SDFN in Narraville jubel

Ná 15 jaar begin lede van ’n groep wat hulle beywer vir die oprigting van bekostigbare behuising, hul huise op Walvisbaai bou.

16 November 2021 | Local News

Fransico Maree; Narraville SDFN; “Van ons groep het jonk met die proses begin en ons is nou pensioenarisse.”

Walvisbaai





Die vreugde vure brand hoog in Narraville waar lede van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) begin het met die konstruksie van die fondasies vir hul huise.

“Ek is oorstelp!” het Juliana van Wyk gesê. “My hart borrel van blydskap. Dit is werklik ’n pragtige dag vir ons. Ná 14 jaar van loop, wag en moedhou kan ek sê alles was die moeite werd.”

Sy is die eerste van ’n groep van 68 lede wat in alle erns weggespring het met die grawe van fondasies vir haar eenslaapkamerhuis op erf 3944 in Firefishstraat.

“Die SDFN gee aan ons ’n lening om die netwerk te kan voltooi wat die konstruksie van die struktuur behels. Daar is geen wasbakke, toilette of kragpunte nie, maar ten minste gaan ons ’n dak oor ons koppe hê en daarvoor is ons vir die Here dankbaar.”

Van Wyk het bygevoeg hande word benodig om bystand met die bouproses te verleen.

“Van ons lede is mense wat ook moet brood gaan soek. Dit verg dus baie van ons om mense te kry wat ons kan help met die bouproses. Hulle moet betaal word en ons moet hulle iets te ete gee. Hulp van enige aard is welkom.”

Elders is nog ’n paartjie besig om hulle erf af te steek. “Ons is dankbaar om tot by hierdie punt te kon kom,” het Marelen Jansen gesê.

“My baba was drie maande oud toe ek by die groep aangesluit het. Sy is nou 14. Ons wil ’n drieslaapkamerhuis bou. Ons spaar elke maand en baie van ons het al items aangekoop wat ons vir ons huise stoor.”

Sy het ander dakloses aangemoedig om nie moed te verloor nie.

“Wees altyd positief en moet jou nie steur aan die dinge wat mense sê nie.”

Groepleier Fransico Maree het gesê dit voel vir hom of hulle by die beloofde land aangekom het.

“Ek het besef hierdie is die Here se projek. Ten spyte van die pandemie, lewe ons nog en nou kan ons ons droom bewaarheid om ons eie huis te besit.”

Hy het gesê lede kwalifiseer vir ’n lening van N$52 000 vir die oprigting van ’n enkelslaapkamerhuis.

“Die klip, sand, stene en sement gaan binnekort afgelewer word, en dit sal ons in staat stel om ons fondasies te giet en te begin bou. Ons wil hê teen Desember moet hier ’n hele buurt staan wat skuiling vir 68 families bied. Ons wil die jaar op ’n ho? noot afsluit.”

Maree het sy dank uitgespreek aan die SDFN en die munisipaliteit van Walvisbaai.

“Dankie vir julle harte wat oopgegaan het vir ons lede. Dit is soms moeilik om ’n huis of ’n lappie grond in Namibi? te bekom. Van ons groep het jonk met die proses begin en is nou pensioenarisse. Maar hulle het moed gehou.”

Daar is egter nog ’n stuk grond waarop huise gebou word. Die area moet nog opgevul word, want die pype lê nog bo op die grond.

Die Walvisbaai-munisipaliteit het 268 erwe aan die groep in 2012 toegeken en die SDFN gehelp om die planne vir die 68 erwe in Narraville te voltooi.

Grondwerk het in 2019 begin met verskeie besighede wat grondverskuiwingstoerusting geborg het.

Die ministerie het N$1 miljoen bewillig vir die verskaffing van paaie en ander dienste in die aangewese gebied.

Die munisipaliteit het ook die groep bygestaan om ’n area te vestig vir ’n projek om bakstene te maak. ’n Draadheining en houtpale is voorsien en die gebied is gelyk gemaak vir die beoogde projek.

Een van die groep se lede en Namport het twee vraghouers geborg vir die berging van die baksteenmasjien wat vanaf die Turkse regering ontvang is en in 2017 deur die kantoor van die goewerneur aan die groep oorhandig is.

Similar News

 

NSA secures funding for delayed census

14 hours ago | Local News

Windhoek ∙ Ogone Tlhage The Namibia Statistics Agency (NSA) will be able to conduct its census later this after securing funding for the...

Wrong body buried

3 days ago - 13 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Two grieving families suffered more trauma after their loved ones’ bodies were accidently switched, allegedly at the Swakopmund district hospital,...

Municipal resorts experience good holiday occupancy

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The local resorts experienced more bookings this festive season compared to the previous year, according to Florentia Mutrifa, the head...

More locals on holiday at the coast

1 week ago - 06 January 2022 | Local News

Swakopmund ∙ [email protected] There were many more Namibians enjoying their festive season at the coast than foreigners, according to several business people and institutions to...

‘Kersfeeskomeet’ sorg vir skouspel uit Namibië

1 week ago - 05 January 2022 | Local News

Windhoek • Ronelle Rademeyer Soos in Betlehem van ouds het die “wyse manne en vroue” van die astronomiewêreld die afgelope Kerstyd na Namibië gereis agter...

Toerismesekuriteitseenheid vir kusdorp

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund ondervind die afgelope tyd ’n toename in geweld en rooftogte wat op toeriste gemik word. Die Swakopmund-munisipaliteit weier egter om terug te sit...

Pa swem nog 'n myl vir sy outistiese seun

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Swakopmund • [email protected] Haller het voor die Nuwejaar die jaarlikse Jetty Myl in Swakopmund geswem met sy outistiese seun, Fanilo (12), asook die bewusmaking, aanvaarding...

Mobiele verkeerskantoor 'n aanwins

1 week ago - 04 January 2022 | Local News

Walvisbaai • [email protected] mobiele “Booze Bus'-verkeerskantoor het 'n uiters besige tyd beleef vandat dit op 10 Desember amptelik in die kusstreek begin werk het. Dié...

Be beach safe

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

The festive season is here and everyone is heading to the coast to tan on the beach and enjoy the refreshing waves.A day of fun...

Use of fireworks prohibited in residential areas

2 weeks ago - 31 December 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] use or exploding of fireworks within a local authority area is prohibited as stipulated in section 3 of the Local Authorities Act...

Latest News

The Audi Q5, SQ5 Sportback

14 hours ago | Motors

Following the Q3 Sportback and the e-tron Sportback, Audi now presents its third crossover utility vehicle, the first-ever Q5 Sportback. This coupé with dynamic lines...

Drones delivering to your doorstep

14 hours ago | Technology

Windhoek • [email protected] Namibia will most likely start using drones to deliver medicine to remote locations within the next few weeks.This comes after a...

More than the absence of...

14 hours ago | Health

Ideally, it is a state of mental well-being in which people cope well with the many stresses of life, can realize their own potential, and...

Suspected avian flu being investigated

2 days ago - 14 January 2022 | Environment

Swakopmund • [email protected] Following a major outbreak of avian influenza in South Africa’s Western Cape a few months ago that killed almost 25 000...

Taxi-tariff guide gives legal footing

2 days ago - 14 January 2022 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The recently published taxi-tariff guide by the Namibia Bus and Taxi Association (Nabta) to accompany the official taxi-tariff hike...

Boggelrugwalvis spoel uit

2 days ago - 14 January 2022 | Picture of the day

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Van Walvis tot wêreldklas animasieregisseur

2 days ago - 14 January 2022 | Art and Entertainment

Windhoek ∙ [email protected] Die Namibies gebore Reginald Amukoshi Emvula was een van die regisseurs van die animasiefilm Encanto wat Maandagoggend die Golden Globe-toekenning vir...

Maybe I was wrong –...

2 days ago - 14 January 2022 | Police

Windhoek ∙ Mathias Haufiku Police chief Sebastian Ndeitunga yesterday said he might have acted ‘ultra vires’ when he issued an internal memo to...

Shangula lambasts anti-vaxxers

2 days ago - 14 January 2022 | Ministries

Health and social services minister Kalumbi Shangula has implored vaccine sceptics to abandon the anti-vaccine campaign and to join the nation to successfully fight Covid-19...

Load More