Só werk kwarantyn nou

Studente, staatspasiënte betaal nie

07 July 2020 | Health

[email protected]

Buitelanders wat Namibië wil binnekom moet ‘n negatiewe SARS-COV-2 PCR (polymerise chain reaction)-toets van ‘n gesertifiseerde laboratorium, wat nie ouer as 72 uur is nie, saam met hul aansoek vir die verpligte 14 dae kwarantyn voorlê.

Die koste van die kwarantyn is vir beide buitelanders en Namibiërs wat terugkeer vir hul eie onkoste. Die betrokke persone moet ook skriftelik die Namibiese diplomatieke verteenwoordiger in die land wat hulle verlaat, twee weke voor die tyd oor die dag en datum van hul beplande aankoms in Namibië, hetsy per pad, lug of see in kennis stel. Ook moet hulle aandui van watter kwarantyngeriewe hulle gebruik gaan maak en wie verantwoordelik is om die rekening te vereffen.

Volgens die nuwe kwarantynregulasies is enige persoon wat Namibië binnekom onderworpe aan kwarantyn waar hulle ook vir Covid-19 getoets sal word. Dié wat kwytgeskeld is van die koste verbonde aan kwarantyn, sluit in leerlinge en studente wat in Namibië of die buiteland ingeskryf is, staatspasiënte, gesondheidslui, asook mense wat die land op humanitêre gronde of vir ’n amptelike regeringsbesoek binnekom.

Namibiese burgers wat nie die kwarantynkoste kan bekosting nie, kan by die staat aansoek doen dat laasgenoemde die koste dra.

Namibiese burgers wat die land vir private sakegeleenthede verlaat, moet ook met hul terugkeer 14 dae in kwarantyn deurbring.
Volgens die regulasies kan enige persoon wat “onredelik weier” om in kwarantyn te gaan of getoets te word, ‘n boete van N$2 000 of tronkstraf van ses maande opgelê word.

Volgens me. Naemi Shoopala, direkteur van primêre gesondheid in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), moet Namibiërs die ministerie vooraf van hul koms inlig om te verhoed dat hulle onaangekondig opdaag.

“Dit is om ‘n toestroming te voorkom soos wat ons ervaar het. Mense het net opgedaag en geriewe is onkant gevang en nie altyd voorbereid nie,” het Shoopala tydens ‘n bespreking oor kwarantynregulasies by die Covid-19-kommunikasiesentrum gesê.

‘n Lys van geriewe wat deur die ministerie goedgekeur is, is volgens Shoopala op MoHSS se webtuiste beskikbaar. Navrae kan aan MoHSS gedoen word oor watter geriewe plek beskikbaar het.

Volgens Shoopala sal die betrokke grens, hetsy see, land of lug oor die beplande aankoms in kennis gestel word. Die persoon wat die land binnekom, sal vervolgens deur ‘n gesondheidsbeampte en ‘n wetstoepasser na die betrokke kwarantyngeriewe vergesel word.

Persone wat die land binnekom, is verantwoordelik om vir hulself te betaal, insluitend akkommodasie en etes. Die toetse vir Covid-19 word egter deur die staat betaal.

Volgens me. Patemoshela Hamunyela, waarnemende direkteur van gesondheid van die Khomasstreek, is die goedgekeurde kwarantyngeriewe so gekies dat dit naby ‘n grens of lughawe is. Dit is om die moontlike oordrag van die siekte so ver as moontlik te beperk.

Hamunyela sê ‘n lys van beskikbare geriewe en die koste van verblyf per dag word deur ‘n beampte van die ministerie gekoördineer.

“Met aansoek van kwarantyn sal die lys van geriewe en die pryse van verblyf aan die aansoeker verskaf word, wat dan kan kies waar hy of sy wil bly,” het sy verduidelik.

Mense in kwarantyn word volgens haar twee keer getoets. Eers as die uitslae van ‘n negatiewe toets ontvang is, kan die persoon die geriewe verlaat.

Me. Phillomena Ochurus, direkteur vir gesondheidsinligting en navorsing by MoHSS, het op haar beurt beklemtoon vanaf die oomblik wat ‘n sertifikaat uitgereik is dat ’n persoon negatief getoets het, moet voorkomende maatreëls steeds toegepas word.

“Dit beteken nie as jy negatief getoets het, kan jy nie weer aan die virus blootgestel word nie,” het sy gesê.

Met betrekking tot die kwytskelding van koste vir kwarantyn, het Ochurus gesê, mense kan by die ministerie hiervoor aansoek doen. Die aansoekvorm is ook op MoHSS se webtuiste beskikbaar. Die aansoek moet vergesel word van die redes waarom die persoon nie die kwarantynkoste uit sy eie sak kan betaal nie. Dit sal vervolgens aan ‘n paneel voorgelê word wat elke aansoek op meriete sal beoordeel.

“As hulle dit regtig nie kan bekostig nie, sal die regering betaal,” het sy gesê.

Similar News

 

Covid-19 cases surpass 3000 mark

19 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 152 new Covid-19 cases, saying that 1 190 test results were received from NIP...

Three more Covid-19 deaths reported

1 day - 10 August 2020 | Health

Another three Covid-19 deaths and 97 new positive cases were announced in Namibia on Sunday evening. The ministry also announced 64 recoveries with 41 from...

Andre wants hospital stigma to end

2 days ago - 09 August 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Erongo governor Neville Andre has called on the public to stop stigmatising hospitals at the coast due to the Covid-19 pandemic.“It...

Slight decline in Walvis Bay Covid-19 case numbers

2 days ago - 09 August 2020 | Health

Fifty new positive Covid-19 cases were recorded in the country, announced Ben Nangombe, the executive director of the ministry of health and social services toady....

Another Covid-19 death, 150 new cases

3 days ago - 07 August 2020 | Health

One death, a record number of 150 new positive Covid-19 cases, and 12 new recoveries (seven from Walvis Bay and five from Windhoek) were announced...

Three more Covid-19 deaths

4 days ago - 06 August 2020 | Health

Three more Covid-19 related deaths were announced by the minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula today. Two of the deceased are...

Sixty-four new cases

6 days ago - 04 August 2020 | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Another life lost to Covid

1 week ago - 03 August 2020 | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced another Covid-19 death today, saying that the man (49) was admitted to the Windhoek...

No Covid-19 deaths reported today

1 week ago - 02 August 2020 | Health

A total of 766 Covid-19 test results were received from NIP and Pathcare laboratories over the past 24 hours, the minister of health and social...

Another life lost to Covid-19

1 week ago - 01 August 2020 | Health

The minister of health and social services Kalumbi Shangula announced that another live was lost due to Covid-19 today. This brings the number of Covid-19...

Latest News

Pandemie plaas verdere druk op...

12 hours ago | Education

Walvisbaai • [email protected] Sommige skole in die Erongostreek was slaggereed om leerders terug te verwelkom, terwyl dit vir ander ’n uitdaging is. Privaatskole in Walvisbaai...

Olivier vertel van gimnastiek katastrofe...

12 hours ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Die uitvoerende presidente van die Namibië Gimnastiekvereniging (NGF), Sonja Olivier, het geappelleer teen die Namibiese Sportkommissie (NSC) en die Namibiese...

Prophet nabbed for fraud, theft...

16 hours ago | Crime

Walvis Bay · Leandrea Louw A so called prophet from the Internal Glory Ministry church in Walvis Bay swindled five unsuspecting women out of...

Grumpy’s fishing report

19 hours ago | Fishing

The fish appear to be nibbling, with reports of bigger ones being landed few and far between, the only exception being Paaltjies during the past...

Covid-19 cases surpass 3000 mark...

19 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 152 new Covid-19 cases, saying that 1 190 test results were received from NIP...

Internet boost for Omatjete

23 hours ago | Local News

Omatjete The Obama Leaders Namibia recently connected and supplied internet devices along with WiFi to the Omatjete area. At the launch, the Obama Leaders Namibia...

Namibia belongs to those who...

23 hours ago | Business

Wherever you are in the country and whichever daily you read, the newspaper you hold in your hands today was delivered by Namibia Distribution...

Three more Covid-19 deaths reported

1 day - 10 August 2020 | Health

Another three Covid-19 deaths and 97 new positive cases were announced in Namibia on Sunday evening. The ministry also announced 64 recoveries with 41 from...

Thieves on the run with...

1 day - 09 August 2020 | Crime

Contributed The police are searching for suspects who allegedly broke into a house in Swakopmund’s Vineta suburb and stole a safe containing N$1 million. The...

Load More