Netwerk vir Afrikaans

’n Organisasie wat hom onder meer beywer vir die behoud en groei van Afrikaans in Namibië, is op Swakopmund bekend gestel.

24 September 2019 | Local News

Netwerk Namibië, wat hom onder meer beywer vir die behoud van Afrikaans, is onlangs op Swakopmund amptelik bekend gestel.

Die tak aan die kus gaan deur dr. Callie Opperman bedryf word. Volgens Netwerk is ’n kultuurgemeenskap, soos Afrikaners, nie gebonde aan landsgrense nie. Dr. Opperman het saam met Nico Tromp ’n leidinggewende rol gespeel in die totstandkoming van ’n kulturele vennootskap in Julie 2013 tussen Netwerk en die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK). Dit was die eerste internasionale vennootskap tussen twee gelykwaardige Afrikanerorganisasies van dié aard.

Dr. Opperman was ook die eerste Namibiër wat sedert 1929 op die direksie van die FAK aangestel en vereer is met die Toekenning vir Uitnemende Leierskap. Hy het dit in 2013 ontvang vir sy saakmakende en rigtinggewende leierskap, harde werk, deursettingsvermoë en selfopoffering om vir die Afrikaners in Namibië ’n kulturele en saketoekoms te skep.

Philippus Tromp is die tweede Namibiër wat dien as direkteur op die FAK-raad sedert 2018. Hy is die huidige voorsitter van Netwerk Namibië en het verduidelik die organisasie het ten doel om na die Afrikaanse taal en kultuur om te sien, asook die voortbestaan van die Afrikaner in Namibië te beskerm en verseker.

Tromp het beklemtoon dit is ’n onafhanklike, nie-politiese, vrywillige, Christelike, Afrikaanse organisasie. Hy het gesê ’n groepie Afrikaners het die organisasie gestig nadat hulle besef het Afrikanerkultuur en ekonomiese tradisies sou ná Namibië se onafhanklikwording nie op lang termyn bewaar en uitgebou word nie.

Onder die voorsitterskap van Nico Tromp (2006 tot 2011) en die betrokkenheid van Afrikanerleiers soos Dr. Opperman, Polla Steyn, Ernst Stals en Jurie Viljoen, is die organisasie Netwerk vir Afrikanerbelange in die lewe geroep.

Die organisasie het sedertdien sy ontstaan uitgereik na die enkele oorblywende Afrikanerorganisasies en begin om dié se werksaamhede te koördineer.

Afrikaner-eiendomme en finansiële bates in Namibië is gekonsolideer in samewerking met die Selfhelp Trust, sodat die bates vir die bevordering van Afrikanerkultuur aangewend kan word.

Die Selfhelp Trust het in die middestad van Windhoek ’n bymekaarkomplek vir Afrikaners opgerig en dit Ons Erfdeel genoem. Op die terrein is die Bittereinder-monument, een van die min Afrikanermonumente in Namibië.

Ons Erfdeel huisves ’n Afrikaner-argief en biblioteek, en is ’n plek van samekoms vir Afrikaner-kultuurorganisasies.

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat ’n studiesentrum gevestig het by Ons Erfdeel waar studente in Afrikaans tot op tersiêre vlak opleiding in Namibië kan ontvang.

Die Selfhelp Trust het ook ondersteuning gebied aan Afrikaners wat op eie inisiatief 12 privaat Christelik-Afrikaanse skole oraloor die land gestig het. Met eie kapitaal het Afrikaners die skole gefinansier, onderwysers betaal en geboue opgerig wat in geldwaarde gesamentlik al meer as ’n miljard Namibiese dollar werd is. Vandag is daar duisende Afrikaanse kinders wat gehalte-onderwys op Christelike grondslag in hul moedertaal ontvang, iets wat baie Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika steeds as vanselfsprekend aanvaar.

Netwerk het ook leiding geneem om betrokke te raak by die Rapport Onderwysfonds se beurskomitee. Op dié manier is daar verseker dat voornemende Afrikaanse onderwysstudente beurse kry om die kennis wat hulle verwerf het in Namibië terug te ploeg.



Die organisasie se strewe is om vanaf sy bybelse grondslag diensbaar te wees in die bevordering van die belange van Afrikaners om daardeur die land en die breë gemeenskap te dien, sonder benadeling van ander se belange.

Die organisasie beywer hom ook om ’n bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaners tot uitnemendheid op elke terrein van die samelewing te lewer, en vir die bemagtiging van Afrikaners om hul welvaart te help verbeter ten einde ander gemeenskappe te bemagtig.

Koördinering en bemarking van aktiwiteite van Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies, die versterking van netwerk vir taal- en kultuurorganisasies, ’n mentorskapprogram, maatskaplike projekte en maandelikse sake-etes oftwel netwerkgeleenthede word georganiseer om bande te vestig en te versterk.

Similar News

 

Walvis Bay budget to be tabled today

9 hours ago | Local News

Council usually conducts the tweaking process of its annual budget for the coming financial year at this time of the year. Residents of Walvis Bay...

Mayor pleads for adherence of protective measures

12 hours ago | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Maatskaplike werker open spens

2 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Gold mine donates to Otjimbingwe

3 days ago - 24 May 2020 | Local News

QKR Namibia Navachab Gold Mine recently donated food parcels consisting of maize meal, tinned fish and cooking oil to vulnerable members of the Otjimbingwe community.Handing...

Club comes to players’ aid

1 week ago - 20 May 2020 | Local News

Kuisebmond Blue Waters Sport Club handed food parcels to its cricket, netball and soccer team players.The coastal-based club, which was founded in...

Daures residents to benefit from SPYL donation

1 week ago - 19 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Erongo branch of the SWAPO Party Youth League (SPYL) donated food parcels worth N$15 000 to the office of the governor. Each...

Ouma Haoses steek 104de kersie aan

1 week ago - 19 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Magrieth Haoses het haar eerste asemteug op 5 Mei 1916 op ’n plaas by /Gurus in die Hardapstreek gegee. Vandag, 104...

Ondersteuning vir enkelouers

1 week ago - 18 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Twee inwoners van Swakopmund, George Olivier en Bianca Dronia, het ’n maand gelede die Better Life Project gestig. Olivier, die trotse...

Chameleons defy death

1 week ago - 15 May 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] They are tiny, slightly unbalanced on their feet and yet very feisty.Six Namaqua chameleons that are common in the desert close...

Food for Usakos residents

2 weeks ago - 14 May 2020 | Local News

Usakos • [email protected] The organisation Sons and Daughters of Usakos donated food to the value of N$50 000 to less fortunate residents of the...

Latest News

Discovery of human remains puzzle

12 hours ago | Crime

Swakopmund • [email protected] in the Erongo region are puzzled after human remains were discovered in the desert at Farm Lewater between Uis and Henties Bay.“We...

Long weekends and discounts promote...

12 hours ago | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Mayor pleads for adherence of...

12 hours ago | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Erongo Red closes shop temporarily

13 hours ago | Business

Walvis Bay •[email protected] Erongo RED ordered employees working at their head office (excluding pay points) to vacate the building until Friday. This...

Back to square one for...

18 hours ago | Health

President Hage Geingob has just announced that at midnight on 1 June 2020, all 14 regions with the exception of the Walvis Bay Local Authority...

Covid patient fights for his...

1 day - 27 May 2020 | Health

Walvis Bay Another Namibian national has tested positive for Covid-19. The patient is currently in a critical condition and attached to a ventilator at a...

Bank decontaminated and sanitised

1 day - 26 May 2020 | Banking

Walvis Bay • [email protected] A number of people are on high alert in Walvis Bay after a truck driver who tested positive for...

Unverified information creates confusion ...

2 days ago - 26 May 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The news that a truck driver tested positive for Covid-19 in Walvis Bay over the weekend, triggered a flood...

Maatskaplike werker open spens

2 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Load More