Sokkertradisie leef voort

Irene Van Der Walt
Die 64ste SFC Xmas Cup-toernooi verwelkom weer vanjaar sokkertalent van oraloor die land .

Die Swakopmund Sokkerklub (SFC) is sedert 1956 gasheer vir die jaarlikse Kersfeestoernooi.

Vanjaar is geen uitsondering nie en die gevestigde toernooi vind vanaf 26 tot 29 Desember plaas.

Vanjaar se 5-a-side-sokker-toernooi is op 12 Desember vir die eerste keer as ’n strandsokkertoernooi aangebied in plaas van die normale veldsokker.

Beide kompetisies is gemik op sosiale en ligaspanne en bied ’n kans op voorbereiding vir die volgende seisoen.

Gerald Güther, die SFC se tegniese adviseur, sê dit is glad nie maklik om vir vier dae lank in ’n toernooi te speel nie.

“Ons waardeer opreg die spelers se toewyding en hoop om vanjaar weer hul passie vir sokker soos altyd te geniet.”