Pandemie demp ­partytjiegees

Die onsekerheid wat Covid-19 meebring, dwing organi­seer­ders om oor die volgende ­aanbie­ding te besin.

19 May 2020 | Cultural

Jo Nichol; Walvisbaai Kuierfees organiseerder; “Indien die grense oopmaak, sal ons kunstenaars kan kom optree en die fees sal aangaan…”

Swakopmund • [email protected]



Die jaarlikse Omaruru Kunstefees is een van die prominente jaarlikse gebeurtenisse wat gekanselleer is weens die onsekerheid wat met die Covid-19 pandemie gepaard gaan.

Die fees, wat 'n jaarlikse inkomste van sowat N$1 miljoen tot die dorp se ekonomie bydra, sou vanaf 26 tot 30 Augustus plaasvind.

Vanjaar het die organiseerders beplan om opvoerings op die voorgrond van die fees te plaas, met planne vir André Odendaal en Wilhelm van der Walt om Retief Scholz se “Dop” te kom opvoer.

“Daar sou weer 'n goeie mengsel van plaaslike en internasionale kunstenaars in aksie wees. Ons sou ook 'n tent hê waar skoolgroepe vir vermaaklikheid sou sorg,” het Tinkie Cornelissen, 'n lid van die organiseringskomitee, gesê.

Cornelissen het bevestig dat alle kunstenaars reeds bespreek was, maar genadiglik is daar nog vir niks betaal nie.

“Ons het 'n ooreenkoms met die kunstenaars dat ons nie deposito's betaal nie, maar eerder hul vlugte betaal, so ons het nog nie geld uitgegee nie.”

Die klanke van Savannah Collins sou die Langtafel-ete wat elke jaar as die simboliese opening van die fees dien, opgekikker het, terwyl die “Man van Goud”-sanger Vaughn Ahrens die Saterdagaand die verhoog sou betree. Ander trekpleisters was 'n vertoning deur Fanie Dorfling en sy COTA-sangers asook Johan Liebenberg wat 'n huldeblyk aan Neil Diamond se musiek sou bring.

Terwyl dit jammer is dat vanjaar se fees in die slag gebly het, het Cornelissen bevestig dat die bestaande program na 2021 se Omaruru Kunstefees oorgedra word.

Sy het gesê die organiseerders wou nie 'n halfgebakte fees opdis nie.

“Baie mense wou weet hoekom ons nie die fees net met plaaslike kunstenaars hou nie. Ons wil eenvoudig nie afskeep nie. Dit is nie dat ons plaaslike kunstenaars nie goed genoeg is nie, ons wil net die beste lewer.”

Volgens haar sou beplanning aan 'n eg Namibiese Omaruru Kunstefees baie tyd neem.

“Nog 'n uitdaging was dat baie van ons Namibiërs saam met die Suid-Afrikaners sou opgetree het.”



Land Rover Fest

Die jaarlikse Land Rover-fees sou oor Paasnaweek in Hentiesbaai plaasvind. Nou is dit uitgestel na 11 tot 14 Desember, het een van die organiseerders, Phellazie Simon, gesê.



Hentiesfees

Een brokkie goeie nuus is dat die organiseringskomitee van die Hentiesfees bevestig het dié fees gaan op 27 en 28 Augustus voort.

Sue-Ellen Agenbag het gesê hoewel die toekoms nog onbekend is, doen die komiteelede alles in hul vermoë om vir Hentiesbaai se besighede 'n hup­stoot te gee.

“Ons weet nie wat die regering nog kan besluit nie, maar die fees gaan oudergewoonte ook uit stalletjies en kunstenaars bestaan. Die fyner kinkels moet nog uitgestryk word. Hentiesbaai se besighede sal egter voorkeur geniet ten opsigte van stalletjies.”



Swakopmund ­Makietie

Die Swakopmund Makietie het verlede jaar sy debuut gemaak in samewerking met KIA, Homebrew Films en Destination Swakopmund.

Volgens Oliver Ahrens van Destination Swakopmund wat by die organisering van die fees betrokke is, sal die volgende uitgawe nie onder die “Makietie”-vaandel plaasvind nie.

“Die toekoms van die 2020-uitgawe is in die weegskaal. Ons sal binne die volgende week kan sê of ons vanjaar weer sal partytjie hou en of ons dit eerder tot 2021 uitstel,” het hy gesê.



Walvisbaai ­Kuierfees

Die eerste Walvisbaai Kuier­fees, wat sy oorsprong te danke het aan die Country-fees, is ook voorlopig tot November uitgestel, het organiseerder Jo Nichol bevestig.

Daar was ongeveer 3 000 feesgangers verwag vir die fees wat aanvanklik op 3 en 4 April sou plaasvind.

“Indien die grense oopmaak, sal ons kunstenaars kan optree en die fees sal aangaan.

“As die grense nie oopmaak nie, sal ons ongelukkig 'n nuwe datum moet vasstel,” het hy gesê.

Similar News

 

Erfenisweek kleurvol herdenk

8 months ago - 23 September 2019 | Cultural

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Die strate van Swakopmund was met kleur en klank gevul toe dié dorp se Wetenskaplike Vereniging Erfenisweek met...

Celebrating Namibia

8 months ago - 19 September 2019 | Cultural

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltThe Scientific Society Swakopmund (SSS) kicked-off their Heritage Week celebrations on Monday, 16 September with the Namib Marimbas at 10:00....

Omaruru se hart klop kuns

8 months ago - 03 September 2019 | Cultural

Omaruru • Irene- Mari van der Walt Die Omaruru Kunstefees is Saterdagaand op gepaste wyse met die luide klank van kitaarsnare en ploffende tromme afgesluit.Die...

Klassieke musiek onder die sterre

8 months ago - 03 September 2019 | Cultural

Die chanson-sangeres Esther Fellner en die mondfluitjievirtuoos René Giessen vermaak konsertgangers met hul Best Music of the World-konsert. Foto Otis Finck Die Suid-Afrikaanse operasanger Jannie...

Kavango culture celebrated

10 months ago - 14 July 2019 | Cultural

Kuisebmond • Otis Finck The first ever Kavango Cultural Festival hosted in the Erongo region attracted a large crowd. The event...

Cultural diversity celebrated

1 year - 08 October 2018 | Cultural

The International School of Walvis Bay (ISWB) had visitors from the Confucius Institute, situated at the University of Namibia on Friday. The Confucius Institute is...

Oivo: Part of Küska for 30 years

1 year - 29 June 2018 | Cultural

A Swakopmund street procession without Oivo from the Red Cross is almost unimaginable. For the past 30 years he has taken part in the procession....

Küska street procession ‘best in years’

1 year - 29 June 2018 | Cultural

Erwin LeuschnerIt was an entire week filled with laughter, cheer and humour, but all things come to an end. The Swakopmund carnival, Küska, celebrated a...

BIBLE VERSE

1 year - 08 June 2018 | Cultural

1 Timothy 5:1-3; 5-6;8 Do not rebuke an older man harshly, but exhort him as if he were your father. Treat younger men as brothers,...

BYBELVERS

1 year - 01 June 2018 | Cultural

JOHANNES 3:3-8 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...

Latest News

Stricter control for truckers

30th of May 11:55 | Health

Swakopmund • [email protected] governor Neville Andre announced strict measures to control the movement of truck drivers, citing the 21st case of Covid-19 in Namibia for...

Namport assists in repatriation of...

30th of May 11:40 | Health

Walvis Bay • [email protected] The American passenger liner Carnival Fascination, docked at berth 1 of the port of Walvis Bay on Friday morning,...

Black Boy surfing the airwaves...

30th of May 11:33 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Bachmann (24) recently released his latest project, Black Boy, which is available on Donlu Africa, Soundcloud, YouTube, Facebook...

Namibians stranded at sea

1 day - 29 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Carnival Fascination has been travelling up and down the Namibian coast for three days. On board are, among others, seven Namibians and...

CAN calls for better tobacco...

1 day - 29 May 2020 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has called on the ministry of health and government to review the Tobacco Control Act of 2010 in light...

Ten elephants culled

1 day - 29 May 2020 | Environment

Swakopmund • [email protected] elephants that posed a risk to human life and agriculture were culled in various regions of the country last month.According to the...

Educating the youth through television...

1 day - 28 May 2020 | Youth

Walvis Bay • [email protected] Long-time best friends and entrepreneurial partners Jörg Walter (20) and Bryan Nakambonde (20) will soon be premiering an educational television...

Brand laat 30 dakloos

1 day - 28 May 2020 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Dertig Swakopmunders is haweloos gelaat ná hul plakkershuis in Mondesa afgebrand het.Die vyf gesinne wie se huisie deur vlamme verswelg is,...

African Vocals sing online

1 day - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Vocals held an online concert at the Lutheran Church in Swakopmund on Sunday, streaming it live on their Facebook and Instagram pages....

Load More