Nuwe kruising vir Walvisbaai

Die Walvisbaai-munisipaliteit het N$5,5 miljoen aan 'n nuwe padkruising gespandeer.

13 April 2021 | Infrastructure

Neville Andre; Goewerneur; “Ek wil padgebruikers maan om nie meer kortpaaie te vat nie.”

Walvisbaai

[email protected]



Walvisbaai spog met 'n splinternuwe kruising wat Kuisebmond met die B2-pad tussen Walvisbaai en Swakopmund verbind.

Die kruising van N$5,5 miljoen is onlangs amptelik deur die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Trevino Forbes, geopen.

Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, het by die geleentheid gesê die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is baie besig.

“Daar is verskeie uitdagings op hierdie pad. Om te sien dat die plaaslike owerheid die uitdagings takel, is iets om op trots te wees.”

Motoriste het, voor die nuwe kruising, deur die verkeer beweeg en tussen die palmbome deur gery wat ernstige verkeersopeenhopings en gevare veroorsaak het.

Die goewerneur het padgebruikers gemaan om nie meer kortpaaie te vat nie.

“Gebruik hierdie padkruising.”

Die goewerneur het ook vragmotorbestuurders versoek om van die pad agter Duin 7 tussen Walvisbaai en Swakopmund gebruik te maak.



Opname

Andre het voorgestel die plaaslike owerheid doen 'n vervoeropname.

“Daar is beperkte toegang tot Kuisebmond en dit veroorsaak opeenhopings op sekere punte. 'n Opname kan help om dit uit die weg te ruim.”

Mnr. Andre Burger, die hoofbestuurder vir paaie en boubeheer, het verduidelik die munisipaliteit is van plan om alle verbindings in Kuisebmond te verbeter, sodat meer mense uit die woonbuurte en nywer­heidsgebied toegang tot die nuwe kruising kan kry.

“Die bou van die nuwe pad het voor Kersfees begin en dit het ongeveer vyf maande geneem om te voltooi.”

Burger het gesê die kruising val onder die Paaieowerheid en dat die munisipaliteit dit gefinansier het.

Mnr. Eben Platt, munisipale verkeershoof, sê die nuwe kruising sal 'n groot verligting vir padgebruikers bied.

“Voor die kruising is die verkeersvloei na die Narraville-brug gerig, wat tydens spitstye opeenhopings veroorsaak het.”



Ander werke

Me. Anita Kaihiva, die munisipaliteit se skakelbeampte, het gesê: “Wat die herstel van slaggate betref, is daar tans slegs een goedgekeurde kontrakteur wat sukkel om aandag aan al die krisisse te gee, veral weens die reën wat ons hierdie seisoen ervaar is.”

Om te verseker dat alle slaggate en nodige straatherstelwerk vinnig gedoen word, sal die munisipaliteit binnekort meer kontrakteurs aanstel om hierdie tipe werk te verrig. Daarbenewens sal 'n interne padherstelspan ook weer aangestel word.

Kaihiva het bygevoeg dat stil­staande water op die paaie oor lang tydperke skade aan die padopper­vlak aanrig.

“Met die aanwending van die teerlaag sal seker gemaak word dat water nie die onderliggende lae kan binnedring nie. Dit sal die lewensduur van strate verleng.”

Om hieraan aandag te gee, het die raad in Maart vanjaar reeds drie kontrakteurs, Ghaba Investment, Ndume Trading en Somseb Trading Enterprises, aangestel.

“Herstelwerk begin in Theo Ben Gurirabstraat in twee gebiede en besonderhede oor meer strate sal binnekort volg. Die publiek word versoek om geduldig te wees en om nie oor nat teer te ry nie.”

Windhoek Consulting Engineers is onlangs aangestel om die heropbou- en bewaringsprogram vir paaie te begin.

Die omvang van hul dienste bestaan uit materiële ondersoeke wat hulle in staat stel om die optimale opknappingstrategieë te bepaal en watter strate hulle moet prioritiseer.

“Hulle sal ook verantwoordelik wees vir gedetailleerde ontwerp- en konstruksietoesig. Sommige van die geïdentifiseerde strate vir volledige heropbou of gedeeltes daarvan, sluit in Ben Amadhila, Circumferential, Kovambo Nujoma, Rikumbi Kandanga en Union. Daar word ook beplan om 'n aantal kruisings met versperrings toe te rus.”

Similar News

 

Colossal visitor calls at Walvis Bay

1 week ago - 16 June 2021 | Infrastructure

The Maersk Amazon recently called at the port of Walvis Bay.The vessel, with a length of 334 meters, docked in very foggy and windy conditions...

ISO certifications for Namport

1 week ago - 11 June 2021 | Infrastructure

Namport was recommended for continuation of its current certifications after a recent ISO Surveillance Audit. ISO (International Organisation for Standardisation) is an independent, non-governmental, international...

New desalination plant for Namibia

2 weeks ago - 06 June 2021 | Infrastructure

Swakopmund “Another desalination plant for Namibia is no longer merely a potential, but a reality as government will build such a facility,” minister...

Otweya houses almost complete

3 weeks ago - 01 June 2021 | Infrastructure

Walvis Bay • [email protected] The 121 houses being constructed for the Twaloloka fire victims by government, are about 98% complete and will soon...

Construction sector performance takes a tumble

1 month - 20 May 2021 | Infrastructure

The construction sector contracted by 11.8% during 2020 as activity in this sector declined severely owing to the Covid-19 pandemic. According to Ruusa Nandago, an...

Port of Walvis Bay not up for sale

1 month - 02 May 2021 | Infrastructure

Walvis Bay “The ownership of Namport and the Port of Walvis Bay is vested solely in the Namibian government and management is not...

Namport targeted by scammers

1 month - 27 April 2021 | Infrastructure

The Namibian Ports Authority (Namport) has cautioned suppliers, clients, stakeholders and the public about a scam which involve certain individuals soliciting quotations from suppliers using...

Automation at the Port of Walvis Bay on track

1 month - 27 April 2021 | Infrastructure

Namport initiated external stakeholder engagements, informing clients and stakeholders about the change from manual systems to semi-automation that began towards the end of March. The...

Kontrakteur, ministerie stil oor oorstroomde pompstasie by Neckartal

1 month - 25 April 2021 | Infrastructure

Windhoek ∙ [email protected] Nog Salani Impregilo, nog die ministerie van landbou, water en grondhervorming het tot nou bekend gemaak wat vandag (Vrydag) tot die...

Increased handling volumes despite pandemic

1 month - 25 April 2021 | Infrastructure

According to the Namibian Ports Authority (Namport), cargo handling volumes increased despite the ongoing Covid-19 pandemic. The overall cargo volumes handled at both Namibian ports...

Latest News

Calls to rename UNAM Stadium...

3 hours ago | Sports

Windhoek • [email protected] Former UNAM FC head coach Woody Jacobs says it would be fitting for the UNAM Stadium in Pioneers Park in...

Motion tabled to rescind selling...

3 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] A motion to rescind a council resolution made in 2014 in terms of Narraville extension 12 and 14 was...

Namport, Meatco sign MOU

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) and the Meat Corporation of Namibia (Meatco) recently signed a Memorandum of Understanding (MoU).The two entities aim...

Seidler wen sy 'doodstryd' na...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.In...

No patient left behind

1 day - 22 June 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] hospitals across the country are overcrowded – a situation that is described as serious. Thankfully, “we have not yet had to turn...

Sop om die koue te...

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Alet Smit is hard aan die werk om 'n sopkombuis op Walvisbaai te begin wat spesiaal vir kinders van spesifiek dié...

Pendeldiens maak 'n verskil

1 day - 22 June 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Om na die gemeenskap om te sien, lê Carlo van der Merwe nog altyd na aan die hart. Te midde van die...

Tides

1 day - 22 June 2021 | Fishing

Tuesday, 22 June Low 07:22 High 13:46 Low 19:34 High 02:00 Wednesday, 23 June High ...

Grumpy’s Fishing Report

1 day - 22 June 2021 | Fishing

•Grumpy Gramowsky Canopy and Maketu’s were the pick of the week. Wow, so many big galjoen and steenbras were caught and brought to shore,...

Load More