Spoorbou-maatskappy bring kontantinspuiting vir kus

Die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n lewensaar vir die kus se besighede.

06 April 2021 | Infrastructure

Johan Laubscher; D&M Rail Construction; “… ons het reeds meer as N$1 miljoen per maand aan die betrokke kontrakteurs bestee…”

Walvisbaai

D&M Rail Construction, wat deur die jare heen spoorlyne van meer as 600 km in Namibië aangelê en onderhou het, is nou verantwoordelik vir die rehabilitasie van 52 km se spoorlyn tussen Walvisbaai en Swakopmund.

Oor die bestek van 13 maande sal bestaande spore en dwarslêers verwyder en vervang word. Dié stap word gedoen om ’n wêreldklas, goed funksionerende spoorwegstelsel te verseker wat noodsaaklik is vir die regering se visie om te verseker dat Namibië ’n logistieke middelpunt word wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) met internasionale markte verbind.

Die indiensneming van meer as 250 personeellede gaan ’n waardevolle bydrae tot die plaaslike ekonomie lewer en sal ook ’n impak op verskeie ander sektore hê, sê die maatskappy se bedryfshoof, Johan Laubscher.

“D&M Rail gebruik hoofsaaklik plaaslike kontrakteurs om noodsaaklike goedere en dienste te lewer. Dit het verseker dat die maatskappy die afgelope vyf maande, vandat ons ’n kantoor op Swakopmund gevestig het, reeds meer as N$1 miljoen per maand aan dié betrokke kontrakteurs bestee het. Dit kom neer op meer as N$5 miljoen tot dusver,” het hy gesê. “Voorts dra dit ook by tot die ekonomie van die streek.

“Ons is deeglik bewus van die impak wat Covid-19 op die streek se ekonomie gehad het en vertrou dat ons bydrae verligting sal bring. Ons bly verbind tot die skepping van werksgeleenthede en die sosioëkonomiese ontwikkeling van die gemeenskappe waarin ons werk,” het hy gesê.

Menslike hulpbronne

Met die projek bied die onderneming ongeveer 250 direkte en indirekte werksgeleenthede waarvan die meeste vir inwoners aan die kus geoormerk is.

Laubscher het verduidelik alhoewel D&M Rail Construction ’n subkontrakteur van die hoofkontrakteur is en slegs oor 20% van die kontrak beskik, bring die maatskappy spoorwegingenieurs en tegnici met ongeëwenaarde ervaring na die projek om te verseker dat dit suksesvol is.

Volgens MC Kooper, D&M Rail se menslike hulpbronnebestuurder, verskaf die maatskappy tans werk aan 54 mense wat spoorlyne lê, algemene werkers en ander bekwame werknemers vanaf Otjiwarongo, Otavi, Ondangwa, Tsumeb, Kalkfeld en Omaruru.

“Die res van die arbeidsmag word uit die streek verkry. Ons tegniese spanne is baie ervare en het aan verskillende soortgelyke spoorwegrehabilitasieprojekte oraloor die land gewerk. Dit is van kritieke belang om aan die hoë tegniese standaarde sowel as streng spertye en begrotings te voldoen.”

Daarbenewens het die maatskappy van die ervare algemene werkers wie se kontrakte in 2019 geëindig het vir hierdie projek indiens geneem om ander werkers wat uit die plaaslike omgewing gewerf is, te motiveer.

Opleiding

Vyf nuut aangestelde werkers uit die streek het reeds sertifikate van bekwaamheid verwerf ná hulle eksterne praktiese en teoretiese opleiding in swaar masjinerie voltooi het.

Die maatskappy werk in samewerking met die ministerie van arbeid aan die identifisering en werwing van plaaslike personeel.

Agt werkers het ook vier dae eksterne opleiding as veiligheidsverteenwoordigers, noodhulppersoneel en brandweermanne gedurende November 2020 suksesvol voltooi.

Nog sewe vroulike werknemers het ’n eksterne praktiese en teoretiese opleiding van vyf dae as veiligheidsbeamptes in Desember verlede jaar suksesvol voltooi.

Similar News

 

Nuwe kruising vir Walvisbaai

1 week ago - 13 April 2021 | Infrastructure

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai spog met 'n splinternuwe kruising wat Kuisebmond met die B2-pad tussen Walvisbaai en Swakopmund verbind. Die kruising van N$5,5...

Rent prices slip further

2 weeks ago - 07 April 2021 | Infrastructure

The FNB Residential Rental Index posted an annual contraction of 2.1% at the end of December 2020, from -0.8% recorded in December 2019. This brings...

Traffic jam at sea

3 weeks ago - 30 March 2021 | Infrastructure

The Namibian Ports Authority (Namport) is monitoring the situation closely in the Suez Canal where the Ever Given, a container vessel registered in Panama, ran...

Walvis Bay Port Log

3 weeks ago - 30 March 2021 | Infrastructure

The provisional port log indicates that 20 vessels are scheduled to call at the Port of Walvis Bay in April.The visiting ships comprise one fishing...

Second State of Logistics report to be launched ...

4 weeks ago - 24 March 2021 | Infrastructure

Works and transport minister John Mutorwa will launch the second Namibia State of Logistics Report in Walvis Bay on Thursday (25 March 2021). ...

Arandis expanding

1 month - 15 March 2021 | Infrastructure

Arandis The deputy minister of urban and rural development, Derek Klazen, officiated at the ground-breaking of a project that will see the servicing of land...

Two Roro’s in Port

1 month - 09 March 2021 | Infrastructure

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) is a bee hive of activities as there are two RoRo and one dry bulk vessel currently...

Logistics group expands to air transport

1 month - 09 March 2021 | Infrastructure

In a new milestone in its development as a logistics operator, the CMA CGM Group is stepping up its strategic development with the creation of...

Council will not tolerate land grabbing

1 month - 25 February 2021 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay mayor Trevino Forbes made it clear that council will not tolerate any land grab incidents.He made...

More cold storage for Walvis

1 month - 23 February 2021 | Infrastructure

Namibia will soon boast a N$400 million cold chain facility capable of storing 12 500 tonnes of exports and imports at Walvis Bay. The...

Latest News

IPC determined to tackle corruption...

9 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] The Independent Patriots for Change (IPC) held its regional conference at the Swakopmund Town Hall on Saturday.Party member Trevino...

Transportreus groet

9 hours ago | Local News

Walvisbaai •[email protected] Die stigter van Wesbank Transport, mnr. EP van Rooyen, is verlede week oorlede - ‘n paar weke voor sy 100ste verjaardag.Sy...

‘Jack Sparrow’ remains behind bars...

9 hours ago | Crime

Walvis Bay • [email protected] A man who went on the run with a woman who was reported missing last week, made his first...

Minor allegedly ‘kidnapped’ and raped...

1 day - 20 April 2021 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Social media was abuzz after a video surfaced about an alleged human trafficking incident in Walvis Bay. Ryan Gordon, one...

NHF wears a heart on...

1 day - 20 April 2021 | Events

The second heart health fundraiser hosted by the Namibia Heart Foundation (NHF) and sponsored by Capricorn Group, took place recently. This year's fundraiser was...

Elderly woman murdered in Kramersdorf

1 day - 20 April 2021 | Crime

Swakopmund • [email protected] The police are investigating a case of murder and housebreaking with the intent to rob and robbery, after an 82-year-old...

Jonas Jonas remains in jail

1 day - 20 April 2021 | Crime

Swakopmund • Erwin Leuschner The athletic career of Namibian Olympic boxer Jonas Junias Jonas is on a knife's edge.Jonas was arrested in the early...

Autism Week at museum

1 day - 20 April 2021 | Events

Swakopmund The Swakopmund Museum hosts an Autism Week from 20 to 24 April. The event, organised by the Scientific Society Swakopmund, features an exhibition...

Nuwe tuiste vir brandslagoffer

1 day - 20 April 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] se kiesafdelingslid en voorsitter van die Erongostreekraad (ERC), me. Ciske Howard, het onlangs vier huise wat opgerig is met vooraf vervaardigde materiaal...

Load More