie prestasies op sy kerftstok. Hy is ook die huidige Mnr. Walvisbaai.

Hy het verlede jaar die wêreldweltergewig-skopbokstitel in Atlanta in die VSA gewen en is in 2016 en 2017 as die Namibiese Sportkomissie se junior sportman van die jaar aangewys.

Die jong atleet sê hy tref nie onderskeid tussen sportsoorte nie.

“Ek weet sokker is een van die gewildste sportsoorte in ons land. Daar is soveel voordele verbonde aan sport. Ek dink dit hou kinders van die strate af en dit help onder andere met fokus en konsentrasie.”



Delano het nie ‘n spesifieke mikpunt vir sy projek nie.

“Ek weet nie hoeveel ek wil insamel nie. Ek wil net soveel as moontlik bymekaar maak,” sê hy.

Similar News

 

Elephant comfortably ‘settled in’

14 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] elephant at Rössmund is a unique attraction, but at the same time golf course management hope the pachyderm will move on.“This is...

Prayers continue for missing captain

1 day - 27 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The wife of missing Resplendent captain Carlo Gordon says she wants answers to understand what happened to her husband...

Ann’s Angels Soup Kitchen grateful for timely donation

4 days ago - 25 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund Community Engagement Group (S.C.E.G) recently donated food worth N$1 200 to Ann’s Angels Soup Kitchen in the DRC informal settlement....

A hero for many

5 days ago - 23 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Residents of Walvis Bay turned up in numbers to comfort family, friends and colleagues in a prayer session that...

Airfield not sold

1 week ago - 20 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] It remains uncertain as to whether Swakopmund town council will continue managing the local airfield given the fears that it could...

Gratis fiksheid vir inwoners

1 week ago - 18 February 2020 | Local News

Okombahe • [email protected] Okombahe spog nou met sy eie fiksheidsklub danksy ‘n inwoner van die dorp. Die klub het sy ontstaan te danke aan Simson...

Dapper vegtertjie benodig bystand

1 week ago - 18 February 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Nehemia Antoncich is ’n ware klein vegtertjie in elke sin van die woord. Hy het Downsindroom, ’n hartafwyking en ook swak...

Showers for Happy Land

1 week ago - 18 February 2020 | Local News

Henties Bay Carmen Hoases' selfless ­commitment to abandoned and abused children led to the establishment of Happy Land Safe Haven in ­Omdel, ­Henties Bay. The...

Low water levels affecting health

2 weeks ago - 12 February 2020 | Local News

The Karibib municipality has sent out an official warning about its water supply. In a media statement, the municipality said that the low levels of...

Korrupsie in die kollig

2 weeks ago - 12 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Lede van die publiek het verlede Vrydagaand (7 Februarie) in die Tamariskia gemeenskapsaal op Swakopmund vergader om die Fishrot-skandaal te bespreek....

Latest News

Elephant comfortably ‘settled in’

14 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] elephant at Rössmund is a unique attraction, but at the same time golf course management hope the pachyderm will move on.“This is...

Brand saai verwoesting

14 hours ago | Disasters

Hentiesbaai • [email protected] ’n Gedeelte van ’n huis op Hentiesbaai is deur ’n brand verwoes.’n Motorhuis wat omskep is in ’n leefarea waarin Briggite Gertze...

Pastor charged with kidnapping granted...

1 day - 27 February 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Pastor Marvin Damaseb allegedly took a girl who is believed to be 13-years old, without her mother’s consent from a primary...

Prayers continue for missing captain...

1 day - 27 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The wife of missing Resplendent captain Carlo Gordon says she wants answers to understand what happened to her husband...

Samherji explains retrenchments

1 day - 27 February 2020 | Fishing

Walvis Bay • [email protected] The workers on the Geysir currently fishing in Mauritania, are the only ones to keep their jobs while the rest...

Art therapy awareness

1 day - 27 February 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Art Stop Swakopmund hosted art therapist Jan Joubert for a session on art therapy, which involves the use of creative techniques...

Coronavirus impacts trade

1 day - 27 February 2020 | International

Swakopmund • [email protected] Over 50 delegates from member states are in Swakopmund for the Southern African Customs Union (SACU) meeting of senior trade officials.The...

Tennis triumph

1 day - 27 February 2020 | Sports

Swakopmund The Namibia Tennis Association (NTA) hosted their first tournament of the year at the municipal tennis courts in Vineta and at the Swakopmund Mole...

Tweya lashes out against policies...

2 days ago - 26 February 2020 | Government

Walvis Bay • [email protected] The minister of trade, SME development and industrialisation Tjekro Tweya lashed out against officials who he accuses of holding...

Load More