Olivier vertel van gimnastiek katastrofe

Die Namibiese Sportkommissie het die Namibië Gimnastiekevereniging verlede week onder administrasie geplaas - ’n stap wat dié liggaam se presidente as ongrondwetlik bestempel.

11 August 2020 | Sports

Sonja Olivier; Namibië Gimnastiekevereniging, presidente; “Hulle suig hierdie terme uit die lug.”

Swakopmund • [email protected]





Die uitvoerende presidente van die Namibië Gimnastiekvereniging (NGF), Sonja Olivier, het geappelleer teen die Namibiese Sportkommissie (NSC) en die Namibiese Nasionale Olimpiese Kommittee (NNOC) wat eersgenoemde onder administrasie geplaas het.

Olivier voer aan dat daar nie so ’n protokol in die sportwet bestaan nie en sê dat geen formele riglyne in hierdie besluit gevolg is nie.

“Volgens die sportwet is die NSC nie by magte om die vereniging onder administrasie te plaas nie. Die magte van die NSC in die NGF word in die sportwet uiteengesit en daar is baie presiese riglyne wat gevolg moet word. Hulle suig hierdie terme uit die lug.”

Sy voeg by dat die voorgenoemde protokol ’n geskrewe kennisgewing van ’n sportvereniging se minagting van die sportwet en ’n billike tydraam waarin die gegewe sportvereniging die fout kan korrigeer, insluit.

“Sou ’n vereniging versuim om binne hierdie tydperk die fout reg te stel, tree artikel 28 C van die sportwet in werking, wat die NSC noem as die gronde vir hul reg om hierdie besluit te neem. Daar is egter geen waarskuwing van enige aard gegee nie.”

Volgens Olivier het die relevante owerhede ook versuim om haar op ’n geldige manier in te lig van hul besluit om NGF onder administrasie te plaas.

“Ek is ‘off-the-cuff’ in ’n ontmoeting hiervan ingelig. Daar was geen geskrewe kommunikasie aan my nie.”

Oorsaak

Olivier het gesê dat sy die forensiese oudit wat hiermee gepaard gaan, met ope arms verwelkom.

“Ek is nie medepligtig daarin nie. Ek het reeds sedert verlede jaar aan NSC transaksies uitgelig wat verdag lyk.”

Volgens haar is skuldige partye wat hul misdade wil toesmeer die rede vir die huidige konflik. Sy sê ook dat daar op verskeie geleenthede “onregmatige vergaderings” sonder haar teenwoordigheid gehou is deur lede wat haar posisie wou betwis.

Olivier is op 23 Februarie 2018 gekies is as die uitvoerende presidente ná sy vir ses ander posisies op NGF se uitvoerende raad ook benoem is. Nadat sy as presidente gekies is, is haar naam glo van die stembriewe vir al die ander posisies geskrap.

“Daardie verkiesing het nie uit die lug geval nie. Die NGF is wetteloos gelaat na die meerderheid van die vorige uitvoerende raad bedank het of hul posisies op die raad verbeur het.”

Die toestand van NGF was van so ’n aard dat die Wêreldwye gimnastiekfederasie, Fédération Internationale de Gymnastique (FIG), moes intree om te verseker dat regverdige verkiesings gehou word.

Daar sou weer die afgelope naweek ’n vergadering gehou word waar NGF lede sou stem oor veranderinge van hul grondwet, maar Olivier sê dat dit ongelukkig nie kon geskied nie.

“Ek kan nie met vertroue sê dat ek te goeder trou van die sport en atlete sou opgetree het as ek voort gegaan het met hierdie verkiesings nie.”

Similar News

 

Pro-Ed sports teams making waves

1 day - 21 October 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] Pro-Ed Academy’s cricket and archery team is on a winning streak, with both scooping gold and being declared tournament...

Jong karateka vereer

3 days ago - 18 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Elf jong karateka het elkeen ’n swartbeld ontvang tydens ’n sermonie van die Shotokan Karate Akademie Internasionaal (SKAI). Volgens sensei...

Kruger wins go-karting club championship

1 week ago - 15 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] SFC Swakop Karters held their Club Championship at the Swakop Go-karters track on Saturday, attracting drivers from various age groups and classes...

Desert Dash on a roll

1 week ago - 12 October 2020 | Sports

The 2020 edition of the Nedbank Desert Dash was officially launched this afternoon in Windhoek.Known as the longest single-stage mountain bike race in the world,...

Swarts humbled by AGC promotion

3 weeks ago - 01 October 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Marco Swarts was recently appointed as the vice president of the African Golf Confederation (AGC) Southern chapter.According to Swarts who is...

Hotto switch to Pirates

3 weeks ago - 27 September 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Deon Hotto was recently unveiled as signing for South African soccer giants Orlando Pirates.Gerald Güther, who formerly coached Hotto at Swakopmund...

Girls cricket action at the coast

3 weeks ago - 25 September 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] practicing contact sports has been allowed after the end of the State of Emergency, more sporting events are expected to start at...

Golf with a heart

3 weeks ago - 25 September 2020 | Sports

The Nedbank for Autism Golf Series will commence this weekend, aiming to raise funds and awareness for the Autism Association of Namibia. The event which...

Former Warriors pay tribute to Seth Boois

4 weeks ago - 22 September 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Former Namibian national goalkeeper Danzyl Bruwer paid tribute to the former Brave Warriors coach and NFA technical director Seth Boois (60),...

Search on for rugby fan panel members

1 month - 04 September 2020 | Sports

World Rugby (www.World.Rugby) has launched its search for a new global rugby fan panel to be part of the future shaping of the governing body’s...

Latest News

Land for SDFN

37 minutes ago | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Five new Covid cases in...

1 hour ago | Health

Health minister Dr Kalumbi Shangula announced 54 new Covid-19 cases and 22 recoveries. He said that 1 061 results were received from the laboratories and...

AgriPitch deadline dead ahead

1 hour ago | Events

There are just hours to go until the 23 October deadline to enter the African Development Bank’s (www.AfDB.org) AgriPitch Competition. Selected entries by African youth...

Covid-19 regulations relaxed

7 hours ago | Health

A number of new regulations have been put in place to further curb the spread of Covid-19 in Namibia. The minister of health and social...

Protect your identity at all...

7 hours ago | Crime

Although governments worldwide continue to invest in security measures to fight identity theft by implementing strict regulations, this development does not mean that consumers are...

Intruder rapes woman in her...

8 hours ago | Crime

The Erongo regional police are investigating a case of housebreaking and a second case of rape in Walvis Bay. Deputy commissioner Erastus Ikuyu said...

Erongo registers five new Covid...

10 hours ago | Health

The minister of health Kalumbi Shangula announced 39 new Covid cases, 59 recoveries and another Covid-19 death reported in Walvis Bay. Shangula said that...

Marble workers petition against legal...

18 hours ago | Labour

Walvis Bay • [email protected] Employees of BC Stone Products Namibia handed over a petition to their management, highlighting grievances pertaining to the company’s legal...

Pro-Ed sports teams making waves...

1 day - 21 October 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] Pro-Ed Academy’s cricket and archery team is on a winning streak, with both scooping gold and being declared tournament...

Load More