Pluimpie vir hospitaal

Die distrikshospitaal op Usakos is ’n uitsondering wanneer dit kom by netheid en dienslewering.

27 April 2021 | Health

George Olivier; Pasient; “... geen ander hospitaal in die land kan by julle kers vashou nie ...”

Usakos

Dit is nie elke dag dat jy iets positief van die land se staatshospitale hoor nie, met mense wat gedurig hulle misnoeë oor die vervalle toestand van die infrastruktuur uitspreek, asook die swak standaarde wat soms by hierdie instansies gelewer word.

George Olivier het egter onlangs by die distrikshospitaal op Usakos beland en daarna sy positiewe ervaring in die sosiale media gedeel.

“Nee, dit is nie ’n private instelling nie, maar die Usakos-distrikshospitaal se ongevalle. Ek was al op verskeie geleenthede hier (meer as tien keer) en dit lyk altyd mooi skoon en netjies,” het hy op sy Facebook-blad geskryf en verskeie foto’s geplaas van hoe dit daar lyk.

Die teëls glinster, daar is geen rommel wat rondlê nie, en dit is duidelik sigbaar dat alles is waar dit hoort.

Meer as 800 mense het na Olivier se plasing gekyk, dit is herhaaldelik gedeel en het ook kommentaar van sowat 120 mense ontlok. Baie het hul verbasing uitgespreek en die hospitaal se personeel se lof besing.

“Puik, fantasties, netjies; wat ’n goeie voorbeeld vir ander staatshospitale. Dit wys dat daar geen rede is vir vuil hospitaalsale nie en dat ’n mens moet kyk na dit wat aan jou toevertrou is. Ander staatshospitale het geen verskoning vir die chaos wat oral heers nie,” was van die kommentaar.

“Dit gaan alles oor goeie bestuur. Wanneer die leiers voorbeeldig optree, volg die res en dan kry jy sulke resultate,” het Ray Klassen bygevoeg.

Die voorstel is ook gemaak dat ander hospitale se personeel gerus by Usakos se hospitaal moet gaan aanklop om te leer hoe dinge gedoen word.

Olivier het in ’n telefonies onderhoud sy dank teenoor die personeel uitgespreek en gesê dit is duidelik dat die mense wat by die hospitaal werk ’n passie het vir wat hulle doen en dit met trots doen.

“Ek kom gereeld daar en die hospitaal is altyd skoon en netjies. Dankie dat julle so ’n ho? standaard handhaaf wat mense opreg kan waardeer. Ek glo nie enige ander hospitaal in die land kan by julle kers vashou nie, maar dit beteken nie hulle kan nie probeer nie.”

Suster Beauty Kavana, ’n matrone, en dr. Papy Jossard Kabanga Tshibangu, die senior mediese beampte, by die hospitaal wou nie veel sê nie.

“Ons werk in ’n openbare opset en almal doen hulle deel. Die regte mens om mee te gesels is die uitvoerende direkteur van gesondheidsdienste, Ben Nangombe.”

Nangombe het gesê dit is ’n riem onder die hart van die openbare gesondheidsektor om dienste gelykstaande met dié van die private sektor te kan voorsien en handhaaf.

“Dit is werklik voorbeeldig wat Usakos-hospitaal doen en dit bevestig dat jy die beste kan maak met beperkte hulpbronne tot jou beskikking. Die hospitaal wys ook jy kan baie doen met die regte bestuur en toegewyde personeel.”

Hy het bygevoeg die ministerie wil graag hê meer hospitale moet die voorbeeld volg wat gestel is deur die personeel van die Usakos-hospitaal.

“Dit is glad nie moeilik nie. Die basiese dinge moet in plek wees en gedoen word, want die ministerie verskaf die nodige toerusting. Die behandeling en motivering van die personeel is ook van kardinale belang. Dit is duidelik die hospitaal se bestuur slaag daarin en sorg die personeel kry die basiese beginsels reg.”

Nangombe het ook genoem dat die Usakos-hospitaal nie die enigste hospitaal is wat ’n goeie voorbeeld in die Erongostreek stel nie.

“Ek het onlangs besoek aan die Swakopmund-hospitaal afgelê en was aangenaam verras met die hoë higeniese standaarde daar. Die wasgoedgeriewe by die Walvisbaai-hospitaal word ook op ’n besonderse goeie manier bedryf en is van die beste wat ek al ooit gesien het. Dit wys dat die leierskap in die streek die basiese dinge reg doen, en dit is bemoedigend.”

Similar News

 

New Covid regulations explained

2 days ago - 21 June 2021 | Health

Minister of Health and Social Services Dr Kalumbi Shangula explained the newly announced regulations in detail. This follows after reports that in terms of Covid-19...

President too quiet in crisis – Kamwi

1 week ago - 14 June 2021 | Health

Windhoek ∙ Staff Reporter Former health minister Dr Richard Kamwi is among those who believe that President Hage Geingob’s silence, as the country endures...

'Siek kinders skool toe gestuur'

1 week ago - 10 June 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Leerlinge wat nie met maskers skool toe gestuur word nie, ouers wat kinders wat positief vir Covid-19 getoets het steeds...

Medical campus for Walvis Bay

2 weeks ago - 08 June 2021 | Health

Walvis Bay • [email protected] A medical campus built by local businessman Paulus Ndume, was officially opened in Walvis Bay on Wednesday. This came after...

Covid-19 measures adjusted again

3 weeks ago - 28 May 2021 | Health

Health and social services minister of Dr Kalumbi Shangula announced new measures to curb the spread of Covid-19 in Namibia. At the announcement...

Now is the time to quit smoking

3 weeks ago - 28 May 2021 | Health

“The Cancer Association of Namibia (CAN) joins the annual global movement of “World No Tobacco Day” with “Commit to Quit” as theme to encourage smokers...

Virus wys nuwe rooi vlae

3 weeks ago - 27 May 2021 | Health

Windhoek ∙ [email protected] Twee maande sedert Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid-19 afgeskop het, het nog net 2,4% van die land se totale bevolking 'n...

Avian influenza halts poultry imports

1 month - 19 May 2021 | Health

Namibia halted all poultry imports from South Africa due to a bird influenza outbreak in that country.Earlier this week, the agriculture ministry announced the immediate...

‘Comply with Covid regulations’ – Nangombe

1 month - 19 May 2021 | Health

The Ministry of Health and Social Services advised members of the public to continue adhering to Covid-19 preventative measures following an increase in Covid-19 cases.Namibia...

Erongo Covid 19 response bolstered

1 month - 07 May 2021 | Health

The US government donated 70 blood pressure machines and 41 patient monitors to the Erongo regional health directorate to support the national response to the...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

4 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

4 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More