Nuwe kantore vir ­Usakos-munisipaliteit

Die Usakos-dorpsraad word nou in 'n splinternuwe, moderne­ gebou gehuisves.

27 October 2020 | Government

Ivin Lombardt; Usakos se uitvoerende hoof; “. . . stel ons in staat om die munisipaliteit se sake meer doeltreffend en ongehinderd te bedryf.”

Die kantoorgebou van die Usakos-munisipaliteit, wat teen 'n beraamde koste van N$17 miljoen opgerig is, is die derde grootste munisipale kantoor in die Erongostreek, naas dié van Walvisbaai en Swakopmund, sê mnr. Ivin Lombardt, die dorp se uitvoerende hoof.

Dié bedrag sluit die koste van ingenieurs, die argitek, konstruksie en ook die aankoop van die grond in.

“Die geld het nie uit die munisipaliteit se sak gekom nie; die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het die fondse bewillig. Sommige van die klein items wat nog aangekoop moet word, soos meubels, word deur die raad betaal en sal mettertyd gedoen word,” het Lombardt verduidelik.

Die bouproses het vier jaar gelede begin en is uiteindelik teen middel 2019 voltooi.



Voordele

“Die nuwe kantoorruimte is in alle opsigte perfek en stel ons in staat om die munisipaliteit se sake meer doeltreffend en ongehinderd te bedryf. Ons kan nou ook gemaklik vakante poste vul. Ruimtebeperkings het hierdie aspek voorheen beïnvloed,” het Lombardt gesê.

Wat die ligging betref, is die kantore gesentraliseer en toeganklik.

“Die kantore was voorheen aan die ander kant van die dorp geleë; dit het vir sekere inwoners uitdagings meegebring. Die nuwe fasiliteit is amper soos 'n eenstopwinkel en bied dienste soos die indiening van aansoeke vir grond- of bouplanne, die hantering van navrae oor of die betaling van rekeninge onder een dak.”

Die fasiliteit is toegerus met 'n wye verskeidenheid geriewe vir kliënte en beskik oor 'n behoorlike kliëntediensafdeling wat tydige reaksie op probleme bied.

Daar is ook 'n goed toegeruste kon­tantsaal wat verseker dat inwoners gemaklik en in 'n veilige omgewing vir munisipale dienste kan betaal.



Ruim

Vanweë die ruimte wat die kompleks bied, is die verskillende munisipale departemente nou geskei.

Die administratiewe blok maak voorsiening vir die uitvoerende hoof. Daar is ook 'n tegniese afdeling waarin die tegniese adviseur, die omgewingsbeampte, sowel as die behuisings-, eiendoms- en stadsbeplanningspersoneel gehuisves word. Die finansiële vleuel huisves die finansiële bestuurder en die rekenmeesters.

Die gebou bied ook 'n ruimte waar raadslede kan vergader.

“Hierdie fasiliteit is groot genoeg om potensiële gebruikers te lok wat dit vir werksessies, vergaderings en allerlei ander aktiwiteite wil gebruik. Daar is ook 'n opleidingskamer beskikbaar vir mense om te huur,” het Lombardt verduidelik.

Luidens Lombardt bied die gebou ook die basiese infrastruktuur en 'n platform om tegnologie in te bou en daarop voort te bou om die bedrywighede van die munisipaliteit meer vaartbelyn te maak, doeltreffendheid te verhoog en kan help om koste te bespaar.

“Baie prosesse word steeds met die hand gedoen. Die gebou is reeds toegerus met die nodige kabels en die basiese bandwydte wat nodig is om tegnologiese vooruitgang moontlik te maak. Daar is nou 'n behoorlike rekenaarbedienerkamer wat voortdurend gemonitor word. 'n Kragopwekker verseker die kontinuïteit van bedrywighede vir minstens agt tot tien uur, sou elektriese toevoer in die dorp onderbreek word.”



Verbeterings

Die munisipaliteit het ook die dienste van FNB gekontrakteer om te verseker dat inwoners elektroniese betalings kan maak. Hierdie platform is reeds in werking en funksioneer goed.

“Inwoners kan nou gehelp word om geld met behulp van dienste soos E-wallet by die raadskantore te onttrek. Ons beplan ook om ander platforms soos PayPal te bekom, wat die betaling van munisipale rekeninge makliker sal maak.”

Similar News

 

‘We heard you’ – Geingob

2 weeks ago - 10 November 2020 | Government

Walvis Bay • [email protected] President Hage Geingob says the Swapo government has heard the complaints and challenges of the Namibian people and is actively addressing...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

1 month - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Cross-border travel restrictions eased

1 month - 21 October 2020 | Government

President Hage Geingob announced that Cabinet met this week to determine appropriate measures to be put in place, which will inform the next decisions in...

Advisory town planning boards replaced

1 month - 06 October 2020 | Government

Walvis Bay • [email protected] The Namibia Planning Advisory Board (NAMPAB) and the Townships Board have been replaced by the newly enacted Urban and Regional Planning...

Black vra dat geregtigheid geskied

1 month - 01 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] aktivis Brian Black sê hy is keelvol vir die uitgerekte soektog na die vermiste N$660 miljard van die Staat se pensioenfonds (GIPF).Black...

Voter registration ‘slow’ but no extension necessary

2 months ago - 21 September 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] The Namibian Electoral Commission (ECN) admitted that there were several challenges with the recently completed voter registration process, mainly due to...

State of emergency ends

2 months ago - 17 September 2020 | Government

President Hage Geingob announced that the State of Emergency will not be extended upon expiration at midnight on Thursday. The State of Emergency was declared...

Curfew restrains Covid

2 months ago - 12 September 2020 | Government

The situation pertaining to the Covid-19 pandemic in Namibia remains complex and is evolving.It is unfortunate that some Namibians believe that Covid-19 only affects others...

Lockdown measures extended - again

2 months ago - 11 September 2020 | Government

President Hage Geingob announced that the current moderate precautionary measures under Stage 3 of the State of Emergency which were set to lapse at midnight...

Travel restrictions lifted for Erongo

2 months ago - 28 August 2020 | Government

The rate of Covid-19 infection continues to accelerate and to date, Namibia has recorded 6,906 confirmed cases. It took 4 months to record the first...

Latest News

Namibian hake industry makes history

17 hours ago | Fishing

The Namibia hake trawl and longline fishery has become the first in Namibia, and the second in Africa, to meet the globally recognised standard for...

Paint before you move in!

17 hours ago | Life Style

Every homebuyer wants to add their personal touch to their property and turn their new house into a home. A great way to do this...

Seidler shares his expertise

17 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Renowned open water swimmer Phillip Seidler has undertaken to share his wealth of skills and knowledge by way of open water...

Hengelbonanza gaan voort

1 day - 24 November 2020 | Events

Hentiesbaai • [email protected] Nie eens Covid-19 kon daarin slaag om 'n stokkie voor die jaarlikse Hengelbonanza op Hentiesbaai te steek nie, wat sedert sy ontstaan...

Plaaslike gimnas begin eie klub

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]­kein.com.na'n Walvisbaaise gimnas het besluit om haar eie ritmiese en aërobiese gimnastiekklub, die Atlantic Gymnastics Club, op die hawedorp te stig. Janice van...

Road safety campaign launched

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The festive season road safety campaign was officially launched by the deputy minister of works and transport, Veikko Nkundi, at...

Dignity kits for Otweya residents

1 day - 24 November 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The United Nations Population Fund (UNFPA) donated 1 300 dignity (hygiene) kits valued at N$127 000 to the residents of...

TIDES

1 day - 24 November 2020 | Fishing

Tuesday, 24 November Low 05:30 High 12:02 Low 18:22 High 00:37 Wednesday, 25 November Low...

Grumpy's fishing report

1 day - 24 November 2020 | Fishing

The clean or clear looking water along the shores contributed to the tough fishing conditions this past week. There is however a little bit...

Load More