Nóg ’n private skool vir hawedorp

Registrasie vir ’n nuutgestigde privaat skool is nou oop.

13 October 2020 | Local News

Kim Koch; Eienaar en skoolhoof; “Ek is oortuig daarvan dat die gemeenskap van Walvisbaai sal help om te verseker dat Desert View sy volle potensiaal bereik.”

Walvisbaai • [email protected]







’n Splinternuwe privaatskool is op Walvisbaai gestig.

Volgens me. Kim Koch, die eienaar en skoolhoof van die Privaatskool Desert View, akkommodeer die skool vanaf kleuters tot leerling in graad 12.

Die gebou wat uit 35 klaskamers sal bestaan en ook ’n verskeidenheid naskoolse aktiwiteite sal bied, word tans opgeknap.

“Ons sal die kleuters by ’n dagsorgfasiliteit huisves. Die idee is om ’n skool te wees wat ouers tegemoet kom. Jy kry gratis openbare skole en duur private skole, daarom streef ons daarna om met ’n goue middeweg die plaaslike gemeenskap te akkommodeer.”

Koch sê hoewel die skool ’n goedkoper opsie sal wees, sal Desert View eersteklas onderrig bied.

“Ons leerplan vir die primêre fase is gebaseer op die Namibiese kurrikulum, en die graad 8 tot 12 op die Cambridge internasionale kurrikulum. Verder bied ons ’n verskeidenheid sportsoorte en ander aktiwiteite soos dans-, musiek- en kunsklasse aan.”

Registrasie het reeds begin.

“Ons beoog om minstens 150 leerlinge by ons in te skryf. Borge soos Buco Walvisbaai het aanboord gekom om ons te help met materiaal om die gebou te verf en op te knap. Ons beplan om volgende maand ’n ope dag te hou sodat ouers die nuwe skool kan besoek.”

Desert View sal alle leerlinge verwelkom. “Hoewel dit ’n hoofstroomskool is, sal dit nie leerlinge wat akademies sukkel, uitsluit nie. Ongelukkig kan ons nie leerlinge met liggaamlike gestremdhede akkommodeer nie,” het sy gesê.

Gemeenskapslede is welkom om hulp te verleen met materiaal vir die skool.

“As u dalk iets het waarby die skool kan baat, dink asseblief aan Desert View. Dit kan van gordyne tot speelgoed wees. Ons beplan om lessenaars te bou wat spesifiek vir die skool ontwerp is. Dit verg harde werk, maar ek is oortuig daarvan die gemeenskap van Walvisbaai sal help om te verseker dat Desert View sy volle potensiaal bereik.”

Volgens Koch het die eienaar van die eiendom haar tegemoet gekom.

“Hy het vir die res van die jaar die huur afgeskryf en vir die eerste ses maande van 2021 sal ons ’n laer huur betaal. Ons sal eers vanaf Julie volgende jaar die volle bedrag begin betaal. Dit is werklik ’n groot verligting.”

‘Nuwe begin’

Desert View is vir haar ’n nuwe geleentheid en ’n nuwe begin, het Koch - wat geen vreemdeling in onderwyskringe is nie - bygevoeg.

Sy is ook die stigter van JJ's Private School, wat ongelukkig weens die Covid-19-pandemie sy deure moes sluit.

Koch voeg egter by dat Desert View geen verband hou met JJ’s Private School nie.

“Desert View is splinternuut en open eers in 2021. Ons het ’n nuwe logo wat deur Sharmine Livingston ontwerp is, ’n nuwe raad en ook nuwe skooldrag. Ek is baie opgewonde!”

Sy het JJ’s vir haar seun, Justin, begin wat serebraal gestremd is. Die doel van die skool was om ’n veilige hawe vir leerlinge met leergestremdhede te wees.

“Sowat 100 leerlinge het hulle sedert Covid-19 aan die skool onttrek. Weens finansiële verliese moes ons salarisse verminder en later ook onderwysers aflê. Ons huur het ook agterstallig geraak en ons moes die gebou verbeur. Ons voltooi tans die res van die skooljaar met die oorblywende leerlinge.”

Koch het gesê dit was vir haar vreeslik hartseer om JJ’s te sluit.

“Ek het die beste bedoelings gehad, maar sommige lede van die gemeenskap het die skool se naam deur die modder gesleep. Dit is hartverskeurend omdat ek JJ’s vir Justin begin het. Tog is dit ewe opwindend om ’n nuwe reis met Desert View te begin.”

Similar News

 

Land for SDFN

3 days ago - 22 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] The Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) received land from the Swakopmund municipality to build 31 houses. Speaking at the handover,...

Kayaking guide takes own life

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

The owner and guide of the Namibia Kayak Tours in Walvis Bay committed suicide on Saturday evening.Craig Robert Gibson (52) who is a British national...

Election candidates registration concludes

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole toilets

5 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

Gesloer pootjie dalk belegging

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

Vragmotor gaan lewens verander

6 days ago - 20 October 2020 | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

New junior council for Walvis Bay

6 days ago - 19 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Kristine Shetunyenga from the International School of Walvis Bay was elected as the new junior town council mayor for Walvis Bay...

Sewer blockages caused by debris dumped in drains

1 week ago - 17 October 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] After complaints surfaced that the sewage has been overflowing and blocked for quite some time in Maraboe Street, Kuisebmond,...

Food insecurity on the increase

1 week ago - 15 October 2020 | Local News

Swakopmund • Erwin Leuschner More than 400 000 Namibians are in need food aid.This figure was announced by George Fedha, Namibia’s World Food Program...

Latest News

Vroue blink uit in politiek

13 hours ago | Politics

Swakopmund • [email protected] se komitee vir vrouebelange het Saterdagoggend ’n mylpaal gevier: Vyftien vroue van die Erongostreek sal onder die vaandel van die party deelneem...

Prediger to share on Pangolins

13 hours ago | Events

Pangolins are considered the most trafficked mammal in the world, but very little research on this mammal and its behaviours have been done.Despite this, many...

Reshaping realities

16 hours ago | Economics

The Covid-19 pandemic has undoubtedly eroded the overall improvement in risk-reward scores seen across Africa in recent years, but this should not deter investors. Africa’s...

Four new Covid positive cases...

20 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 78 new cases and 27 recoveries. Shangula explained that 1 150 results were...

Restaurantbedryf langs die kus toon...

1 day - 24 October 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Restauranteurs aan die kus sê dat hulle kwale stadig maar seker besig is om ’n onaangename herinnering te word ná die...

Cricket festival keeps on going

1 day - 24 October 2020 | Sports

Walvis Bay The annual Coastal Cricket Youth Festival sponsored by Walvis Bay Salt Refiners and hosted by Cricket Namibia, is being hosted for...

Covid’s real impact on the...

2 days ago - 23 October 2020 | Economics

The Covid-19 pandemic is a crisis like no other, and there was a substantial degree of uncertainty around its impact on lives and livelihoods. “Governments...

Geingob kommentaar ‘nie haatspraak’

2 days ago - 23 October 2020 | Government

Swakopmund • [email protected] Oomblikke ná President Hage Geingob sy gevoel oor wit stemmers geuiter het, het ’n storm oor sy opmerkings op sosiale media...

Calling all dancers

3 days ago - 22 October 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay •[email protected] The Namibia Dance Sport Academy is hosting the Global Dance Supreme – Namibia online qualifiers from 1 to 3 November...

Load More