Saban pen tweede boek

Plaaslike skrywer Mogamat Sallie Saban toor nog steeds met woorde.

14 July 2020 | Art and Entertainment

Walvisbaai • [email protected]

Skrywer en digter Mogamat Sallie Saban het onlangs sy nuwe boek ‘Sandwich Harbour, our beautiful coastline’ vrygestel.

Die boek bestaan uit 54 bladsye en nege hoofstukke, en vertel van die wonders en natuurskoon van Sandvishawe, Rooibank, Conception-baai, Meobbaai, Oranjemund, Lüderitz en Kolmanskop, Walvisbaai, Swakopmund en die Skedelkus.



‘Sandwich Harbour, our beautiful coastline’ is nie net gevul met feite nie, maar daar is ook foto’s wat uit toeka se dae (1930) dateer. Dit vertel ook nie net van die geskiedenis van hierdie dorpies nie, maar handel ook oor die mense wat jare gelede in die plekke gewoon het.

“Verborge skatte van die Namib met sy appelkoos-gekleurde duine wat die see inloop. Warm Namib-kus wat strek vanaf noord oor die Kunenerivier deur die Skedelkuspark waar skeepswrakke besaai lê, grafte toegewaai is en mense ’n bestaan maak. Verby Hentiesbaai en Swakopmund lê die mooi geskiedenis van ervare seemanne, skeepswrakke wat roes in die mis. Ons kuslyn het baie geheime skatte en baie mense smag om hierdie skatte te aanskou.”

Só beskryf Saban die mooi van ons wêreld.

Saban vertel hy het drie jaar aan die boek gewerk.

“Ek het die boek in 2016 begin skryf en onlangs ’n duisend eksemplare daarvan laat druk.”

‘Sandwich Harbour, our beautiful coastline’ is sy tweede boek. Hy het sy eerste boek ‘Walvis Bay - Namibia’s Jewel’ in 2015 uitgereik. “Dit het ook omtrent drie jaar geneem om te skryf en om die inligting geverifieër te kry.”

Saban sê Namibie het soveel geskiedenis.

“Maar waarheen gaan die inligting?” wil hy weet. “Té gereeld sterf die stories en die geskiedenis saam met mense. Die inligting word wel soms mondelings oorgedra aan kinders en kleinkinders, maar dit is waar dit stop. Hier is soveel verborge skatte, soveel stories wat net wag om vertel te word. Dit is my gedagte met hierdie boek, en ook die een voor dit.”



Saban sê omdat Walvisbaai ’n vissersdorp is, sal hy graag die stories van die vissermanne ook wil vertel.

“Ek weet van ’n paar vissermanne wat ’n skip se sinking oorleef het. Selfs my oorlede pa was ’n visserman.”

Hy sê ook dit is die plig van inwoners om die dorpie se prag en praal te bevorder, ongeag die goed of die sleg.

“Ek poog om almal ’n blik te gee van ons mooie natuur, veral vir die mense wat nie tot by die Skedelkus kan ry nie, of nie by Kolmanskop kan uit kom nie.”

Saban is ook nie van die gevolge van Covid-19 gespaar nie. As trokdrywer, het sekere regulasies en ’n salarisverlaging hom in ’n moeilike posisie geplaas.

“Ek verkoop my boek teen N$100. Dis ’n lekkerlees, koffietafelboek en ook ’n versamelaarsitem, of somer ’n unieke geskenk.”

Saban se gedigte kan ook gereeld in die Republikein gelees word.

Similar News

 

July’s hot and popping hits

4 days ago - 31 July 2020 | Art and Entertainment

Coast • [email protected] musicians from the Erongo region released some captivating tunes in July, with Tuhafeni, Ixa and Gerenyovest not disappointing their fans. Swakopmund-based Josef...

Jaliza’s new album set to drop

5 days ago - 30 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund-based Ma/Gaisa singer Jaliza (29) is ready to wow her fans with a new album after a lengthy hiatus.The “Ditsa...

Kuku_V aims for the stars

5 days ago - 30 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Upcoming vocalist Viktor Ambonda who goes by Kuku_V, says he is on cloud nine after being chosen as one of the...

Stories wanted

1 week ago - 28 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Swakopmund museum is known for telling extraordinary stories from times long forgotten.The Scientific Society Swakopmund (SSS) wants to take a...

More than 150 dancers audition for 2020 MTC Knockout...

1 week ago - 23 July 2020 | Art and Entertainment

Windhoek Dance auditions for the second edition of the MTC Knockout Project, which will be held under the theme “Together we can beat homelessness”, attracted...

“Alibi” is your number one song

1 week ago - 23 July 2020 | Art and Entertainment

Coast • [email protected] “Alibi”, the latest offering by ESB (Eduardo Riobo), Space the Don (Rivaldo van den Heever) and Roger (Rodger Nuwuseb) has reached...

Sangers span saam

3 weeks ago - 13 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Terwyl dit maar broekskeur gaan met baie kunstenaars, het 21 Namibiese musici saamgespan om ‘n paar ekstra dollar te maak.Corne...

Swakopmunder releases computer game

3 weeks ago - 12 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund •[email protected] Johnny Benade (34) recently released a computer game called I.B Helper (Intelligent Bare Bones Helper). The self-taught game developer shares more about his...

English as beoordelaar vir Voice Perfect Namibia gekies

4 weeks ago - 07 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Die NAMA-benoemde vroulike kunstenaar van die jaar Monique English (25), is gekies as beoordelaar vir die aanlynsangkompetisie, Voice Perfect Namibia. English het...

June’s hot and popping hits

1 month - 01 July 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Several musicians from the Erongo region have released captivating music this past month. Erongo24/7 reviewed the latest offerings and discovered that...

Latest News

Mother sacrifices her life in...

1 hour ago | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Ministry of defence rubbishes bogus...

2 hours ago | Ministries

Audio and video footage that has been circulating on social media claiming that Chinese soldiers have entered into Namibia, are untrue.“There is no iota of...

Sixty-four new cases

2 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Majority of police station attackers...

12 hours ago | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Maskers vir bewaring

21 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

Toerisme bedryf se kommer aangespreek...

21 hours ago | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

No electricity tariff increases for...

21 hours ago | Energy

Walvis Bay Erongo RED announced a weighted average tariff adjustment of -1.6% in compliance with approval from the Electricity Control Board (ECB). This is...

Navigational warning issued

21 hours ago | Infrastructure

Port captain Lukas Kaufuna issued a written navigational warning to all vessels tied up in the commercial harbour regarding the seasonal surge currently experienced. Swell...

We are in this together...

21 hours ago | Local News

Walvis Bay “EBH with its large and long-serving local workforce are extremely concerned by the effects and ramifications of this on...

Load More