Onderwysers in aanvraag

Namibiërs word genooi om deur die Rapport Onderwysfonds finansiële bystand te kry om onderwysgrade te bekom.

16 June 2020 | Education

Herman Beyer; Afrikaanse professor, UNAM; “Afrikaans behoort nie aan 'n etniese groep nie.”

Swakopmund • [email protected]

Die Afrikaanssprekende jeug kan deur Netwerk aansoek doen vir beurse by die Rapport-onderwysfonds.

Die Rapport-onderwysfonds is 'n niewinsgewende liefdadigheidsorganisasie wat finansiële hulp verleen aan jong onderwysstudente wat ná skool verder wil studeer, maar nie oor die nodige fondse beskik nie.

Prof. Herman Beyer, 'n professor van Afrikaans aan die Universiteit van Namibië (Unam), sê daar is 'n groot aanvraag na Afrikaanse onderwysers.

“Ek is geen kenner op die gebied van onderwys nie, maar ek weet ons moet soms bontstaan om te keer dat ondergekwalifiseerde Afrikaanssprekende matrikulante direk onderwys as 'n loopbaan betree.”

Me. Elizma Theron, die bestuurder van Netwerk, meen dat ondergekwalifiseerde Afrikaanse onderwysers 'n doring in die taal se vlees kan wees.

“Dit is 'n geweldige probleem om gekwalifiseerde onderwysers in Namibië te kry en van dié wat daar is, leer ook die kinders verkeerd. Hulp is beskikbaar in die vorm van 'n leningsbeurs, waarvolgens 'n lening vir 'n jaar teen 'n gunstige rentekoers aan die student toegestaan word. 'n Gedeelte van die rentedraende lening kan jaarliks, op grond van die akademiese uitslae, volgens 'n glyskaal in 'n beurs omskep word.”

Netwerk het 'n posisie vir Namibiese verteenwoordiging op die evalueringskomitee beding om geleent­hede vir verdienstelike Namibiese kandidate te skep.

Theron sê daar is geen beperking gestel op die aantal Namibiese studente wat lenings van die Rapport-onderwysfonds kan ontvang nie.

Die finansiële hulp wat aan 'n kandidaat verleen sal word, werk volgens 'n glyskaal wat as volg opgestel is:

• Studente wat 55-59% as jaareindgemiddeld bekom, kwalifiseer vir 'n lening van 30% van hul onderrigfooie;

• Vir 'n jaargemiddeld van tussen 60 en 64% kan kandidate 'n lening van 35% van hul klasfooie bekom;

• Matrikulante wat van 65 % tot 69% bekom het, kan 40% van hul klasgeld deur 'n Rapport-onderwysfonds ­lening kry;

• Studente wat tussen 70 % en 74% kon haal, kwalifiseer vir 'n lening van 45%; en

• Diegene wat 75+% bekom, kan die helfte van hul klasfooi uit die fonds se sak betaal.

Beyer voeg by dat die Afrikaanse taal steeds ferm in Namibië geplant is.

“In die sentrale streke van die land sien ons stadig dat Engels nou oorneem as lingua franca. Dit is egter geen rede tot kommer nie, want in areas soos die suide van die land is Afrikaans nog baie sterk.”

Hy glo dat Afrikaans as taal krag kry uit die groot verskeidenheid gebruikers daarvan.

“Afrikaans is nie etnies gebonde nie. Die ander inheemse tale is ietwat etnies gebonde, maar Afrikaans behoort nie aan 'n etniese groep nie. Daar is verskillende mense uit verskillende agtergronde wat Afrikaans as moedertaal praat.”

Om aansoek te doen, volg hierdie skakel: netwerk-na.org/rapport-onderwysfonds/

Similar News

 

New principal takes the reigns at KSS

1 week ago - 17 October 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Kuisebmond Secondary School welcomed Jonathan Mashawu (38) as new principal after Sedekia Gottlieb retired earlier this year. Mashawu was...

Lower grades back to school

1 month - 19 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade four, five and six learners were welcomed back at school on Monday. Government schools have opted to divide...

Learner tests positive for Covid-19

1 month - 16 September 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] A learner of Namib High School in Swakopmund tested positive for Covid-19 on Monday. This was confirmed by principal Roosmarie...

Schools reopening in phases

1 month - 08 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade 7, 8 and 9 learners across the country – excluding the Khomas region – were expected to resume face-to-face...

Schools to re-open in phases

1 month - 03 September 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Schools across the country will reopen in phases as announced by the minister of education, arts and culture...

Education ministry seeks your input

2 months ago - 20 August 2020 | Education

The ministry of education has called on stakeholders to participate in a survey aimed at soliciting input on teaching and learning amid the Covid-19 pandemic...

Pandemie plaas verdere druk op skole

2 months ago - 11 August 2020 | Education

Walvisbaai • [email protected] Sommige skole in die Erongostreek was slaggereed om leerders terug te verwelkom, terwyl dit vir ander ’n uitdaging is. Privaatskole in Walvisbaai...

Applications now open for grade 0, 1 and 8...

2 months ago - 05 August 2020 | Education

Walvis Bay The regional directorate of education announced that application forms for pre-primary, grade 1 and grade 8 learners for 2021 will become available...

Reopening of schools delayed

3 months ago - 20 July 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] The opening of schools in Walvis Bay, Swakopmund and Arandis was delayed with two days. The ministry of education...

Learners and schools in a catch 22

3 months ago - 11 July 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay, Swakopmund and Arandis are the only three towns in the country where face-to-face classes are still halted...

Latest News

Vroue blink uit in politiek

6 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] se komitee vir vrouebelange het Saterdagoggend ’n mylpaal gevier: Vyftien vroue van die Erongostreek sal onder die vaandel van die party deelneem...

Prediger to share on Pangolins

6 hours ago | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

Reshaping realities

9 hours ago | Economics

The Covid-19 pandemic has undoubtedly eroded the overall improvement in risk-reward scores seen across Africa in recent years, but this should not deter investors. Africa’s...

Four new Covid positive cases...

13 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 78 new cases and 27 recoveries. Shangula explained that 1 150 results were...

Restaurantbedryf langs die kus toon...

1 day - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Cricket festival keeps on going

1 day - 24 October 2020 | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

2 days ago - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

2 days ago - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

3 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Load More