Plaaslike helde vereer

Die Swakopmund Rotariërs het aan twee plaaslike helde erkenning gegee vir hul harde werk en gemeenskapsdiens.

06 October 2020 | Local News

Vera Leech; Swakopmund Rotariër; “Sy bedien haar gemeenskap in haar werk net soos Rotariërs veronderstel is om die gemeenskap te dien.”

Swakopmund •

[email protected]



Die Rotariërs van Swakopmund het Vrydag­aand vir die tweede keer Swakopmund se helde vereer met hul toekenning vir plaaslike helde.

Die Rotariërs het verlede jaar die tradisie begin en gedurende hul 60ste herdenkingsjaar besluit om Annalize Swart en Sheelagh Bagot-Smith as plaaslike helde te vereer.

Swart is die persoonlike assistent van die uitvoe­rende hoof van die Swakopmund-munisipaliteit, mnr. Alfeus Benjamin.

Volgens me. Vera Leech, wat haar vir die toekenning genomineer het, is Swart soos 'n venster in die munisipaliteit in.

“Wanneer ons enige vrae of voorstelle het, kan ons net op haar knoppie druk. Sy bedien haar gemeenskap in haar werk net soos Rotariërs veronderstel is om die gemeenskap te dien.”

Bagot-Smith is 'n veteri­nêre verpleegster by die Swakopmund-veearts en is betrokke by die Have-A-Heart-projek.

“Sheelagh se werk in ons gemeenskap is net nog 'n deel van wat ons uniek Swakopmund maak en sy doen dit in 'n goeie gees,” het Leech gesê.

Die Have-A-Heart-projek het ongeveer 1 770 honde en katte op Swakopmund gesteriliseer en bedien ook die vierpootvriende in die Hentiesbaai-gemeenskap.

Bagot-Smith en Swart was egter nie die enigste eregaste by die geleentheid nie.

Vier ander lede van die Swakopmund-gemeenskap het die Rotariërs-eed afgelê om hul gemeenskap deur hul loopbaan te dien.

Onder meer is African Vocals se Joel Nambuli en Mondesa Youth Opportunities (MYO) se Neels Strijdom as Swakopmund Rotariërs ingehuldig.

“Ek voel goed, maar ek weet nie hoeveel werk vir my voorlê nie. Ek het natuurlik nie aangesluit vir die titel nie, so ek weet ek gaan moet hand bysit, maar presies hoeveel hier­die klub van my gaan verg, weet ek nog nie.

“Dit voel beslis goed om te weet ek gaan my mense dien en 'n verskil maak,” sê Nambuli, wat sy nuwe klub bedank het met 'n vertoning deur African Vocals.

Leech, wat Nambuli oortuig het om aan te sluit, vertel hy het 'n “sterk persoonlikheid in sy eie reg”.

Strijdom, wat aan Nambuli se sy die Mondesa-jeug bedien, het sy graad in mikrobiologie en diere­kunde van die Rhodes Universiteit in Suid-Afrika verwerf.

“Neels het gevoel hy is by 'n punt in sy lewe en loopbaan waar hy moes terugkeer na Namibië en ons het teen daardie tyd al lankal geweet dat ons 'n jong, dinamiese bestuur­der nodig het vir die projek (MYO) en toe was Neels daar,” sê Leech.

Yusuf Ahmed en Matthew Napier is saam met Nambuli en Strijdom ingehuldig, maar het nog nie die kans gehad om hul merk in die gemeenskap te maak nie.

Ahmed het aan Duneside Hoërskool gematrikuleer en het sy graad aan die Witwatersrand Universiteit (Wits) in Johannesburg verwerf. Hy het daarna vir 'n bank in Katima Mulilo gewerk voor hy weer na die kus verhuis het.

Napier leef sy leuse uit dat hy 'n mag van goeie ver­andering in sy gemeenskap moet wees.

Jare gelede het hy en sy vrou vanaf Walvisbaai na Maputo gestap en daarna die land van die Oranjerivier tot by die Kunene te voet deurkruis. Op hul staptogte het Swakopmund hul harte gesteel.

“Hulle het belowe dat hulle by die Rotariërs-klub sou aansluit as hulle ooit die geleentheid sou kry om na Swakopmund te verhuis toe hulle op hul staptog deur Vera (Leech) gehuisves is,” het mnr. Phillip Oosthuysen, die president van die Swakopmund Rotariërs verduidelik.

Similar News

 

Land for SDFN

3 days ago - 22 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Kayaking guide takes own life

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole toilets

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

Gesloer pootjie dalk belegging

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected]m.na Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Vragmotor gaan lewens verander

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

New junior council for Walvis Bay

6 days ago - 19 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Kristine Shetunyenga from the International School of Walvis Bay was elected as the new junior town council mayor for Walvis Bay...

Sewer blockages caused by debris dumped in drains

1 week ago - 17 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] After complaints surfaced that the sewage has been overflowing and blocked for quite some time in Maraboe Street, Kuisebmond,...

Food insecurity on the increase

1 week ago - 15 October 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than 400 000 Namibians are in need food aid.This figure was announced by George Fedha, Namibia’s World Food Program...

Latest News

Vroue blink uit in politiek

13 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] se komitee vir vrouebelange het Saterdagoggend ’n mylpaal gevier: Vyftien vroue van die Erongostreek sal onder die vaandel van die party deelneem...

Prediger to share on Pangolins

13 hours ago | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

Reshaping realities

16 hours ago | Economics

The Covid-19 pandemic has undoubtedly eroded the overall improvement in risk-reward scores seen across Africa in recent years, but this should not deter investors. Africa’s...

Four new Covid positive cases...

20 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 78 new cases and 27 recoveries. Shangula explained that 1 150 results were...

Restaurantbedryf langs die kus toon...

1 day - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Cricket festival keeps on going

1 day - 24 October 2020 | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

2 days ago - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

2 days ago - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

3 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Load More