Nuwe skooljaar begin

Owerhede meen dit gaan beter

16 January 2020 | Education

Ernfriede Stephanus;Direkteur van onderwys;“Ons doen beslis vanjaar beter as in vorige jare.”

Swakopmund • [email protected]


Opvoeding in staatskole loop aanhoudend deur weens begrotings wat aanhou krimp en klasse wat aanhou groei.

Vir die direkteur van onderwys in die Erongostreek, Ernfriede Stephanus, is vanjaar se graad 1-inskrywings vir die ministerie ’n welkome briesie vars lug. “Ons doen beslis vanjaar beter as in vorige jare,” het sy gister met die eerste skooldag van 2020 gesê.

Duisende graad 1’s in die streek het toe met die eerste dag van hul skoolloopbaan begin.

“Op hierdie stadium is die enigste teleurstelling dat die ekstra klaskamers wat ons benodig, nog nie gebou is nie. Daar is egter planne om volgende week daarmee te begin,” het Stephanus gesê.

Sy het met trots aangekondig dat geen graad 1’s in Walvisbaai by skole weggedraai is nie en dat net 77 van die 1 500 graad 1-aansoeke in Swakopmund nog op ’n waglys is.

By NamPort gaan 12 klasse opgerig word om 480 graad 1’s te huisves en daar gaan nog drie klaskamers in Walvisbaai gehuur word om te verseker dat alle leerlinge plek kry.

Volgens Stephanus is daar nog verskeie probleme waarmee die ministerie worstel. “Baie ouers het na die kus gekom om werk te soek en dit dra by tot kopsere in die onderwyssektor.

“Een daarvan wat ons gister ondervind het, is dat ouers uit ander streke hul kinders hier wil laat plaas sonder dat hulle die nodige aansoekprosedure gevolg het. Hulle het geen bewys dat hul werkgewers hulle verplaas het of verwysings van vorige skole nie,” het sy gesê.

Meubels en ekstra handboeke is ook struikelblokke.

“Maar hier en daar word ’n paar sent in die begroting afgeknyp om tekortkominge aan te spreek. Of dit genoeg sal wees, kan ek nie op hierdie stadium sê nie. Dit wat ons in staat is om te kan doen, is maar ’n druppel in die emmer.”

Stephanus het ouers vir hulle ondersteuning bedank.

“Hulle doen regtig hul deel. Ons het nie plek in die begroting om vir items soos papier te betaal nie en dit is een area waar die ouers regtig baie vir ons doen.”

Spasie probleem

Die Primêre Skool Swakopmund se hoof, Ebenester Tjomuinjo, en Losaria Kooper, die hoof van die Laerskool Tamariskia, het albei gekla dat hulle sukkel met die voorsiening van spasie vir kinders.

“Ons moes ons leerhulpsentrum in klasse omskep en ons moes een van ons graad 7-klasse wegneem, so nou het ons amper 50 kinders in ’n klas,” het Tjomuinjo gesê ná hy inderhaas moes plan maak om in op opdrag van die minsterie, nog graad 9-leerlinge by die skool te akkommodeer – dit ná hy onlangs ook graad 8-leerlinge by die laerskool moes byvoeg.

Kooper is bekommerd. “Graad 1’s weet nog niks nie. Hulle moet individuele aandag kry. Maar in ’n klas met amper 50 leerlinge is dit ’n uitdaging. Daar waar ons sny, gaan die standaard van ons onderwys van selfsprekend skade ly,” meen sy.

Stephanus sien egter ’n uitweg. “Ons het besef skole op Arandis word nie teen die normale kapasiteit van 35 leerlinge per klas gebruik nie, so ons hoop om ’n koshuis daar te open sodat ons die skoolgaande bevolking meer eweredig kan versprei.”

Dié oplossig gaan egter langtermyn beplanning verg en is nie die antwoord óf oplossing vir vandag se probleme nie.

Similar News

 

Turn your passion into a career

5 days ago - 11 February 2020 | Education

SwakopmundThe 2020 academic year at the COSDEF Arts and Crafts Centre officially commenced while the registration process is on-going. The trainees’ induction and placement in...

Walvis Bay Primary School garden revamped

1 week ago - 04 February 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Grade 7 learners of Walvis Bay Primary School began their year with citizenship, which is one of seven transformational characteristics...

Teachers urged to stay away from politics

2 weeks ago - 28 January 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] The deputy minister of education, arts and culture (MEAC), Anna Nghipondoka, cautioned teachers to stay away from politics while teaching.Nghipondoka addressed...

Ou rapport maak opslae

2 weeks ago - 28 January 2020 | Education

Swakopmund • [email protected] Tonge aan die kus het behoorlik geklap nadat ’n graad 9-leerling van dié streek se vorderingsverslag aangedui het hy is...

School constructs its own classrooms

3 weeks ago - 20 January 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] The principal of Flamingo Primary School Ursula Damens announced that afternoon classes introduced for approximately 240 grade 2 learners at...

Educating through media

4 weeks ago - 19 January 2020 | Education

Walvis Bay • [email protected] Kiburi Media Solutions, a multifaceted company from the coast, aims to mitigate the pre-school readiness problem faced by children with...

Namport legal eagle soars high

2 months ago - 19 November 2019 | Education

Carol Jaimy Schroeder was amongst 250 maritime leaders from 79 countries that graduated at the World Maritime University (WMU) during the first week of November...

NAMFI graduates well equipped

3 months ago - 12 November 2019 | Education

Walvis Bay · [email protected] The Namibian Maritime and Fisheries Institute (NAMFI) hosted its second graduation ceremony since its inception on Friday. Fisheries and marine resources...

See, sand en kuns

3 months ago - 28 October 2019 | Education

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Diegene wat die naweek naby die Mole was, sou dalk Namib Hoërskool-leerlinge se kunswerke raakgeloop het. Die graad...

Youth benefit from B2Gold sponsorship

5 months ago - 11 September 2019 | Education

Arandis • Otis Finck B2Gold Namibia handed over a sponsorship for the training of twelve students at the Building and Civil Trade campus...

Latest News

Kickboxers awarded

1 hour ago | Sports

Walvis Bay • [email protected] The Namibia RCFAI & Kickboxing Academy hosted their annual prize-giving ceremony recently. The club was established in 2016 and...

Bumpy road ahead

2 days ago - 14 February 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] The Cross Border Road Transport – Regulators’ Forum (CBRT-RF) gathered at the Seaside Hotel to discuss progress over the two years...

Athletics season promises great action...

2 days ago - 14 February 2020 | Sports

Walvis Bay •[email protected] The athletics season is in full swing along the coast and right around the corner is the Zonal athletics meet....

Low water levels affecting health

4 days ago - 12 February 2020 | Local News

The Karibib municipality has sent out an official warning about its water supply. In a media statement, the municipality said that the low levels of...

Options are running out

4 days ago - 12 February 2020 | Infrastructure

Swakopmund • [email protected] “The threat to Windhoek remains a reality. We just don’t have enough water,” said NamWater’s managing director, Abraham Nehemia, during a...

Korrupsie in die kollig

4 days ago - 12 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Lede van die publiek het verlede Vrydagaand (7 Februarie) in die Tamariskia gemeenskapsaal op Swakopmund vergader om die Fishrot-skandaal te bespreek....

Skuiling vir dierevriende

5 days ago - 11 February 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Donna Collins is geen vreemdeling wanneer dit kom by hulpverlening aan diere nie. Met die koms van die nuwe...

Vandale saai verwoesting

5 days ago - 11 February 2020 | Local News

Walvisbaai Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners versoek om te help om voorvalle van vandalisme in die hawestad te voorkom. “Vandalisme hou groot gevare vir...

Turn your passion into a...

5 days ago - 11 February 2020 | Education

SwakopmundThe 2020 academic year at the COSDEF Arts and Crafts Centre officially commenced while the registration process is on-going. The trainees’ induction and placement in...

Load More