Nuwe komitee vir Narraville se mense

'n Komitee is verkies om die spreekbuis van die Narraville-gemeenskap te wees.

15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw



Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling in die woonbuurt.

Die komitee is nie verbonde aan enige politieke party nie. Die verkose lede is Leon Louw (voorsitter), Renate Strauss (ondervoorsitter) en Bianca Otto (sekretaris), met addisionele lede Ivan Marshall, Babsie Martin, Paul Fisher, Alexander Basson en Emile Ekchart.

Louw het tydens die eerste vergadering gesê die doel van die komitee is om veral te fokus op dienslewering en sosiale kwessies.

Hy het gesê dié aspekte is in die verlede afsonderlik aangespreek, maar het nie die gewenste resultate opgelewer nie.

Chris Kleinsmith, een van die organiseerders van die vergadering, het gesê die komitee, met behulp van die gemeenskap, sal ook toesien dat probleme wat betref die kliniek aangespreek word. Pasiënte, veral bejaardes, moet die wind en die koue trotseer omdat hulle buite moet wag weens die kliniek se beperkte ruimte.

Kleinsmith het planne voorgelê vir uitbreidings sodat meer gesondheidsbeamptes en sitplekke geakkommodeer kan word. “Dit sal slegs moontlik wees as ons die nuutverkose komitee aan die gang hou en ondersteun,” het hy gesê.

Die komitee wil ook buitensporige waterrekeninge van sommige inwoners takel deur in samewerking met die munisipaliteit meters op te rig vir voorafbetaalde water.

Die kwessie oor die bou van 'n ouetehuis in Narraville is ook bespreek. Inwoners kon nie tot 'n vergelyk hieroor kom nie en die saak sal tydens 'n volgende vergadering verder gevoer word.

Similar News

 

Search for drowned boy continues

1 day - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

Krygsgevangenes se grafte gaan herstel word

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Namibiese Volksmoordvereniging (Nambian Geniocide Association - NGA) beoog om die grafte van krygsgevangenes wat gesterf het gedurende die Ovaherero- en Nama-volksmoord...

Helpende hand vir senior burgers

1 week ago - 26 November 2019 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Die Erongo Trust vir Bejaardes het verlede week Woensdag N $ 260 304,67 van Belvedere Safari Adventures ontvang. Die Trust is in...

Mondesa set for development

2 weeks ago - 21 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Several developments for Mondesa were discussed during a public meeting called by the Swakopmund municipality at the Meduletu hall recently.According to...

Kamplekke word blink gepoets

2 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Foto’s wat wat glo wys dat kampeergeriewe by Jakkalsputz afgebreek word, het onlangs ‘n bohaai op sosiale media veroorsaak. ...

Openbare toilet vir gemeenskap

2 weeks ago - 19 November 2019 | Local News

Swakopmund • [email protected] Die Namibiese korrektiewe dienste het onlangs op Omaruru ’n openbare badkamer in die Hakahana-nedersetting amptelik oorhandig. Die oorhandiging het saamgegaan met...

Vroeë Kersgeskenk vir senior burgers

3 weeks ago - 12 November 2019 | Local News

Walvisbaai · [email protected] plaaslike haarkappers het laas Woensdag 31 senior burgers van die Kuisebmond-outehuis verras. Petra Pelma van Petra’s Hair Studio en Bradley...

Dorpsraad sê oor Farm 37

3 weeks ago - 12 November 2019 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaaise munisipale raad het verskeie openbare vergaderings gehou met die oog daarop om inwoners in te lig oor die vordering gemaak in...

Veiligheid vir bejaardes

4 weeks ago - 11 November 2019 | Local News

Swakopmund · [email protected] Die Swakopmund Retirement Village het gister vir die eerste keer hul noodplan ingeoefen.Die aftree oord het in Desember 2016 geopen en...

Latest News

Desert Dash delivers once more...

1 day - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

4 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

4 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

4 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

5 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

5 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

6 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

6 days ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

“Rol met my” – op...

6 days ago - 03 December 2019 | Health

Swakopmund • [email protected]ë is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak...

Load More