Prokureurs span saam teen geslagsgeweld

Mense aan die kus help deur middel van 'n inisiatief vroue en kinders om teen hul aanvallers op te tree.

22 October 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck



'n Regspraktisynsfirma op Swakopmund, Ellis Shilengudwa Incorporated (ESI), in samewerking met die Lindi Prinsloo Trust, die Janet Martin-liefdadigheidsorganisasie en die vroueregte­aktivis Claudia Lofty-Eaton van Ramos Realtors wil 'n regskliniek begin.

Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (vroue, kinders en mans) sal op Woensdae gratis regsadvies kry oor hul regte en wat hulle moet doen om hulself teen mishandeling te beskerm.

ESI spog met van die land se mees ervare regsgeleerders. Adam Labuschagne, 'n terapeut wat werk met slagoffers van geslagsgeweld en dwelmmisbruik, het die Lindie Prinsloo Trust met die firma se hulp gestig en sodoende het dié bewus geraak van die probleem.

'n Werknemer van ESI, Elzanne Wylie, het gesê die prokureurs bespreek die afgelope weke 'n oplossing vir die pandemie van geslagsgeweld wat die land, en spesifiek die Erongostreek, teister.

“Ons het besluit om Woensdae af te staan aan 'n inisiatief waarmee slagoffers van gesinsgeweld en geslagsgeweld een van ons prokureurs kan kom spreek en hulself vergewis van die hulpmiddels tot hul beskikking. Ons hoop om meer regsgeleerdes aan boord te kry en die inisiatief na ander dele van die land uit te kring.”

Volgens Wylie doen hul departement wat vroue- en kindergeweldsake hanteer uitstekende werk. Tog is daar 'n groot behoefte vir toegang tot suiwer regsadvies vir mense wat onseker is oor 'n saak en wat die prosedures is.

“Die wetgewer het die howe baie toeganklik gemaak vir weerlose mense. Mense het nie noodwendig altyd 'n prokureur nodig om 'n saak aan te voer nie. Baie weet dit egter nie. Daar is wel stappe wat gedoen moet word om 'n saak reg te registreer. Ons wil gratis met sulke mense konsulteer, op 'n anonieme basis, en raad gee.”

Die regsfirma het egter nie die kapasiteit om elke saak namens die persoon verder te voer nie.

“Ons kan wel raad verskaf en vir mense wat nie weet of hulle wel opsies het nie, die nodige inligting gee sodat hulle kan besluit wat om te doen, en stappe in die regte rigting te doen. Adam sal ook beskikbaar wees tydens die sessies om ondersteuning en hulp te bied waar nodig.”

Die onderburgemeester van Walvisbaai, Penelope Martin-Louw, het vroeër aangedui 'n aankondiging oor die inisiatief gaan môre gemaak word by die amptelike afskop van die spele vir wetstoepassers op Swakopmund. Sy het ander lede van die regsgemeenskap uitgedaag om by die beplande inisiatief aan te sluit.

Martin-Louw het oortreders wat hulle skuldig maak aan geslagsgeweld, gewaarsku dat hul slagoffers behoorlike raad gaan kry en toegerus gaan word oor hoe om teen hulle op te tree.

“Jou tyd van dink dat jou weerlose slagoffer vir ewig bang en onkundig gaan bly, is verby. Die sinnelose geweld waaraan jy jou skuldig maak, sal tot 'n einde kom. Die golf van geslagsgebaseerde geweld wat teen vroue en kinders in die land gepleeg word, is 'n bedreiging vir ons vreedsame en stabiele demokrasie.”

Martin-Louw het bygevoeg dat die regering ook deur gemeenskapslede en leiers versoek gaan word om 'n verpligte vak op laerskool aan te bied waarmee jong mans die basiese beginsels van respek vir hulself en meisies sal aanleer. Dieselfde geld vir meisies.

“Ons glo dis die enigste langtermyn­oplossing wat die bose kringloop van geslagsgeweld sal keer. Die vrede en stabiliteit van Namibië word toenemend bedreig deur geslagsgeweld in ons samelewing en is endemies. Dit het eintlik so algemeen geword dat sommige mense dit as die norm be­skou. Dit word wyd verdra en aanvaar, eerder as bestry,” het sy gesê.

Similar News

 

Gratis fiksheid vir inwoners

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Okombahe • [email protected] Okombahe spog nou met sy eie fiksheidsklub danksy ‘n inwoner van die dorp. Die klub het sy ontstaan te danke aan Simson...

Dapper vegtertjie benodig bystand

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Nehemia Antoncich is ’n ware klein vegtertjie in elke sin van die woord. Hy het Downsindroom, ’n hartafwyking en ook swak...

Showers for Happy Land

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Henties Bay Carmen Hoases' selfless ­commitment to abandoned and abused children led to the establishment of Happy Land Safe Haven in ­Omdel, ­Henties Bay. The...

Low water levels affecting health

1 week ago - 12 February 2020 | Local News

The Karibib municipality has sent out an official warning about its water supply. In a media statement, the municipality said that the low levels of...

Korrupsie in die kollig

1 week ago - 12 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Lede van die publiek het verlede Vrydagaand (7 Februarie) in die Tamariskia gemeenskapsaal op Swakopmund vergader om die Fishrot-skandaal te bespreek....

Skuiling vir dierevriende

1 week ago - 11 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Donna Collins is geen vreemdeling wanneer dit kom by hulpverlening aan diere nie. Met die koms van die nuwe...

Vandale saai verwoesting

1 week ago - 11 February 2020 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners versoek om te help om voorvalle van vandalisme in die hawestad te voorkom. “Vandalisme hou groot gevare vir...

Coastal elephant at it again

1 week ago - 10 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] and [email protected] The elephant bull that made a rare appearance on 24 December 2019 along the...

Outrage over puppy’s ears being cut off

1 week ago - 10 February 2020 | Local News

Walvis Bay · [email protected] Word spread like wildfire along the central coast on Sunday when it was discovered that a Pitbull puppy’s ears...

Town planning simplified

2 weeks ago - 04 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] With the new Town Planning Amendment Scheme Number 71, Swakopmund has reason to celebrate: Not only will it change the face...

Latest News

Plea in NIMT murder case

14 hours ago | Crime

Swakopmund • [email protected] Austrian-born Ernst Lichtenstrasser appeared in the Swakopmund magistrate's court earlier this week. Prosecutor Johannes Shangadi said that the police investigation into...

Nuwe wiele vir gesondheid

14 hours ago | Health

Swakopmund • [email protected] Die Amerikaanse ambassade in Namibië het ses Toyota Hilux bakkies vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beskikbaar gestel.Die voertuie...

Vir vroue, deur vroue

15 hours ago | Events

Swakopmund • [email protected] Met vrouebemagtigingsvegters die wêreld oor op ’n missie, het Beatrice Schultz besluit om haar deel vir dié beweging te doen. Dus...

Search for missing Resplendent crew...

1 day - 19 February 2020 | Disasters

The Ohlthaver & List (O&L) Group of companies confirmed that the fishing vessel Fisher Bank docked at 06:30 this morning (19 February 2020) with all...

BREAKING NEWS

1 day - 18 February 2020 | Accidents

A fishing vessel belonging to Hangana Seafood sunk in the deep sea, according to reports just received.A source confirmed that the hake trawler Resplendent experienced...

Gratis fiksheid vir inwoners

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Okombahe • [email protected] Okombahe spog nou met sy eie fiksheidsklub danksy ‘n inwoner van die dorp. Die klub het sy ontstaan te danke aan Simson...

Dapper vegtertjie benodig bystand

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Nehemia Antoncich is ’n ware klein vegtertjie in elke sin van die woord. Hy het Downsindroom, ’n hartafwyking en ook swak...

Showers for Happy Land

2 days ago - 18 February 2020 | Local News

Henties Bay Carmen Hoases' selfless ­commitment to abandoned and abused children led to the establishment of Happy Land Safe Haven in ­Omdel, ­Henties Bay. The...

Cementing ties

2 days ago - 18 February 2020 | Infrastructure

Pictured here are the Namport executive for information communication and technology Victor Ashikoto with the premier of South Africa's Gauteng province, David Makhura. Ashikoto hosted...

Load More