Salvador stel ‘Man in my’ vry

Depressie inspireer liedjie

12 April 2020 | Art and Entertainment

Salvador; Sanger; “Dit is eerste liedjie wat ek heeltemal in Afrikaans gedoen het.”

Walvisbaai • [email protected]ongo.com.na


Mense vind verskillende maniere om hul innerlike worstellinge te hanteer. Sommige praat daaroor, ander skryf daaroor. Maar sanger Salvador Mouers het besluit hy sing liewer daaroor.

Dié kunstenaar het onlangs sy jongste enkelsnit, “Man in my”, vrygestel.

Die liedjie, wat deur die Afrikaanse rymkletser Ike 'Ixa' Adonis geskryf is, handel oor depressie en dra ’n boodskap oor uit die perspektief van iemand wat daaraan ly.

“Man in my” se boodskap word verder oorgedra met ’n moderne ritme wat dit ook ’n lekker luisterliedjie maak.
Ixa sê die liedjie handel oor sy persoonlike ondervinding toe hy homself in die donker kloue van depressie bevind.

“‘Man in my’ gaan nie net oor wat in my onderbewussyn aangegaan het nie. Dit handel ook oor die stem van die Here binne my. Dit was hoop en my geloof wat my gedra en met my gepraat het. Dit het my herinner en aangespoor om nie moed op te gee nie,” sê hy.

Ixa het “Man in my” in September 2019 geskryf toe hy die erns van depressie besef ná sy persoonlike ondervinding daarmee.

“Toe ek tot die besef kom dat ek deur depressie gegaan het, het dit my baie gehelp om te besin oor hoe dit my laat voel het toe ek op my swakste was,” sê hy.

Salvador, wat by die 2018 Namibiese musiektoekennings as beste R&B en beste nuweling benoem is, het gesê die liedjie verskil van alle ander liedjies wat hy nóg vrygestel het.

“Eerstens is dit deur ’n ander musikant geskryf. Dit is ook die eerste liedjie wat ek solo en in Afrikaans opgevoer het. Ek het al voorheen Afrikaanse liedjies soos “Silwer Randjie” en “Soewalakasa” as medewerkings met Ixa gedoen.”

Dié twee asook Jeffrey “DiChef” Jobb, was voorheen deel van die groep Brazse Fani Mic (BFM). Hulle het verskeie liedjies in Engels as Afrikaans vrygestel.

Volgens Salvador verskil “Man in my” ook van sy vorige liedjies in die opsig dat dit ’n boodskap bevat vir mans wat in ’n innerlike stryd gewikkeld is en verhoudingsprobleme ondervind.

Dit spreek ook tot mans oor die manier waarop hulle grootgemaak is en grootword.

“Die boodskap is dat jy nie alleen is nie. ’n Vrou het onlangs met Ixa gekoggel en gesê dat sy ook met die boodskap in die liedjie kan assosieer. Dit is wat hierdie liedjie so kragtig maak,” het hy gesê.

Salvador is die afgelope paar jaar ’n onafhanklike kunstenaar en hy meen daar is verskeie voordele daaraan verbonde.

“Jy pluk die vrugte van jou arbeid ten volle. Jy is in beheer van jou loopbaan en besluit self oor die produk wat jy as kunstenaar aan die wêreld bekendstel. Jou klank is jou eie. Daar is nie enige inmenging van ’n tweede of derde party nie.”

Hy beoog om deur die loop van die jaar meer enkelsnitte vry te stel.

“Ek wil soveel moontlik van my eie, oorspronklike musiek vrystel en ’n bestendige inkomste daaruit verdien. Ek was ’n rukkie uit die musiektoneel, wat my tyd gegee het om na te dink oor wat werklik belangrik is. Die ervarings en lesse wat ek geleer het, sal beslis in my toekomstige musiek weerspieël word,” sê hy.

Voor hulle “Man in my” vrygestel het, het Ixa en Salvador ook saamgewerk aan ’n tweede enkelsnit met die titel “Sout & Suiker”. Dié liedjie bevat ook Afrikaanse lirieke en handel oor verhoudings en die gevare van dwelmmisbruik.

“Afrikaans moes nog altyd tweede viool speel. Ek dink dis tyd dat dit verander,” sê hy.

“Man in my” is op die aanlyn musiekplatform Reverbnation beskikbaar onder Salvador se rekening, Music and Salvador.

Similar News

 

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Smartboy’s video to feature on Trace Africa

5 days ago - 22 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based rapper Faith Samaseb (26), better known as Smartboy, recently completed the shooting of the music video for his song, “No...

Jericho is back!

2 weeks ago - 13 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] winning rapper Jericho Gawanab (39) – simply known as Jericho to his fans – is hard at work finishing his latest album.During...

‘Son of the Soil’

2 weeks ago - 11 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Alfons Kanyetu, better known in music circles as Ally the Mini King, recently released his first solo project titled Son of...

Mark finds his lockdown muse

2 weeks ago - 07 May 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Mark Louw AKA Mark West Coast Finest, says that since the partial lockdown was implemented in the country...

‘Moffie’ makes waves

3 weeks ago - 04 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The long-awaited South African film ‘Moffie’ had its premiere week cut by the implementation of lockdown measures in South-Africa and...

Baanbreker-sangeres kyk terug

4 weeks ago - 29 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Ná haar drie NAMA-toekennings tydens verlede jaar se kompetisie, het Lize Ehlers (33) nou nog hoër hoogtes bereik.Met dié dat sy...

Blues musikant timmer aan album

1 month - 25 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Sagarias Tsam, beter bekend as ‘Sakkie’ onder sy medemusiekante, het homself gevestig as ’n hartsvriend van die Namibiese musiekbedryf. Sy liefde...

Jyz Yorke excited about Rap Battle Namibia nod

1 month - 19 April 2020 | Art and Entertainment

Omaruru • [email protected] Omaruru-raised rapper Jedidiah Yorokee Ziabulela, known as Jyz Yorke, was recently selected as one of the six finalists that will...

Latest News

Long weekends and discounts promote...

1 hour ago | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Mayor pleads for adherence of...

1 hour ago | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Erongo Red closes shop temporarily

1 hour ago | Business

Walvis Bay •[email protected] Erongo RED ordered employees working at their head office (excluding pay points) to vacate the building until Friday. This...

Covid patient fights for his...

14 hours ago | Health

Walvis Bay Another Namibian national has tested positive for Covid-19. The patient is currently in a critical condition and attached to a ventilator at a...

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Bank decontaminated and sanitised

1 day - 26 May 2020 | Banking

Walvis Bay • [email protected] A number of people are on high alert in Walvis Bay after a truck driver who tested positive for...

Unverified information creates confusion ...

1 day - 26 May 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The news that a truck driver tested positive for Covid-19 in Walvis Bay over the weekend, triggered a flood...

Maatskaplike werker open spens

2 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Load More