Private sektor mag entstowwe invoer

Goedgekeurde groothandelaars en verspreiders

13 April 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected]


Die private sektor en wel groothandelaars en verspreiders mag Covid-19-entstowwe van geloofwaardige bronne na Namibië invoer om die verkryging van entstowwe in die land te versnel.

Dié inligting is vervat in 'n openbare kennisgewing wat op 31 Maart deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aan die private sektor oor die invoer en administrasie van Covid-entstowwe uitgereik is.

Die aankoop en invoer van Covid-entstowwe word beperk tot entstowwe wat deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) goedgekeur is, of dié wat in pas met die bepalings van afdeling 45 van die wet vir medisyne en verwante middele en soos vervat in die regeringsaankondiging op 9 Maart vanjaar van registrasie by die raad vrygeskeld is.

Private hospitale wat as immuniseringspunte geoormerk is, het vroeër gesê hulle sal nie entstowwe gebruik wat nié deur die NMRC goedgekeur en geregistreer is of noodlysstatus (EUL) van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het nie.

Die entstowwe wat vrygestel is deur die raad vir registrasie en nog onderhewig aan goedkeuring en registrasie by die WHO is, sluit in Vero Cell; Sputnik V; Ad26.COV2.S; COVAXIN en mRNA-1273 (Moderna).

Volgens die kennisgewing deur die ministerie mag die entstowwe wanneer dit in die land aankom, net herverkoop of versprei word aan geregistreerde en gesertifiseerde verskaffers van gesondheidsdienste.

Die kennisgewing deur die ministerie is gerig aan groothandelaars en verspreiders in Namibië met goedkeuring om volgens die bepalings van die aptekerswet en afdeling 29 van die medisynewet medisyne en verwante produkte in te voer en te hanteer.

Alle geriewe wat entstowwe deur dié meganisme aankoop en toedien, sal verantwoordelikheid aanvaar vir vrywaring en aanspreeklikheid wat kan spruit uit die toediening van die entstowwe deur die betrokke geriewe.

Die kennisgewing aan private gesondheidsgeriewe stip ook duidelike riglyne uit in die administrasie en toediening van die entstowwe. Dit sluit in 'n stasie wat bepaal of die persoon in die teikengroep vir immunisering val, registrasie, mediese evaluering, immunisering en ook 'n wagarea om te bepaal of die persoon enige onmiddellike newe-effekte of reaksie tot die betrokke entstof het.

Elke dosis van die entstof moet by elke immuniseringspunt in 'n register opgeneem word wat aan die ministerie gerapporteer moet word. Dié inligting word in die distriksgesondheidinligtingstelsel 2 (DHIS2), 'n elektroniese entstof-opsporingstelsel, opgeneem.

Die kennisgewing beklemtoon die ministerie is alleen verantwoordelik vir die uitreiking van entstofsertifikate met strepieskodes sowel as die invoeg van data in die reisstelsel vir persone wat na bestemmings wil reis wat Covid-19-inentingsertifikate vereis.

Die ministerie het op 19 Maart met fase 1 van die immuniseringsprogram in drie distrikte afgeskop, naamlik Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai. Die aanvanklike uitrolplan maak gebruik van Sinopharm en Covishield wat deur onderskeidelik China en Indië geskenk is. Die ministerie beoog om minstens 60% van die bevolking (1,5 miljoen mense) teen Covid-19 te immuniseer.

Die huidige dosisse is voldoende om 12% oftewel 60 150 van die teikenbevolking in te ent.

Similar News

 

New Covid regulations explained

2 days ago - 21 June 2021 | Health

Minister of Health and Social Services Dr Kalumbi Shangula explained the newly announced regulations in detail. This follows after reports that in terms of Covid-19...

President too quiet in crisis – Kamwi

1 week ago - 14 June 2021 | Health

Windhoek ∙ Staff Reporter Former health minister Dr Richard Kamwi is among those who believe that President Hage Geingob’s silence, as the country endures...

'Siek kinders skool toe gestuur'

1 week ago - 10 June 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Leerlinge wat nie met maskers skool toe gestuur word nie, ouers wat kinders wat positief vir Covid-19 getoets het steeds...

Medical campus for Walvis Bay

2 weeks ago - 08 June 2021 | Health

Walvis Bay • [email protected] A medical campus built by local businessman Paulus Ndume, was officially opened in Walvis Bay on Wednesday. This came after...

Covid-19 measures adjusted again

3 weeks ago - 28 May 2021 | Health

Health and social services minister of Dr Kalumbi Shangula announced new measures to curb the spread of Covid-19 in Namibia. At the announcement...

Now is the time to quit smoking

3 weeks ago - 28 May 2021 | Health

“The Cancer Association of Namibia (CAN) joins the annual global movement of “World No Tobacco Day” with “Commit to Quit” as theme to encourage smokers...

Virus wys nuwe rooi vlae

3 weeks ago - 27 May 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Twee maande sedert Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid-19 afgeskop het, het nog net 2,4% van die land se totale bevolking 'n...

Avian influenza halts poultry imports

1 month - 19 May 2021 | Health

Namibia halted all poultry imports from South Africa due to a bird influenza outbreak in that country.Earlier this week, the agriculture ministry announced the immediate...

‘Comply with Covid regulations’ – Nangombe

1 month - 19 May 2021 | Health

The Ministry of Health and Social Services advised members of the public to continue adhering to Covid-19 preventative measures following an increase in Covid-19 cases.Namibia...

Erongo Covid 19 response bolstered

1 month - 07 May 2021 | Health

The US government donated 70 blood pressure machines and 41 patient monitors to the Erongo regional health directorate to support the national response to the...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

3 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

3 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected]publikein.com.na A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More