Soeke na vermiste miljoene

Regstappe vereis

15 September 2020 | Local News

Knowledge Ipinge; Raadslid; Ek vra vir duidelikheid oor die miljoene van die massa stedelike grondbedieningsprojek.”

Walvisbaai · [email protected]

Volgens die raadslid vir Walvisbaai se stedelike kiesafdeling, mnr Knowledge Ipinge, het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit Muringa Haingura versuim om lig te werp op ‘n geskatte N$24 miljoen wat glo spoorloos verdwyn.

“Ek het oor die nuus gehoor dat mnr Haingura na 'n spesifieke bankrekening verwys. Die miljoene waarvan daar gepraat word is egter sedert 2014 in die betrokke rekening.”

Ipinge voer aan dat die geld wat weg is, bekom is deur die verkoop van huise wat gebou is onder die vandel van die massa behuisingsprogram in 2017.

“Die massa stedelike program het eers tussen September en Oktober 2017 amptelik afgeskop. Dit beteken dat die miljoene waarna Haingura verwys al ‘n geruime tyd in die rekening waarvan hy praat is.”

Hy het gesê die vraag onstaan dan na watter miljoene mnr Haingura verwys.

“Ek vra spesifiek vir duidelikheid oor die miljoene van die massa behuisingsprogram en nie na ander geld nie,” het Ipinge beklemtoon.

Hy voer aan dat erwe van N$24 miljoen in die aansoekers se naam geregistreer is onder die vandel van die program, maar hierdie geld het glo nooit die munisipaliteit se bankrekeninge bereik nie en word dus nie in die geouditeerde finansiële state weerspieël nie.

Haingura het vroeër op navraag bevestig dat daar geld van die massa stedelike gronddiensprojek in die munisipalitiet se bankrekening is en gesê dat daar vasgestel moet word vir watter eiendom hierdie geld bekom is.

Ipinge het ‘n week gelede gedreig om regstappe te doen teen individue en entiteite wat by die projek betrokke is.

“Ek is in die proses om regsadvies in te win oor die aangeleentheid. Die bewyse is daar maar ek wil ‘n sterk saak voorlê sodat daar nie nog moet gewik of geweeg word oor vervolging deur die Prokureur-Generaal nie.”

Hy sê die individue wat betrokke is moet verantwoording doen.

“Ek maak nie beloftes nie, ek tree op. Die geouditeerde finansiële state van die munisipaliteit is aan die Erongostreekraad voorgelê, waarvan my voorlegging baie duidelik was. Ek het die geouditeerde verklarings verwerp.”

Ipinge het ook beklemtoon dat die verslag van die ouditeur-generaal baie duidelik is.

“Dit het bevind dat die munisipaliteit nie 'n aanvaarbare verslagdoeningsraamwerk het nie en kan ek om dié rede nie die finansiële state vir die boekjaar geëindig 30 Junie 2018 aanvaar nie. Ek het nie die verslag geskryf nie maar dit slegs gesien soos dit aangebied is.”

Hy het bygevoeg dat hy nie belangstel in ‘n vergadering wat die burgemeester glo wil beroep om die kwessie van die N$24 miljoen wat verdwyn het, te bespreek nie.

“Al wat ek na soek en nodig het, is die bewyse van waar die geld is. Indien die proses maklik is om die geld op te spoor, waarom is dit nie al in 2017 gedoen nie? Dit wys net dat die munisipaliteit rondspeel met die waarheid. Laat hulle hul boeke oopmaak vir ‘n forensiese ondersoek.”

Similar News

 

Namdock and MANWU strike agreement

4 hours ago | Local News

Local ship repair company Namdock and the Metal and Allied Namibian Workers Union (MANWU) signed a Recognition and Procedural Agreement earlier this month.“This agreement signed...

Motion tabled to rescind selling of Extension 12 and...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na Tokio

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te verdryf

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Refurbished kennels for furry friends

1 day - 22 June 2021 | Local News

The Namibian Ports Authority refurbished the Walvis Bay K9 dog kennels at the port police station, to the value of N$280 000. The dog kennels,...

Increasing Covid cases put pressure on health facilities

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo regional governor Neville Andre says the surge in Covid-19 cases is putting pressure on the region’s health facilities.He made...

Sale of erven postponed due to Covid cases

2 days ago - 21 June 2021 | Local News

Wlotzkasbaken • [email protected] The chief financial officer of the Erongo regional council, Hâbate Doëses, says the sale of the Wlotzkasbaken erven has been...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More