“Rol met my” – op Swakopmund

MVA hou pretrit

03 December 2019 | Health

Rosalia Martins-Hausiku; MVA uitvoerende hoof; “Hierdie beserings verg aanpassing tot ’n omgewing wat onverwags verander.”

Swakopmund • [email protected]

Namibië is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak ook die emosionele trauma vir oorlewendes asook hul naasbestaandes.

Hierdie trauma kan egter oorbrug word deur sosialisering en interaksie met individue wat die situasie verstaan.

Die Motorvoertuigongelukfonds (MVA) hou juis om dié rede elke jaar ’n rolstoelpretrit. Hierdie geleentheid is deel van die MVA se korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram wat gerig is op rehabilitasie en bewusmaking van die fisiese, sosiale en emosionele uitdagings wat ongelukslagoffers ondervind.

Die geleentheid het vanjaar sy tiende bestaansjaar herdenk, met 25 deelnemers wat in aksie was. Die groep het vanaf die Erongo-streekskantoor na The Dome op Swakopmund gery en toe ’n heerlike vroëe middagete daar geniet.

In ’n mediaverklaring het die MVA gevra vir ekstra waaksaamheid in die komende vakansieseisoen, aangesien motorongelukke juis nou aan die orde van die dag is.

Teen Augustus vanjaar het 323 mense hul lewens op Namibiese paaie verloor – ’n gemiddeld van 43 sterftes per maand. In 2018, is 201 lewens vir ewig verander met mense wat ernstige beserings opgedoen het in motorongelukke.

Me. Rosalia Martins-Hausiku, die MVA se uitvoerende hoof, het by die geleentheid gesê dat die beserings basies alle fasette van die beseerde se lewe raak.

“Hierdie beserings verg aanpassing tot ’n omgewing wat onverwags verander. Baie pasiënte word skielik van ander afhanklik.”

Sy het die groep egter aangemoedig om nie hul toestand as ’n agterstand te beskou nie.

“Die MVA se uiteindelike doel is om julle te help om jul daaglikse struwelinge in ’n ander lig te sien sodat julle sinvolle lewens kan lei. Ons wil hê julle moet so gou as moontlik terugkeer na jul werk, jul lewens en so onafhanklik as moontlik wees,” het Martins-Hauiku gesê.

Similar News

 

Wêreldvigsdag herdenk

3 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Perdfris en gesond

2 months ago - 08 October 2019 | Health

Swakopmund • Iréne-Mari van der WaltDie mediese fonds Namibia Health Plan (NHP) het onlangs sy Welstand Ope Dag gehou. Lede van die publiek kon hul...

Become breast cancer aware

2 months ago - 24 September 2019 | Health

Walvis Bay • Leandrea Louw Erongo Radiology of the Erongo Medical Group pledged N$20 000 to the Cancer Association of Namibia (CAN) for...

Helping to curb Hepatitis E

3 months ago - 05 September 2019 | Health

Swakopmund • Adolf Kaure A non-toxic, chemical free, 100% biodegradable sanitizer that can be used to disinfect surfaces, purify contaminated water and disinfect tools has...

Unique partnership benefits hospital

5 months ago - 16 June 2019 | Health

Swakopmund - Otis Finck Steckels Toyota resolved to partner with and address a number of maintenance issues at the Swakopmund State Hospital. Rene...

Focus on menstrual health

6 months ago - 09 June 2019 | Health

Swakopmund - Adolf KaureMenstrual Hygiene Day was commemorated for a second time in the country at the Swakopmund Secondary School hall recently. Information to assist...

Living with lupus

6 months ago - 20 May 2019 | Health

Walvis Bay - Karl Philander Community members staged a march on World Lupus Day commemorated on Friday 10 May to raise public awareness about...

Tackling hepatitis E

6 months ago - 20 May 2019 | Health

Service at clinic deplorable

7 months ago - 15 April 2019 | Health

The current clinic in Narraville resembles a two-bedroom house and it urgently needs to be expanded, residents informed Walvis Bay council members during a discussion...

Tackling the hepatitis E outbreak

8 months ago - 08 April 2019 | Health

Walvis Bay - Otis Finck The ongoing outbreak of hepatitis E in several parts of the country prompted a proactive approach by the...

Latest News

Desert Dash delivers once more...

1 day - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

3 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

3 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

3 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

5 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

5 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

6 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

“Rol met my” – op...

6 days ago - 03 December 2019 | Health

Swakopmund • [email protected]ë is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak...

Load More