Restaurantbedryf langs die kus toon tekens van herstel

Stand van sake anders as in binneland

24 October 2020 | Business

Arno Rahn; Bestuurder, Main Street Café; “Dit is tragies, hier is baie min plaaslike ondersteuning.”

Swakopmund • [email protected]


Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die verslapping van Covid-19-inperkingsmaatreëls wat binnelandse toeriste toelaat om te reis.

Die restaurantbedryf het tydens die inperkings yslike verliese gely.

“Ek dink as ons nou kla, kla ons met die witbrood onder die arm,” sê Theuns Duvenhage, die eienaar van Dockside Seafood & Grill op Walvisbaai.

Hy sê dat binnelandse toeriste die pot aan die kook hou.

“Ons is nog ver van die goeie ou dae. Al keer wat ons regtig gevoel het dinge is normaal, was toe ons ’n filmspan van 12 hier gehad het,” sê hy.

In Swakopmund sê Norbert Sadlowsky ook dat gaste vanaf die binneland ’n welkome verligting bring.

“Ek dink ons het hierdie jaar meer binnelanders gehad as wat ons onder normale omstandighede sou verwag,” sê die eienaar van die biertuin, Altstadt.

Sadlowsky het geen werknemers afgedank nie, maar moes minder en korter skofte instel om kostes te sny.

Volgens Arno Rahn, die bestuurder van die Main Street Café op Omaruru, het die dorp se lot egter nie verander sedert die streeksgrense heropen het nie.

“Dit gaan sleg want hier is baie min plaaslike ondersteuning. Mense ry deur en baie vat nou die pad reguit Etosha toe sonder om hier te stop. Ons het vir ’n week of twee ná die grense heropen het ’n effense oplewing beleef, maar nou is dit weer stil.”

Rahn, wat die kafee saam met sy vrou Monika bestuur, moes twee werknemers afdank weens die pandemie om finansieël kop bo water te hou.

Hy sê dat ’n laer aanvraag beteken ook hy aan sy spyskaart moes sny.

“Ons het altyd ’n verskeidenheid koeke aangebied, maar nou kan ons dit nie meer so doen nie, want dit raak alles oud.”

Rahn sê egter hy is vol moed dat besigheid vanaf Maart 2021 weer sal begin optel en dat dinge weer in Junie/Julie volgende jaar bestendig sal wees.

Lana Joubert, die eienaar van Fishy Corner op Hentiesbaai, sê hulle plaas hul hoop op toersite wat moontik Desember op die dorp sal kom vakansie hou.

“Dit is moeilik om te sê hoe lank ons gaan neem om ten volle te herstel. Ons hou elke jaar van ons winste om ons deur die stil maande te dra. Vanjaar sal ons wintste egter direk vir die delg van agterstallige skuld gaan,” sê sy.

Volgens Joubert het die goedhartigheid van hul verskaffers en die eienaars van die perseel waar hulle huur, die restaurant se deure oop gehou.

“Die perseel se eienaars het vir ons gesê ons kan betaal wat ons kan bekostig. Daar was maande wat ek vir hulle net N$500 of N$1000 oorbetaal het want dit is al wat ons kon bekostig.”

Sy stem saam met Sadlowsky dat binnelanders wat tans na die kus kom ’n welkome verligting vir besighede bring.

“Ons het verlede Vrydag in ’n dag gemaak wat ons gedurende die inperkings in twee weke gemaak het. Dit het ons laat besef hoe afhanklik ons is van die besoekers uit die binneland.”

Similar News

 

AMV3-diamantskip amper gereed

5 days ago - 20 November 2020 | Business

Die helikopterdek van Debmarine Namibia se diamantskip, die AMV3, word by die Damen-skeepswerf in Mangalia in Roemenië gemonteer; 'n teken dat die skip binnekort gereed...

Salt Holdings introduces smart trucks

1 week ago - 17 November 2020 | Business

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay Salt Holdings (WBSH) in partnership with Unitrans Namibia is introducing new Performance Based Standards (PBS) vehicles, or ‘smart trucks’,...

Rent prices slip back into negative territory

1 week ago - 14 November 2020 | Business

Windhoek · [email protected] The sudden return of the rental index growth into negative territory affirms the pass-through effects of Covid-19 pandemic on the rental...

Thousands register for phosphate jobs

3 weeks ago - 01 November 2020 | Business

Windhoek · [email protected] Namibian Marine Phosphate has received more than 4 000 registrations within the first two weeks of its job registration drive in...

Stop with the imported goods

3 weeks ago - 30 October 2020 | Business

Swakopmund • Erwin LeuschnerThe extended lockdown and accompanying restrictions have had a major impact on the economy of the Erongo region, not only triggering an...

Designed to support local

1 month - 13 October 2020 | Business

The Buy Local Grow Namibia campaign which was officially set in motion on 1 October 2020, continues to gain momentum.The campaign which is set to...

#GrowYourBusiness talks launched

1 month - 13 October 2020 | Business

Standard Bank Namibia and the Namibia Economist launched series of online #GrowYourBusiness talks to inspire business owners and provide them with guidance, monitoring and management...

New life breathed into old mine

1 month - 07 October 2020 | Business

Swakopmund • Erwin LeuschnerDiamond company Namdeb announced the successfully sale of the Elizabeth Bay mine to Sperrgebiet Diamond Mining (SDM), a subsidiary of the Lewcor...

Op die oewer van die Omarururivier

1 month - 06 October 2020 | Business

Omaruru Die Rivendell-veiligheidsdorp op Omaruru word op die oomblik teen ’n beraamde koste van N$30 miljoen opgerig. Wanneer dit voltooi is, gaan dit uit...

Gholflandgoed vir hawedorp beplan

1 month - 06 October 2020 | Business

Die bestuurskomitee van die Walvisbaaise munisipaliteit is ten gunste daarvan dat grond aan President's Links Estate beskikbaar gestel word vir die ontwikkeling van 'n gholflandgoed...

Latest News

Namibian hake industry makes history

9 hours ago | Fishing

The Namibia hake trawl and longline fishery has become the first in Namibia, and the second in Africa, to meet the globally recognised standard for...

Paint before you move in!

9 hours ago | Life Style

Every homebuyer wants to add their personal touch to their property and turn their new house into a home. A great way to do this...

Seidler shares his expertise

9 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Hengelbonanza gaan voort

1 day - 24 November 2020 | Events

Hentiesbaai • [email protected] Nie eens Covid-19 kon daarin slaag om 'n stokkie voor die jaarlikse Hengelbonanza op Hentiesbaai te steek nie, wat sedert sy ontstaan...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

TIDES

1 day - 24 November 2020 | Fishing

Tuesday, 24 November Low 05:30 High 12:02 Low 18:22 High 00:37 Wednesday, 25 November Low...

Grumpy's fishing report

1 day - 24 November 2020 | Fishing

The clean or clear looking water along the shores contributed to the tough fishing conditions this past week. There is however a little bit...

Load More