Só werk uitslae se bekendmaking
29 January 2021 | Education
Dit sal net ná middernag dié oggend bekend wees, het die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, bevestig.
Namibia Media Holdings (NMH) sal die uitslae op al sy platforms beskikbaar stel – elektronies sowel as in gedrukte vorm.
In die gedrukte weergawe wat Vrydag beskikbaar sal wees, sal kandidate se eksamennommers en -resultate onder die skool waar die leerlinge ingeskryf was, gelys wees. Geen name word gepubliseer nie – selfs ook nie aanlyn nie.
Op die dag van die uitslae kan kandidate ook hul eksamennommer na 99099 SMS om sy of haar uitslae te ontvang.
Volg ons op ons sosialemediaplatforms vir meer inligting. Graad 11's en 12's kan ook met ons by q.my.na/results gesels as hulle meer inligting wil hê.