Pandemie plaas verdere druk op skole

Die Hoërskool Duinesig is die eerste skool langs die kus wat sy deure moes sluit ná ’n personeellid positief getoets het vir Covid-19.

11 August 2020 | Education

Ernfriede Stephanus; Streeksdirekteur, “Ons benodig addisionele skole in Walvisbaai en Swakopmund...”

Walvisbaai • [email protected]

Sommige skole in die Erongostreek was slaggereed om leerders terug te verwelkom, terwyl dit vir ander ’n uitdaging is.

Privaatskole in Walvisbaai en Swakopmund was die eerste om hul deure vir graad 11- en 12-leerlinge te open. Die staatskole het dit egter ietwat moeiliker gevind weens die aantal leerders en die toepassing sowel as handhawing van sosiale afstandmaatreëls.

Die skoolhoof van die Sekondêre Skool De Duine, Anton van Wyk, het gesê dat slegs sowat 50% van die skool se graad 11- en 12-leerlinge terug is by die skool. Leerders het die opsie gehad om klasse by te woon of om tuis te leer.

“Ons het 128 graad 12's en daar is ongeveer 70 terug by skool. Leerders wat gekies het om tuis te leer, kom haal elke dag hul werk by die kantoor. Ons het hulle in verskillende groepe gedeel om te verseker dat daar net ongeveer 20 leerders in elke klas is. Die skool het vier graad 11-klasse en agt graad 12-klasse. Ons moes die daaglikse rooster ook verander om te verseker dat almal by hul klasse uitkom.”

Van Wyk het gesê dit is ’n uitdaging om die skool gereed te kry vir die graad 10-leerders. “Ons het ongeveer 270 graad 10-leerders, wat dit moeilik maak. Ons is egter besig met reëlings. Alle Covid-19-regulasies is in plek om die beskerming van ons leerders te verseker.”

Voorts het Van Wyk gesê daar moet ’n sielkundige by skole beskikbaar gemaak word. “Die vrees by leerders en ouers is duidelik. Ons kan net byhou en gehoor gee aan die gesondheidsregulasies.”

Inskrywings

Die aansoekproses is ook aan die gang vir graad 0, 1 en graad 8 en sal duur tot 20 Augustus.

Ernfriede Stephanus, die streeksdirekteur van onderwys, het gesê dat skole slegs die aantal vorms moet uitdeel volgens die beskikbare plekke by elke skool.

“Ons het skole versoek om ’n lys te hou van leerlinge wat moontlik nie by die skool gaan plek kry nie. Ons benodig addisionele skole in Walvisbaai en Swakopmund om die druk op skole te verlig.”

Laerskole in Walvisbaai het tussen 60 en 100 plekke in graad 1 beskikbaar, en heelwat minder vir graad 0.

Pandemie

Die Hoërskool Duinesig in Kuisebmond, Walvisbaai, het die eerste skool geword wat sy deure tydelik moes sluit ná ’n personeellid positief getoets het vir Covid-19.

Die skoolhoof Stanley Urikhob het gesê die betrokke personeellid is tans in isolasie.

“Die personeellid was in kontak met iemand wat positief getoets het en het sedert Dinsdag tuis gebly. Die personeellid het die skool Sondag van die positiewe resultate verwittig.”

Hy het verduidelik dat die skoolgebou weens die Covid-19-gesondheidsprotokolle gedurende die week van 10 tot 14 Augustus 2020 ontsmet sal word.

“Leerders word aangeraai om tuis te bly. Die aanlyn leerplan sal voortgaan en alle ander dienste wat ons sou lewer, word vir die week opgeskort. Daar word van leerders verwag om op Maandag, 17 Augustus 2020, om 07:30 aan te meld vir die hervatting van normale klasse vir graad 11- en 12-leerders.”

Urikhob het ouers, leerders en die gemeenskap in die algemeen versoek om kalm te bly.

“Dit is alles te danke aan die standaard prosedure wat in die hantering van die pandemie bestaan. Laat ons die nodige Covid-19-veiligheidsprotokolle beoefen.”

Similar News

 

New principal takes the reigns at KSS

1 week ago - 17 October 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Kuisebmond Secondary School welcomed Jonathan Mashawu (38) as new principal after Sedekia Gottlieb retired earlier this year. Mashawu was...

Lower grades back to school

1 month - 19 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade four, five and six learners were welcomed back at school on Monday. Government schools have opted to divide...

Learner tests positive for Covid-19

1 month - 16 September 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] A learner of Namib High School in Swakopmund tested positive for Covid-19 on Monday. This was confirmed by principal Roosmarie...

Schools reopening in phases

1 month - 08 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade 7, 8 and 9 learners across the country – excluding the Khomas region – were expected to resume face-to-face...

Schools to re-open in phases

1 month - 03 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Schools across the country will reopen in phases as announced by the minister of education, arts and culture...

Education ministry seeks your input

2 months ago - 20 August 2020 | Education

The ministry of education has called on stakeholders to participate in a survey aimed at soliciting input on teaching and learning amid the Covid-19 pandemic...

Applications now open for grade 0, 1 and 8...

2 months ago - 05 August 2020 | Education

Walvis Bay The regional directorate of education announced that application forms for pre-primary, grade 1 and grade 8 learners for 2021 will become available...

Reopening of schools delayed

3 months ago - 20 July 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] The opening of schools in Walvis Bay, Swakopmund and Arandis was delayed with two days. The ministry of education...

Learners and schools in a catch 22

3 months ago - 11 July 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay, Swakopmund and Arandis are the only three towns in the country where face-to-face classes are still halted...

Kindergartens at the abyss

3 months ago - 09 July 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] Frustration and disappointment is increasing at kindergartens in Swakopmund and Walvis Bay.“I am still committed to allowing centers for early childhood...

Latest News

Vroue blink uit in politiek

12 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] se komitee vir vrouebelange het Saterdagoggend ’n mylpaal gevier: Vyftien vroue van die Erongostreek sal onder die vaandel van die party deelneem...

Prediger to share on Pangolins

12 hours ago | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

Reshaping realities

15 hours ago | Economics

The Covid-19 pandemic has undoubtedly eroded the overall improvement in risk-reward scores seen across Africa in recent years, but this should not deter investors. Africa’s...

Four new Covid positive cases...

19 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 78 new cases and 27 recoveries. Shangula explained that 1 150 results were...

Restaurantbedryf langs die kus toon...

1 day - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Cricket festival keeps on going

1 day - 24 October 2020 | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

2 days ago - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

2 days ago - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

3 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Load More