Saamstaan om huise te bou

Lede van die SDFN is tans besig om die grond wat hulle ontvang het, vir die bou van huise voor te berei.

10 March 2020 | Infrastructure

Fransico Maree, voorsitter: “Dit was die grootste kopseer . . . ”

Walvisbaai, Narraville





Die Narraville Shack Dwellers Federation Network (SDFN) staan lenings van N$45 000 elk aan die 68 lede van die Stand Together-groep toe.

Dít vir die oprigting van hul eie eenslaapkamerhuise.

Die bedrag sluit nie toerusting en loodgieterswerk in nie, aangesien dit te duur is en beskikbare fondse dit nie kan dek nie.

Lede moet ’n 5%-voorskot (N$2 250) betaal om vir die lening te kwalifiseer.

Die groep se spaarrekening maak hiervoor voorsiening.

Lede is van plan om hul eie bakstene te vervaardig om kostes te verlaag en van die elektriese toerusting en loodgietersmateriaal self aan te skaf.

Volgens die SFDN se Narraville-takvoorsitter, mnr. Fransico Maree, het 30 lede reeds opleiding van die Ohorongo Brickmaking Academy ontvang om stene te maak.

Die groep het onlangs ’n baksteenmasjien by die Erongostreek se goewerneur , mnr. Cleophas Mutjavikua, ontvang, wat “Die Goewerneur” gedoop is.

“Ons gaan in alle erns met die maak van stene begin. ’n Bouspan is aangestel wat die proses gaan dryf. Die plan is om 1 000 stene per dag te maak. Sand- en sementskenkings is welkom. Om ons eie stene te maak, sal die kostes van ons huise verder verlaag.”

Maree sê die groep is dankbaar vir die hulp wat hulle van die munisipaliteit ontvang het om die grond ter sprake op te vul.

Dié proses sal na verwagting einde Maart afgehandel wees.

“Die opvulling was ons grootste kopseer, omdat ons al meer as 13 jaar hiermee sukkel,” sê Maree.

Grond vir die projek is in Desember 2009 reeds toekegen, maar lede het op 5 Februarie vanjaar eers hul eienaarskapsertifikate ontvang.

“Ons moes ongelukkig in Julie 2019 weer aansoek doen weens ’n fout met erfnommers op die sertifikate. Lede wag nou vir die registrasieproses en dan gaan die grond van die munisipaliteit aan die Stand Together-groep oorgedra word.”

Maree sê lede het elk N$4 800 vir wateraansluiting betaal.

“ErongoRED het ingestem om die huise as deel van hul maatskaplike verantwoordelikheid teen N$56 818 aan die netwerk te koppel. Kragmeters is aangebring en lede is vir hul eie elektrisiteitsverbruik verantwoordelik. ”

Maree sê lede het tot dusver N$117 000 aan landmeting en N$68 000 aan ingenieurs bestee. Hy sê die volgende stap is padwerke, en ’n skatting van die kostes hieraan verbonde is reeds by ’n plaaslike kontrakteur bekom.

“Die prys van N$615 000 sluit ’n gruislaag van 150 mm G5-gruis, asook ’n basislaag van 150 mm G4-gruis in. Ons het briewe aan maatskappye en myne in die streek gerig om hul hulp te versoek, aangesien geld of materiaal ons nader aan ons doelwit gaan bring om uiteindelik met die bou van ons eie huise te begin.”

Volgens Maree het die 68 lede reeds N$81 600 vir die aankoop van rioolpype teen ’n geraamde koste van N$302 000 ingesamel.

Groepslede sal self rioolpype aanlê ná padwerke voltooi is.

“Ons beoog om ons eie mangate te giet en dit self aan te bring. Die SDFN het reeds twee vorms vir dié doel geskenk.”

Similar News

 

Behuising: Waglys bygewerk

5 days ago - 24 March 2020 | Infrastructure

Swakopmund Die bestuurskomitee van Swakopmund se munisipale raad het goedkeuring gevra om die name van 687 geregistreerde inwoners wat behuising benodig by die meesterwaglys te...

Passenger vessel visits suspended

5 days ago - 24 March 2020 | Infrastructure

The Namibian Port Authority’s commercial executive Tino !Hanabeb confirmed that no cruise ships will be allowed to visit the port due to the ongoing coronavirus...

Corona rumours dispelled

1 week ago - 17 March 2020 | Infrastructure

Walvis Bay •[email protected] Namport acting chief executive Kavin Harry confirmed that each passenger on board the AIDAmira was tested before they disembarked from...

Barrier between highway lanes

2 weeks ago - 13 March 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] In future it will be almost impossible to drive into an oncoming lane when travelling between Swakopmund and Walvis Bay, because...

Effective rail infrastructure a must

2 weeks ago - 10 March 2020 | Infrastructure

Namibia is fortunate to have a relatively developed transport infrastructure such as modern ports and a well-developed and internationally acclaimed road network. However, the ailing...

Growing the Port of Lüderitz

3 weeks ago - 03 March 2020 | Infrastructure

The Trans Oranje Corridor route that links the Port of Lüderitz to the interior, has experienced tremendous volume growth and thus the ideal of becoming...

Brazilian Navy Vessel docks

3 weeks ago - 03 March 2020 | Infrastructure

The Brazilian Navy ocean patrol vessel (OPV) Amazonas (pictured), docked at the Port of Walvis Bay on Friday. The crew will participate in the Obangame...

Brazilian warship heading to Walvis Bay

1 month - 25 February 2020 | Infrastructure

The Brazilian Navy Ship, Ocean Patrol Vessel (OVP) "Amazonas" departed from the Naval Base of Rio de Janeiro on 17 February and will arrive in...

Cementing ties

1 month - 18 February 2020 | Infrastructure

Pictured here are the Namport executive for information communication and technology Victor Ashikoto with the premier of South Africa's Gauteng province, David Makhura. Ashikoto hosted...

Namport strengthens ties with France

1 month - 18 February 2020 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The Namibian Ports Authority (­Namport), Grand Port Maritime de Dunkerque (GPMD) and Agence Fran­çaise de Développement (AFD) signed a tripartite memorandum...

Latest News

Fuel prices drop

3 hours ago | Ministries

The minister of mines and energy Tom Alweendo announced that fuel pump prices will decrease. The price of 95 Octane Unleaded Petrol will decrease...

Fishing sector calls for leniency...

20 hours ago | Fishing

Walvis Bay Fishing industry role players based in Walvis Bay have called for clarification and leniency from to the minister of fisheries and marine resources...

Battle lines drawn

1 day - 28 March 2020 | Health

The lockdown began at 23:59 on Friday 27 March and continues until 23:59 on 16 April 2020 and will remain in force for 21 days....

Water reconnection a boost for...

2 days ago - 27 March 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] The governor of the Erongo region, Cleophas Mutjavikua, said that residents living in the Erongo region who had their water disconnected...

Emergency medical facility for Walvis...

3 days ago - 26 March 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The ground-breaking ceremony of a 150-bed emergency medical isolation facility to be constructed that will cater specifically for Covid-19 cases,...

Polisie kom in vrede

3 days ago - 26 March 2020 | Ministries

Swakopmund • [email protected] Die Namibiese polisiediens waarsku dat dit die nodige stappe sal doen om te verseker dat veiligheidsmaatreëls wat deur president Hage Geingob...

Pandemie verander skole se jaarplanne...

3 days ago - 25 March 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] Ná president Hage Geingob se aankondiging van ’n noodtoestand weens die teenwoordigheid van Covid-19 in die land, is skole gesluit met...

Connect, create and collaborate

3 days ago - 25 March 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] The Rendezvous movement is named after the youth group of the Living Water Church in Walvis Bay that started out...

The battle against coronavirus intensifies...

4 days ago - 24 March 2020 | Government

President Geingob has announced that cabinet has decided to further strengthen the national response in light of the rising cases of coronavirus in the country.The...

Load More