Sorgeenheid sien om na eie mense

HENTIESBAAI

24 November 2016 | Life Style

Des Erasmus

Wanneer die uur van verlange vir verswakte bejaardes in die Kersseisoen van 2016 op Hentiesbaai aanbreek, sal die hand van vertroosting en versorging deur die dorp se eie mense op hul skouers lê. Die tydperk van vrede en vreugde word ook in die Sorgeenheid aan verswakte senior burgers gegun.

Die koms , diens en vordering van die Hentiesbaaise Sorgeenheid is deur die voorsitter, me. Kobie van der Walt, met Erongo gedeel. Op 17 Augustus 2004 is die Sorgeenheid gestig deur 14 mense wat omgee. Die uitsluitende doel was die algehele versorging van verswakte bejaardes op ‘n oord wat deur baie lede van ‘n baanbrekersgeslag as aftreeplek aanvaar is en gebruik word.

Kobie vertel aan Erongo wat reeds in die eerste twaalf jaar bereik is. As geregistreerde Welsynsorganisasie is ‘n siekeboeg gebou en toegerus. Vandag is dit die blyplek van 24 verswakte bejaardes. Onder hulle is daar mense wat permanent daar versorg word, bejaardes wat ná operasies aansterk en mense wat vir ‘n dag of enkele dae bystand nodig het wanneer hul eie lewensmaat, versorger of metgesel ander verpligtinge moet nakom. In gevalle word tuisversorging ook gedoen. Mense wat nie so siek is nie, maar nie alleen by die huis kan bly nie, kry ook hier ‘n heenkome. Daar word selfs omgegee vir besoekers en vakansiegangers wat hulp nodig het.

Volgens haar word die hele dorp se mense bedien. ’n Noodnommer bestaan wat enige tyd geskakel kan word vir hulp of met inligting oor siekte en selfs die dood. Deur die loop van die dag is die sorgeenheid oop vir ondersoeke en toetse en ander dienste deur ‘n verpleegkundige.

Een van die grootste uitdagings van die Sorgeenheid die afgelope jare was die installering van ‘n hysbak van die grond- na die eerste verdieping. Dit was ‘n geloofsdaad, maar dit is volbring.

Sy gesels ook maklik oor toekomsplanne. Hoog op die sakelys is die aanstelling van nog ‘n verpleegkundige sodat die behoeftes van Hentiesbaai se verswakte bejaardes deurlopend gemonitor kan word en ‘n deurlopende ondersteuningsdiens gelewer kan word. Al die kamers moet volledig met gespesialiseerde geriewe toegerus word wat vir goeie dienslewering nodig is. Die gemeenskap self moet opgelei word in ‘n gemeenskapsgebaseerde versorgings- en ondersteuningsdiens. Indien ‘n toekomsbehoefte dit uitwys, moet ‘n uitbreiding van die Sorgeenheid oorweeg word.

Dan brei Kobie uit oor die bystand wat aan die Sorgeenheid gegee kan word. ‘n Inwoner kan aangeneem word. Waarmee bedoel word dat iemand identifiseer kan word saam met wie ‘n tydjie deurgebring kan word. Middagetes word deur ‘n buiteinstansie verskaf, maar oggend- en aandetes word in die sentrum voorberei. Dit staan lede van die gemeenskap vry om met voorstelle oor ligte aandetes te kom. Resepte kan gedeel word en betanddele kan geskenk word. Afstande en ander faktore kan welmenendes buite fisiese bereik plaas, maar selfs dan kan hulp verleen word deur ‘n behoeftige en verswakte senior burger te borg of toerusting te koop. Daar kan selfs gespesifiseer word waarvoor hulp aangewend moet word. Namibiërs, Heniesbaaiers in die besonder, kan help met selfs klein maandelikse bydraes. Sodanige bydraes kan regstreeks in die rekening van die Sorgeenheid inbetaal word.

Oor die konstitusionele doelstellinge van die Sorgeenheid beklemtoon Kobie dit is om die behoeftes van die verswakte inwoners te bepaal. Binne die gemeenskap moet die die sosiale, gesondheids- en ander behoeftes van die gemeenskap uitgeken word. Waar nodig, moet daar dan verwysings na gespesialiseerde dienste wees. ‘n Groter gemeenskapsbetrokkenheid word deurlopend nagestreef. Uit die sosiale interaksie kan versorging en ‘n ondersteuningsdiens spruit. Die gemeenskap moet opgelei word om ‘n bekostigbare gemeenskapsorg- en ondersteuningsdiens aan hulpbehoewende mense te lewer.

Die Sorgeenheid behoort nie net aan Hentiesbaaiers nie. Kobie sê dit staan enigiemand vry om te kom kyk wat gedoen word en selfs ‘n bietjie te kuier.

Similar News

 

Get your accessories here!

1 month - 08 November 2019 | Life Style

Swakopmund • [email protected] Well-known coastal fashionista Alba Hamukwaya recently launched the latest line of her accessory brand, House of Nalo.The 27-year-old, also known as...

Kamanya doing Namibia proud

11 months ago - 17 December 2018 | Life Style

Miss Namibia 2018, Selma Carlicia Kamanya (22), made it into the top five of the Miss Universe national costumes competition with her beautiful outfit inspired...

Namases inducted into hall of fame

1 year - 19 November 2018 | Life Style

Adolf KaureLocal entrepreneur Dianah Namases was recently inducted into the Namibia Business Hall of Fame as an emerging entrepreneur in a ceremony which took place...

Couture by Kim

1 year - 12 November 2018 | Life Style

Adolf KaureKaino Ipuleni Matheus (Kim) is taking the world of fashion by storm.The 28-year-old Matheus, who is a creative executive for Kimatheus Boutique also known...

Araffath releases ‘Owela’

1 year - 22 October 2018 | Life Style

Adolf Kaure - Arandis born producer Araffath Muhuure has released his latest single titled “Owela”. The producer features legendary Namibian musician Hishishi Papa on the...

Quick and easy kids’ rooms

1 year - 10 September 2018 | Life Style

Did you get all psyched up to decorate your baby’s nursery only to learn that time moves really fast and now all of a sudden...

Foot massage for Father’s Day

1 year - 15 June 2018 | Life Style

Adolf KaureFather’s Day is a day when fathers are celebrated for all the efforts they have mustered up for their families throughout the year.Since the...

Local pole dancers heading for Hollywood

1 year - 01 June 2018 | Life Style

Leandrea Louw - Childhood friends and now pole dancing enthusiasts Sonja Keil (27) and Charlotte Ann Taylor-Debortoli (27) are on their way to Los...

Your one-stop oasis of wellness

1 year - 01 June 2018 | Life Style

Marion von Maltzahn established the first Ciana Day Spa facility with support from her husband towards the end of 2013 in Windhoek. When...

English works for it

2 years ago - 27 July 2017 | Life Style

Adolf KaureThe 2017 Namibia Annual Music Award (NAMA) Female Artist of the Year, Monique English, has released her first music video of her debut album,...

Latest News

Dignity of ancestors restored

9 hours ago | History

Swakopmund · [email protected] The Namibian Genocide Association (NGA) organised a clean-up and restoration action of graves belonging to Ovaherero and Nama prisoners that perished...

Amnestie vir skuld

22 hours ago | Local News

Walvisbaai Walvisbaaiers wat in die rooi is by die munisipaliteit gaan opnuut kans kry om op te dok. Vanaf April 2020 sal skuldenaars wat hul...

Water vir almal

22 hours ago | Local News

Walvisbaai Behoeftige huishoudings sukkel dikwels om hul maandelikse munisipale rekeninge te betaal sowel as om agterstallige rekeninge te vereffen. Die munisipaliteit van Walvisbaai het reeds...

Straatnaam in gedrang

22 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] In die sosiale media maak Namibiërs beswaar teen die behoud van ‘n straatnaam in Swakopmund vernoem na mnr. Bernhard Esau, voormalige minister...

Dorp van die jaar jol

22 hours ago | Events

Swakopmund • [email protected] Die Swakopmund Kwêla Dorp van die Jaar Kia Makietie het Vrydagoggend afgeskop met die amptelike opening waargeneem deur me. Pauline Nashilundo,...

Cooperatively promoting fish consumption

22 hours ago | Fishing

The Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) signed a memorandum of understanding (MOU) with Benguella Ski Boat Fishing Association (BSBFA) in Walvis Bay recently. ...

ISO accreditations for Namport

22 hours ago | Infrastructure

The Namibia Ports Authority (Nam­port) once again secured and received its accreditations from the International Standards Organizations (ISO). This follows after a successful external audit...

Kraatz pushing skills development

22 hours ago | Business

Another nine NIMT students were taken on board the Kraatz internship program at the company based in Walvis Bay. They will be trained for the...

Grumpy's fishing report

22 hours ago | Fishing

What a week anglers enjoyed along our coast, with plenty of big sized kob brought ashore at Paaltjies. Last week Sunday was “fun day”...

Load More