Pophuis bou is nie speletjies

'n Inwoner van Swakopmund vind toevlug in die maak van pophuise.

27 October 2020 | Local News

Koster Cronje; Pophuismaker; “Ek het 'n pophuis gemaak met antieke meubels soos riempiestoele en krombeentafels. Dit was nogal 'n uitdaging.”

Swakopmund • [email protected]



'n Inwoner van Swakopmund het tydens 'n finansiële verknorsing as 'n toevlug hom na die maak van pophuise gewend.

Koster Cronje sê hy het in 2016 sy werk by 'n plaaslike myn verloor en het daarna met hout begin ekspe­rimenteer.

“'n Gewese aangetroude familielid het my gevra om vir haar kinders 'n pophuis te maak. Dis toe dat ek my eerste pophuis aanmekaargesit het,” sê hy.

Cronje het daarna nog drie pop­huise gebou en van tyd tot tyd ­probeer om 'n inkomste te verdien deur sy pophuise op markte te verkoop. Ongelukkig, sê hy, was belangstelling by die markte maar min.

“Mense wil nie meer vir handgemaakte items betaal nie, so ek maak dit slegs op bestelling.”

Volgens hom was pophuise en houtwerk nooit iets waaruit hy 'n inkomste wou verdien nie.

“Ek het graag hout gekerf, maar dit was nie eens 'n stokperdjie nie, eerder 'n tydverdryf. Dit het mettertyd in die bou van pophuise verander,” sê hy.

'n Pophuis kan, volgens hom, ­tussen N$4 000 en N$6 000 kos. Dié prys sluit ook die boumateriaal in.

Hy het homself die nodige houtwerktegnieke geleer. Tot dusver is sy grootste uitdaging die maak van outydse meubels.

“Ek het 'n pophuis gemaak met antieke meubeltjies soos riempiestoele en krombeentafels. Dit was nogal 'n uitdaging.”

Hierdie miniatuur pophuis, vertel Cronje, het hom drie maande geneem om te maak.

“Ek sou graag nie so baie vir 'n pophuis wou vra nie, maar jy kan nie vir drie maande werk om N$2 000 uit te kry nie.”

Similar News

 

Seidler shares his expertise

4 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

Hospital being expanded

2 days ago - 23 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner “This facility will make a huge difference in the Erongo region, especially in terms of new born survival. This is...

Ballot papers for Karibib constituency to be reprinted

2 days ago - 22 November 2020 | Local News

Karibib The chief electoral and referenda officer of the Electoral Commission of Namibia (ECN), Theo Mujoro, has told political parties and candidates contesting the...

Swakop calls for increased ErongoRED shareholding

3 days ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner The municipality of Swakopmund is demanding more shareholding in the regional electricity supplier ErongoRED.In light of this, town council instructed...

Swakopmund sets up a tourist protection unit

3 days ago - 21 November 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than five years after the closure of the tourist police office in Swakopmund, town council has decided on a...

Outgoing Walvis Bay mayor reflects on term of office

5 days ago - 19 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The mayor of Walvis Bay Immanuel Wilfred reflected on his most recent five-year term at the last ordinary council meeting. The...

Critically low blood stock levels needs to be replenished

6 days ago - 18 November 2020 | Local News

The Blood Transfusion Service of Namibia (NAMBTS) urges blood donations to improve critically low blood stock levels.NAMBTS said that the blood donation ecosystem has been...

Latest News

Namibian hake industry makes history

3 hours ago | Fishing

The Namibia hake trawl and longline fishery has become the first in Namibia, and the second in Africa, to meet the globally recognised standard for...

Paint before you move in!

3 hours ago | Life Style

Every homebuyer wants to add their personal touch to their property and turn their new house into a home. A great way to do this...

Seidler shares his expertise

4 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Hengelbonanza gaan voort

1 day - 24 November 2020 | Events

Hentiesbaai • [email protected] Nie eens Covid-19 kon daarin slaag om 'n stokkie voor die jaarlikse Hengelbonanza op Hentiesbaai te steek nie, wat sedert sy ontstaan...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

TIDES

1 day - 24 November 2020 | Fishing

Tuesday, 24 November Low 05:30 High 12:02 Low 18:22 High 00:37 Wednesday, 25 November Low...

Grumpy's fishing report

1 day - 24 November 2020 | Fishing

The clean or clear looking water along the shores contributed to the tough fishing conditions this past week. There is however a little bit...

Load More