Nog ’n fees op Omaruru

Planne om die sewende, jaarlikse Omarurufees aan te bied, is goed op dreef.

24 September 2019 | Events

Omaruru · Otis Finck

Die jaarlikse Omarurufees vind vanaf 1 tot 5 Oktober by Luna-park plaas en die amptelike opening is op 3 Oktober om 10:00.

Die tema is “Kom ons skep saam die toekoms van ons dorp”.

'n Galadinee op 27 September by die Lucius S. Mahoto-opleidingskollege vir korrektiewe dienste gaan die fees vooraf.

Die fees bestaan onder meer uit ’n skoonheidskompetisie op 28 September, ’n sokkertoernooi vanaf 5 tot 6 Oktober, en ’n musiekkonsert op 5 Oktober.

Dankie Naobes is die huidige Mej. Omarurufees. Katuu Ujava is haar eerste prinses en Ushi Gaomas die tweede prinses. Betty Shiluwa is as Mej. Persoonlikheid aangewys.

Die organisering en aanbieding van die musiekkonsert sal weer eens uitgekontrakteer word. Tate Buti, Sunny Boy, One Blood, TBozz & Staika, King Elegante, Top Cheri, Piri Gure en Xtrazz is van die kunstenaars wat vanjaar gaan optree.

'n Groot verskeidenheid produkte sal verkoop word. Verskeie stalletjies sal produkte en inligting oor dienste bied. Dit sluit in ministeries, korporatiewe instansies, klein- en mediumondernemings, kapanaverkopers en vee-uitstallers. Die area vir die kapana-stalletjies is aansienlik verbeter met waterpunte, elektrisiteit en voldoende beskutting. Kindervermaak en 'n slangpark sal oud en jonk besig hou.

Die uitvoerende hoof van die Omaruru-munisipaliteit, mnr. Alphons H. Tjitombo, het benadruk die fees is geensins ’n winsgewende geleentheid nie.

Hy het gesê die doel daarvan is om die dorp en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsaktiwiteite te bevorder. Dit skep dus ’n platform vir verskillende besighede om hul produkte en dienste uit te stal, asook ’n groter mark te betree.

“Die skep van bevorderlike omstandighede vir klein besighede is hoog op ons agenda. Die stadsraad wil die koopkrag vir uitstallers en lede van die plaaslike sakegemeenskap verhoog en verseker. Die lok van ondernemings en nuwe beleggings strook met ons strategiese visie om die dorp tot die volgende vlak te neem en sluit aan by ons vyfjaar- strategiese plan. ”

Die beskermheer van die fees, mnr. Johnny Doeseb, het gesê die byeenkoms sal ’n beduidende aantal besoekers na Omaruru bring. Hy het die inwoners en ondernemings versoek om ter wille van almal die geleentheid in vennootskap met die plaaslike owerheid te ondersteun .

“Plaaslike ondernemings trek direk of indirek voordeel uit die besoekende kliënte. In ’n neutedop is die fees ’n instrument wat die verskillende segmente van die sakesektor op een plek saamvoeg, van waar hulle kan handel dryf en produkte bekend stel.”

Doeseb het gesê dit is hoog tyd dat Namibiërs besef die regering is nie meer die enigste dryfkrag vir sosiale innovasie en nasionale ontwikkeling nie.

“Ondernemings het groter mag en dus groter verantwoordelikheid. Daar word van hulle verwag om sosiale verantwoordelikhede te aanvaar wat voorheen beskou is as die regering se domein. Ter wille van oorlewing moet ondernemings en gemeenskappe ooreenkom om almal gelyke kanse en voordele te bied ten einde welvaart en groei te bewerkstellig.”

Me. Hendrina Geghart, die burgemeester van Omaruru, het gesê verskeie uitbreidings word op die dorp ontwikkel.

“Die doel is om erwe vir verskillende marksegmente daar te stel. Ons werk baie hard om te verseker dat die ultra-armes geakkommodeer word. Diegene wat kapana verkoop, kry die geleentheid om hul produkte te bemark en volhoubaarheid te verbeter. Die raad sal ook gedurende die fees beskikbare sakegeleenthede op die dorp aan potensiële beleggers bekend stel en uitstal. Dit sal beslis uitstekende geleenthede op vele vlakke bied.”

Similar News

 

Future Females presents online experience

3 months ago - 01 April 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Due to developments linked to the COVID-19, Future Females announced that it will take its events online.According to Future Females Swakopmund...

Speaking up and out

3 months ago - 19 March 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Namibia joined 130 other countries in celebrating 2020 World Speech Day on Monday.Several speakers used their right to freedom of expression...

Truck drivers appreciated

3 months ago - 17 March 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Vivo Energy Namibia rewarded their best performing truck drivers at the annual driver’s recognition awards ceremony. The three hauliers contracted...

Mall brings adventure to kids

3 months ago - 16 March 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] More than 60 children took part in the Connect People to People and Platz Am Meer Kids Mall Adventures in Swakopmund...

Rhinos paid tribute abroad

4 months ago - 03 March 2020 | Events

New York City • Contributed Namibian-born supermodel Behati Prinsloo joined forces with the United Nations Development Programme (UNDP) to flip the lights on the...

Big screen comes to SRT’s aid

4 months ago - 28 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Scientific Society Swakopmund and Save the Rhino Trust screen the award-winning drama Baxu and the Giants on March 3 at 18:00. Entrance...

Swakopmund hosts municipal games

4 months ago - 24 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] More than 200 staff members gathered for a fun-filled edition of the Swakopmund municipality in-house games at the Vineta Sports Field...

Swimming for charity

4 months ago - 23 February 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Twenty-eight swimmers braved the cold Atlantic ocean by swimming from the Walvis Bay lighthouse to the Swakopmund lighthouse on...

Vir vroue, deur vroue

4 months ago - 19 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Met vrouebemagtigingsvegters die wêreld oor op ’n missie, het Beatrice Schultz besluit om haar deel vir dié beweging te doen. Dus...

Face of Namibia om die draai

5 months ago - 04 February 2020 | Events

Walvisbaai • [email protected] Hierdie jaar se Face of Namibia-ekspo vind vanaf 31 Maart tot 5 April voor die Kuisebmond-stadion plaas. Dit is die vyfde skou...

Latest News

Phosphate mining remains a thorn...

1 hour ago | Business

Windhoek • [email protected] After environment minister Pohamba Shifeta withdrew a clearance certificate for planned phosphate extraction due to pressure by conservationists, the future of...

Covid cases still climbing

5 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumni Shangula announced 22 new positive Covid-19 cases earlier today. One of the latest registered cases is...

Danny Boy set to motivate...

7 hours ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based boxing champion Albinius “Danny Boy” Felesianu (33) intends to hold motivational talks with the youth of Rehoboth in the near...

Kindergartens at the abyss

9 hours ago | Education

Swakopmund • [email protected] Frustration and disappointment is increasing at kindergartens in Swakopmund and Walvis Bay.“I am still committed to allowing centers for early childhood...

Finance offices closed in harbour...

1 day - 08 July 2020 | Health

Walvis Bay •[email protected] The ministry of finance inland revenue offices in Walvis Bay will be closed until further notice.This decision follows due to the possibility...

Katelin bags gold at Dutch...

1 day - 08 July 2020 | Sports

Walvis Bay· [email protected]rongo.com.na Coastal karateka Katelin Martin (25) who is a member of the Goju-Kai dojo in Walvis Bay, was crowned the Dutch Open...

Fisheries Observers office closed

1 day - 08 July 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The Fisheries Observers Agency (FOA) offices were closed on Tuesday afternoon after one of their employees tested positive for Covid-19.Stanley...

New beginnings for Langer Heinrich

1 day - 08 July 2020 | Business

Swakopmund • eleusc[email protected] “Paladin’s focus is to restart operations at Langer Heinrich uranium mine,” said managing director Ian Purdy. “Our existing infrastructure and ten...

Bibberweer vanaf Donderdag verwag

1 day - 08 July 2020 | Weather

Windhoek · [email protected] Koue toestande word reeds vanaf Donderdag in die Weste verwag. Teen Vrydag en oor die naweek sal dit na verwagting...

Load More