Sielsrus by oop vlaktes

22 December 2020 | Business

Besoekers kan sedert 2002 die hoogtepunt van gasvryheid en die natuurskoon ervaar aan die voet van Brandberg - Namibië se hoogste berg.

Kobus en Naude de Jager het in Julie 2017 besluit om Brandberg White Lady Lodge op te knap, waarna Tertius en Sarah Roos die leisels oorgeneem het om dit namens die De Jagers te bestuur.

Met die opknappingwerk is die kamers oorgedoen en nuut geteël. Die kamers het ook aluminiumventerrame gekry. Dié soort vensters mag dalk nie ’n logiese keuse vir die woestyn se hitte wees nie, maar dit sorg dat die kamers veel koeler is as die tradisionele eweknie.

Die opknappingwerk het ook verbeterde sonkraggeriewe ingesluit wat toegang tot krag in kamers meegebring het. Nou kan jy jou kamera ten volle herlaai om te verseker dat jy elke oomblik kan vasvang.

Vir diegene wat kamp verkies, is daar ook nuwe kampkeuses ná nuwe tente en ligte aangebring is om snags beter te kan sien.

’n Uitsig soos min

Die mees opwindende nuutjie is egter twee boomhuise. Die boomhuise beskik oor twee driekwartbeddens elk, ’n buitebadkamer en ’n asemrowende uitsig oor die Brandbergvlaktes en is reeds vir besoekers beskikbaar.

“Dit is werklik ongelooflik om so hoog te sit en net die uitsig te geniet,” sê Sarah.

Die nuutste van die twee boomhuise is ook met braaigeriewe toegerus.

Perderitte

Gaste kan ook nou by die splinternuwe Brandberg Azraff-perdestalle saam met Anja de Jager as toergids ’n toer te perd geniet.

Gaste kan kies om op Brandberg White Lay Lodge se vyf perde die natuurskoon te verken tydens ’n halfuur of uur rit of bloot vir skemerkelkies.

Hulle gee vinnig die versekering dat jy glad nie ’n Olimpiese perderuiter hoef te wees om die ritte te geniet nie; die perde is vriendelik en heeltemal geskik vir beginners.

Indien die seeuitsig van Hentiesbaai jou nie opgewonde maak nie, is die berguitsig by Brandberg dalk nét die ding!

Similar News

 

Top five risks for business in 2021

6 days ago - 17 January 2021 | Business

Covid-19, emerging digital threats, climate change and the US-China relationship are among the Top 5 risks for business in 2021, according to Control Risks (www.ControlRisks.com),...

Local flavours fill CBD

6 days ago - 17 January 2021 | Business

Swakopmund • [email protected] Hafeni Traditional Bistro recently opened its’ doors in Swakpmund’s central business district.Entrepreneur Heinrich Hafeni Nghidipaya says the bistro caters for those...

Manica pumping massive funds into modern technology

1 week ago - 14 January 2021 | Business

Walvis Bay ∙ [email protected] Manica Group Namibia has recently invested in an advanced mobile hopper and bagging system, the first of its kind in...

TransNamib suspends passenger services countrywide

1 week ago - 12 January 2021 | Business

TransNamib has suspended all its passenger services following the derailment of a train in southern Namibia. The train derailed on a bridge some 45...

Vehicle industry’s resilience applauded

1 week ago - 11 January 2021 | Business

Dealerships and salespeople in the motor vehicle industry were recognised for their commitment, loyalty, and support at Bank Windhoek’s annual Selekt Sales Awards ceremony hosted...

Shoprite strike enters third week

1 week ago - 10 January 2021 | Business

Swakopmund • [email protected] Shoprite employees cheered after the high court in Windhoek ruled in favor of their trade union Nafau in its application against the...

Henties inwoner stig besigheidsforum

2 weeks ago - 06 January 2021 | Business

Hentiesbaai • [email protected] Die Hentiesbaaise sakevrou Daleen Agenbag hoop om deur middel van ’n besigheidsforum ’n verskil op die aftreedorp te maak. “Ons...

Natural Diamond Manufacturer sparkles with opportunity

3 weeks ago - 30 December 2020 | Business

Of Namibia’s 2.5 million population, more than half are unemployed and over 100 000 persons live with some form of disability which puts them at...

King Charcoal to expand

3 weeks ago - 30 December 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] The previous Walvis Bay municipal council decided that an additional two hectares of Farm 38 can be leased to...

Geniet rus en vrede hier

3 weeks ago - 29 December 2020 | Business

As jy van die daaglikse gewoel wil ontsnap, hou koers na Klein Eden Guest Farm, wat 28 km vanaf Omaruru op die D2328 geleë is.Die...

Latest News

Namib Daughters grateful for donation

1 day - 22 January 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based women’s soccer team, Namib Daughters, received a timely donation worth an undisclosed amount from Tututango recently.The donation includes ten pairs...

Duisende as jy nie masker...

1 day - 22 January 2021 | Government

Windhoek ∙ [email protected] Weier jy om ’n masker te dra, kan jy maar jou sak skud vir ’n boete van duisende. So ook as...

The search is on for...

2 days ago - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Entries for the first season of the Welwitschia Music Production (WMP) Ma /Gaisa Idol competition closed on 15 January.According to WMP...

Hoe pandemies eindig

2 days ago - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] Ná die rampspoedige jaar is die geduld vir ’n pandemie maar min en die mensdom is meer as gereed om hierdie...

Designer branches out

2 days ago - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay-based designer Chanté Bock has decided that 2021 will be the year in which she embarks on her solo...

Shake a can for hope

2 days ago - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] A Shake a Can for World Cancer event will be held in Swakopmund on 5 February, the Cancer Association of Namibia’s...

CAN screening to save lives

2 days ago - 21 January 2021 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) welcomes their outreach program to the Erongo region this week. “Breast and cervical cancer are the main types of...

Shoprite workers displeased with police...

3 days ago - 20 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Approximately 50 aggrieved workers of the Shoprite Group Namibia marched from the NANWU offices to the Swakopmund police station today where...

Triathletes to shine at the...

3 days ago - 20 January 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] More than 100 athletes are expected to compete in the first-ever triathlon hosted at Platz Am Meer in Swakopmund this...

Load More