Prokureurs span saam teen geslagsgeweld

Mense aan die kus help deur middel van 'n inisiatief vroue en kinders om teen hul aanvallers op te tree.

22 October 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck



'n Regspraktisynsfirma op Swakopmund, Ellis Shilengudwa Incorporated (ESI), in samewerking met die Lindi Prinsloo Trust, die Janet Martin-liefdadigheidsorganisasie en die vroueregte­aktivis Claudia Lofty-Eaton van Ramos Realtors wil 'n regskliniek begin.

Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (vroue, kinders en mans) sal op Woensdae gratis regsadvies kry oor hul regte en wat hulle moet doen om hulself teen mishandeling te beskerm.

ESI spog met van die land se mees ervare regsgeleerders. Adam Labuschagne, 'n terapeut wat werk met slagoffers van geslagsgeweld en dwelmmisbruik, het die Lindie Prinsloo Trust met die firma se hulp gestig en sodoende het dié bewus geraak van die probleem.

'n Werknemer van ESI, Elzanne Wylie, het gesê die prokureurs bespreek die afgelope weke 'n oplossing vir die pandemie van geslagsgeweld wat die land, en spesifiek die Erongostreek, teister.

“Ons het besluit om Woensdae af te staan aan 'n inisiatief waarmee slagoffers van gesinsgeweld en geslagsgeweld een van ons prokureurs kan kom spreek en hulself vergewis van die hulpmiddels tot hul beskikking. Ons hoop om meer regsgeleerdes aan boord te kry en die inisiatief na ander dele van die land uit te kring.”

Volgens Wylie doen hul departement wat vroue- en kindergeweldsake hanteer uitstekende werk. Tog is daar 'n groot behoefte vir toegang tot suiwer regsadvies vir mense wat onseker is oor 'n saak en wat die prosedures is.

“Die wetgewer het die howe baie toeganklik gemaak vir weerlose mense. Mense het nie noodwendig altyd 'n prokureur nodig om 'n saak aan te voer nie. Baie weet dit egter nie. Daar is wel stappe wat gedoen moet word om 'n saak reg te registreer. Ons wil gratis met sulke mense konsulteer, op 'n anonieme basis, en raad gee.”

Die regsfirma het egter nie die kapasiteit om elke saak namens die persoon verder te voer nie.

“Ons kan wel raad verskaf en vir mense wat nie weet of hulle wel opsies het nie, die nodige inligting gee sodat hulle kan besluit wat om te doen, en stappe in die regte rigting te doen. Adam sal ook beskikbaar wees tydens die sessies om ondersteuning en hulp te bied waar nodig.”

Die onderburgemeester van Walvisbaai, Penelope Martin-Louw, het vroeër aangedui 'n aankondiging oor die inisiatief gaan môre gemaak word by die amptelike afskop van die spele vir wetstoepassers op Swakopmund. Sy het ander lede van die regsgemeenskap uitgedaag om by die beplande inisiatief aan te sluit.

Martin-Louw het oortreders wat hulle skuldig maak aan geslagsgeweld, gewaarsku dat hul slagoffers behoorlike raad gaan kry en toegerus gaan word oor hoe om teen hulle op te tree.

“Jou tyd van dink dat jou weerlose slagoffer vir ewig bang en onkundig gaan bly, is verby. Die sinnelose geweld waaraan jy jou skuldig maak, sal tot 'n einde kom. Die golf van geslagsgebaseerde geweld wat teen vroue en kinders in die land gepleeg word, is 'n bedreiging vir ons vreedsame en stabiele demokrasie.”

Martin-Louw het bygevoeg dat die regering ook deur gemeenskapslede en leiers versoek gaan word om 'n verpligte vak op laerskool aan te bied waarmee jong mans die basiese beginsels van respek vir hulself en meisies sal aanleer. Dieselfde geld vir meisies.

“Ons glo dis die enigste langtermyn­oplossing wat die bose kringloop van geslagsgeweld sal keer. Die vrede en stabiliteit van Namibië word toenemend bedreig deur geslagsgeweld in ons samelewing en is endemies. Dit het eintlik so algemeen geword dat sommige mense dit as die norm be­skou. Dit word wyd verdra en aanvaar, eerder as bestry,” het sy gesê.

Similar News

 

Gerugte van brandstigting onwaar

1 week ago - 16 January 2020 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Met ‘n eenvoudige “onbekend” as rede vir die oorsaak van ‘n brand wat Saterdag ‘n huis op Swakopmund...

Residents discouraged to vote at hospitals

1 week ago - 14 January 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Returning officer Jeff Manale told members of the public not to leave larger areas like Kuisebmond or Narraville to vote...

Reiterdenkmal replica must go

1 week ago - 14 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] One of the co-owners of the Altstadt Restaurant, Norberth Sadlowski, says the presence of a Reiterdenk­mal replica at the establishment is not...

Donation brings festive cheer

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund Swakop Uranium (SU) donated food hampers to 40 families from the DRC informal settlement during a ceremony at the offices of the mine in...

‘Vermiste’ trio ken hul storie

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] du Plessis het op 30 Desember saam met sy meisie, Yolanda Engelbrecht, en ’n vriend, Rikus Botha, koers na die Brandbergarea gekies...

Babas vir die nuwe jaar

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

[email protected] en [email protected] Vyf babameisies en ‘n babaseun is op Nuwejaarsdag aan die kus gebore. Twee babas, ‘n dogtertjie en...

Nóú kan Jonas bôl speel!

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Daar is ‘n nuwe huppel in die 12-jarige Jonas Shilongo se stap nadat hy onlangs 'n kunsbeen van New...

Vakansiepret

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

'n Groep vriende geniet hulleself in die branders by die Mole op Swakopmund. Met talle vakansiegangers by die kus en heerlike sonnige weer aan die...

Agt Kersfees babas

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

Kus • [email protected] en leandrea @republikein.com.na Die ooievaar was besig en het agt bondels borrelende vreugde op Kersdag by die kus kom aflewer....

Oumensies se harte bly gemaak

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

Walvisbaai se munisipale raadslede het voor Kersfees namens die Burgemeester se Verligtingsfonds, kospakkies aan senior burgers uitgedeel. Walvisbaai se burgemeester Immanuel Wilfred het gesê die...

Latest News

Kudus aiming for 7s glory

2 days ago - 22 January 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] A group of 14 First National Bank (FNB) Kudu Rugby Club players and two officials departed for the Swartland...

Langasems maak reg vir aksie

2 days ago - 22 January 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Bay Road Runners wil die jaar op ’n vinnige pas afskop met die klub se eie en eerste byeenkoms vir hardlopers langs...

Onderwys is die ruggraat van...

4 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Geestesiektes: Breek die stigmas af...

4 days ago - 21 January 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Mense moet opgevoed word oor die verskeie mites rondom geestesiekes. Só sê me. Ilanza Klein (29), ’n aktivis wat haarself vir die...

These are Swakop’s top healthy...

4 days ago - 21 January 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Hero Multisave Supermarket emerged as the top butchery, Mobi Soft Serve as the top mobile kiosk and Museums Café as the...

Pushing beyond existing boundaries

4 days ago - 21 January 2020 | Business

According to Maersk, drilling operations planned for its Angola-Namibia campaign will be done at a world record water depth. Maersk said that the well in...

Grumpy’s fishing report

4 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

4 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

Housing market remains under pressure

4 days ago - 20 January 2020 | Infrastructure

According to Ruusa Nandago, FNB Group Economist and author of the FNB Residential property report released on 16 January 2020, the index reached a historic...

Load More